Omsendbrief 15/2021

Omsendbrief 15/2021

Administratief
May 13, 2021


OB: 15 / 2021

Geagte ouers
COVID 19

U is reeds bewus van die nuwe vlaag COVID 19 gevalle wat ons land tref en ook die impak daarvan op verskeie skole. Hierdie situasie word nou gebruik om vals gerigte te versprei wat net verdere chaos en spanning veroorsaak, iets wat ons op hierdie stadium beswaarlik kan bekostig.

Hier is H/S Pretoria-Noord se huidige situasie, ons het tans een leerder en een onderwyser wat positief getoets het, beide gevalle het die virus tuis opgetel by gesinslede, daar was geen direkte kontak met enige persoon by die skool nie. Daar is tans 8 leerders in isolasie wat sekondêre kontak gehad het. Hierdie situasie is geensins erger as op enige tydstip verlede jaar nie en ons protokol is presies dieselfde.

Die skool se bestuur en Beheerliggaam monitor die situasie daagliks en inligting oor ons statistieke is nie ‘n staatsgeheim nie.

Ons kan ons skool en kinders nie met sensasie beskerm nie, maar eerder deur konstant en volgehoue die regte dinge te doen.

U kan ons ook tuis help om ons skool veilig te hou, deur u kind se gesondheid fyn te monitor en u kind ‘n higiëniese leefstyl aan te leer. Van die geidentifiseerde simptome van die siekte is onder andere: lyfseer, droeë hoes, kortasem, verlies van smaak, diareë, naarheid en braking en buitengewone moegheid. Indien u kind hierdie simptome toon met ‘n gepaardgaande hoë koors moet hom / haar asseblief nie skool toe stuur nie en win onmiddellik mediese advies in.

Stel die skool asseblief onmiddellike in kennis as daar kontak was.

Leer u kind om protokol te volg en moenie negatief daaroor wees nie, besef dat u kind u voorbeeld gaan volg.

Monitor asseblief u kind se bewegings en kontak na skoolure, dit is hier waar infeksies plaasvind.

Skoolbywoning

Skoolbywoning vir die week: graad 8: 93%, graad 9: 92%, graad 10: 91%, graad 11: 94% en graad 12: 92%.

Landloop: 8 Mei, Hillside

Baie geluk aan die volgende atlete:

Seuns 0/14: Junior Bokwa (4de) en Heinrich Buitendag (6de)

Dogters 0/14: Jasmine Riley (1ste), Elisma van Wyk (11de) en Ezmarelda Vivier (12de), Seuns 0/15:

Stefan van Wyk (1ste), Crusharne Links (6de), Leonardo Pretorius (14de)

Dogters 0/15: Cindy de Koker (3de) en Zelda Niemand (13de).

Seuns 0/16: Andrew Durdle (10de).

Seuns 0/17: Xander Bronkhorst (8ste)

Junior dames: Joelien Greyling (5de), Kaylee de Kock (7de) en Wilene Snijders (8ste)

Senior dames: Natasha Sikisi (4de)

Tennis

6 Mei:

PNHS Dogters 1ste span v/s H/S Wilgers. PNHS wen met 59 potte teenoor 8. Geluk aan:Anke Stolz (10-1), Lenushka van Niekerk (10-1), Nethanie Kloppers (10-1) en Maruché Smith (8-3) wat almal hulle wedstryde wen. Dit was ons Dogters 1ste span se tweede ligawedstryd, waarvan hulle 1 wen en 1 verloor.

PNHS Seuns 0/15 span v/s H/S Wilgers. PNHS verloor met 30 potte teenoor 37. Geluk aan: E van der Watt (7-4) en Ruan Olwagen (7-4) wat hulle wedstryde wen. Dit was ons 0/15 span se tweede ligawedstryd waarvan hulle beide verloor.

Netbal: Jubalee B Liga: Liga 2: PNHS v/s Wonderboom, 7 Mei, weg
Skool PN Won PN Won PN Won PN Won PN Won
Netbal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/17A 0/17A 1ste 1ste
Dogters   Ontrek 8 20 17 6 12 18 14 36
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 1 - 2 - 0 - 1 -
Verloor 0 - 1 - 0 - 2 - 1 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Skool PN Won PN Won PN Won PN Won    
Netbal 0/14B 0/14B 0/15B 0/15B 0/16B 0/16B 2de 2de    
Dogters   Ontrek 6 8 13 5 5 17    
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 1 - 1 - 0 -    
Verloor 0 - 1 - 0 - 1 -    
Gelyk 0 - 0 - 1 - 0 -    
Rugby: Virseker Beker: Groot Skole Liga 1: PNHS v/s Midstream College, 7 Mei, weg
Skool PN MC PN MC PN MC PN MC PN MC
Rugby 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Seuns 5 13 21 10 5 60 15 14 21 34
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 1 - 0 - 1 - 0 -
Verloor 1 - 0 - 1 - 0 - 1 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Skool PN MC PN Ov PN Ov PN Ov PN Ov
Rugby 0/14B 0/14B 0/15B 0/15B 0/16B 0/16B        
Seuns 17 0 29 5            
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 1 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Wintersport: Hokkie Pretoria Stadsbeker vir Groot Skole: Liga 1: PNHS v/s H/S Overkruin, 8 Mei, TUT
Skool PN Ov PN Ov PN Ov PN Ov PN Ov
Hokkie 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Dogters 1 0 1 3 0 2 0 1 0 2
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 0 - 1 - 1 - 1 - 1 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Netbal: Jubalee B Liga: Liga 3: PNHS v/s Sutherland, 12 Mei, weg
Skool PN Suth PN Suth PN Suth PN Suth PN Suth
Netbal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/17A 0/17A 1ste 1ste
Dogters 31 7 17 9 35 11 29 11 24 19
Uitslae tot dusver                    
Gewen 2 - 2 - 3 - 1 - 2 -
Verloor 0 - 1 - 0 - 2 - 1 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Skool PN Suth PN Suth PN Suth PN Suth    
Netbal 0/14B 0/14B 0/15B 0/15B 0/16B 0/16B 2de 2de    
Dogters 25 2 6 8 14 14 15 13    
Uitslae tot dusver                    
Gewen 2 - 1 - 1 - 1 -    
Verloor 0 - 2 - 0 - 1 -    
Gelyk 0 - 0 - 2 - 0 -    
Skool PN Suth PN Suth            
Netbal 0/14C 0/14C 0/15C 0/15C            
Dogters 10 6 3 18            
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 0 -            
Verloor 0 - 1 -            
Gelyk 0 - 0 -            
Bemarking: PNHS – “WOES”-aanlynvertoning, 7 Mei 2021

Dankie vir almal wat deelgeneem het aan ons eerste aanlyn-“Woes” konsert. Die aand was ‘n reuse sukses. Ons hou u op hoogte van die wins gemaak met die funksie.

Graad 12 2020 hermerk uitslae

Ons hermerkuitslae is ontvang baie geluk aan die volgende leerders wat verdere onderskeidings behaal het: Dylan McMaster 80% vir Geografie: Dylan staan nou op 8 onderskeidings. Carla Bronkhorst 80% vir Afrikaans en 80% vir Wiskunde: Carla staan nou op 4 onderskeidings. Marné Driescher 80% vir Afrikaans: Marné staan nou op 4 onderskeidings.


Program vir die week
Vrydag, 14 Mei:
  • Wintersport: Hokkie: Liga 2, PNHS v/s Hatfield Christian School, 15H00, weg.
  • Wintersport: Rugby: Liga 2: PNHS v/s Wonderboom, 15H00, tuis. 1ste span proewe 16H30, Tuine en 0/16 proewe, 17H50, Wonderboom.
Saterdag, 15 Mei:
  • Koor: dagkamp, 08H00 – 17H00, saal.
Maandag, 17 Mei:
  • Graad 12 akademiese uur, sleutel 4, 14H15 – 15H15.
  • Detensie, 14H15 – 16H00.
  • Kultuur Akademie vergadering, 17H30, personeelkamer.
  • Rugby Akademie-vergadering, 18H00, konferensiekamer.
Dinsdag, 18 Mei:
  • Graad 9 A-C JAT- toetse, 08H00 – 13H00, saal.
  • Graad 12 akademiese uur, sleutel 5, 14H15 – 15H15.
  • Hokkie: PNHS v/s Curro Hazeldean, 15H00, weg.
Woensdag, 19 Mei:
  • Graad 9 D-F JAT- toetse, 08H00 – 13H00, saal.
  • Graad 12 akademiese uur, sleutel 6, 14H15 – 15H15
Donderdag, 20 Mei:
  • Gasvryheidstudies: restaurantaand graad 12, 14H30 – 21H30, restaurant.
  • Tennis: S0/15 v/s HTS John Vorster, 14H30, weg.
Vrydag, 21 Mei:
  • Tennis: Seuns 1ste span v/s Maragon Mooikloof, 14H30, weg.
  • Netbal: Liga 4: PNHS v/s Midstream College, 15H00, tuis.
Saterdag, 22 Mei:
  • Graad 12: IGO PAT, 08H00 – 15H00, saal.
  • Revue dagkamp, 08H00 – 13H00.
  • Hokkie liga 3: PNHS v/s Centurion, 09H00, TUT.

Vriendelike Groete

CJC DriescherHoof

Aflaai aanhangsel

Terug