Omsendbrief 14/2023

Omsendbrief 14/2023


Administratief
April 24, 2023


OB: 14 / 2023

Geagte ouers
Tennis

20 April:

Seuns 0/15 v/s Waterkloof 0/15 D. PNHS verloor met 12 potte teenoor 55. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan ons beide verloor.

Wintersport: PUK 16: Finaal: 21 / 22 April 2023 (NWU - kampus)
Skaak: Vrydag, 21

Wedstryd 1: PNHS wen Stofberg 9 – 2.
Wedstryd 2: PNHS wen Fochville 6⅟₂ - 4⅟₂.
Wedstryd 3: PNHS verloor Hans Strijdom 5 – 6.
Wedstryd 4: PNHS verloo Piet Retief 2 – 9.
Wedstryd 5: PNHS wen Leeuenhof 7⅟₂ - 3⅟₂.
Wedstryd 6: PNHS verloor Oosterland 5 – 6.
Wedstryd 7: PNHS wen Riebeeckrand 6 – 5.

  • Geluk aan Arno Mostert wat ‘n balkie ontvang vir Beste Speler op sy bord.
  • Ons skaak eindig 9de in die NWU 16 reeks.
Hokkie
Seuns hokkie, 21 Vrydag, April

Wedstryd 1: PNHS wen Stofberg 6 – 0.
Semi-Finaal: PNHS verloor Volkskool 1 - 2

Dogters hokkie, Saterdag, 22 April
Skool PN RieR PN RieR PN Schoo PN RieR PN RieR
Hokkie 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Dogters 1 1 1 1 0 1 0 0 0 1
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 1 - 1 - 0 - 0 -
Verloor 2 - 3 - 4 - 3 - 5 -
Gelyk 2 - 1 - 0 - 1 - 0 -
Posisie 11 - 13 - 12 - 11 - 16 -

RieR = Riebeeckrand / Schoo = Schoonspruit

  • Ons hokkie eindig algehee 15de in die NWU 16 reeks.
Rugby, Saterdag, 22 April
Skool PN Foch PN Wolm PN Wolm PN Vryb PN Leeu
Rugby 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Seuns 10 11 12 28 20 25 7 31 19 36
Uitslae tot dusver                    
Gewen 3 - 3 - 3 - 3 - 3 -
Verloor 2 - 2 - 2 - 2 - 1 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Posisie 4 - 4 - 4 - 4 - 6 -

Foch = Fochville / Wolm = Wolmeranstad / Vry = Vryburg / Leeu = Leeuwenhof

  • Ons rugby eindig algeheel 3de in die NWU 16 – reeks
Netbal, Vrydag, 21 April
Skool PN Leeu PN Schoo PN Foch PN Bek PN Wolm
Netbal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Dogters 7 17 8 19 21 11 19 13 28 21
Uitslae tot dusver                    
Gewen 4 - 2 - 3 - 3 - 4 -
Verloor 1 - 3 - 2 - 0 - 1 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 2 - 0 -
Posisie 2 - 8 - 9 - 5 - 3 -

Leeu = Leeuwenhof / Schoo = Schoonspruit / Foch = Fochville / Wolm = Wolmeranstad

  • Ons netbal eindig algeheel 4de in die NWU 16 reeks
Sportskool van die NWU 16 -reeks
Pos Skool Hokkie Netbal Rugby Totaal
1 HS Piet Retief 58 63 76 197
2 Leeuwenhof Akademie 66 71 59 187
3 HS Delmas 65 57 43 165
4 HS Riebeeckrand 31 62 71 164
5 HS Fochville 61 52 50 163
6 HS Fe4rrum 62 51 45 158
7 HS Pretoria-Noord 29 59 63 151
8 HS Wolmaranstad 40 44 56 140
9 HS Vryburg 42 43 53 138
10 HS Hans Strijdom 53 29 50 132
11 HS Pionier 36 48 40 119
12 HS Oosterland 38 41 40 199
13 HS Volksrust 52 22 32 106
14 HS Stoffberg 50 26 24 100
15 HS Schoonspruit 29 42 22 93
16 HS Bekker 37 26 23 86
SAICE: Gauteng-Noord Water kompetisie, Saterdag 22 April

Geluk aan ons 3 spanne wat deurgedring het na die provinsiale rondte:

  • Mariska van Oordt en Juané Pretorius.
  • Dewald Grobler en Erika meyer.
  • Cornell du Toit, Brandon bowles en Massyn Muller (eindig 2de, na Boys High in die provinsiale rondte)
PNHS Karnaval 2023, 5 / 6 Mei

Vrydag, 5 Mei:

  • Kunstenaars: Droomsindroom, Refentse en Jo Black
  • Seremoniemeester: Ruben Delmage
  • Mallemeule, kosstalletjies en Moedersmark.
  • Volwassenes en hoërskoolleerders: R150-00 per persoon.
  • Voorskool en laerskoolleerders: Gratis (met die aankoop van twee volwasse toegangskaartjies)
  • Mallemeulepakette: R250-00 per pakket vir Vrydagaand, Toegang tot terrein is beperk tot persone in besit van Karnavalkaartjie, geen kinders sonder ouer toesig nie. Spesiale Mallemeulepakette vir Vrydag en Saterdagaand beskikbaar teen R 400-00.
  • Gelukkige trekking kaartjies: R10-00 per kaartjie.
  • Kaartjies sal van 12 April 2023 te koop wees.
  • Groot pryse vir leerders wat die meeste kaartjies en kompetisieboekies verkoop.

Saterdag, 6 Mei:

  • Skaapbraai, mandjiedans en “donkie derby”
  • Seremoniemeester: Ruben Delmage.
  • Mallemeule, stalletjies en moedersdagmark.
  • Kaartjies vir skaapbraai is R 250-00, betalings aan PNHS ONDERSTEUNERS, FNB, taknommer: 250655, rekeningnommer: 63020235750, verwysing: naam en skaapbraai, stuur bewys van betaling aan: [email protected]
  • Mallemeulepakette: R250-00 per pakket vir Saterdagaand, word verkry by skool met bewys van gepaardgaande skaapbraai kaartjie. Toegang tot terrein is beperk tot persone in besit van Skaapbraaikaartjie, geen kinders sonder ouertoesig nie. Spesiale Mallemeulepakette vir Vrydag en Saterdagaand beskikbaar teen R 400-00.
H/S Pretoria-Noord 1943 - 2023: Tagtigjarige Bestaansvieringe:
  • ‘‘n Spesiale das om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R150-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie das by hul wintersdrag dra.
  • ‘n lapelknopie om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R 50-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie knopie by hul skooldrag dra.
  • Die volgende PNHS gedenkwyne is beskikbaar by ons Finansiële kantoor gedurende skoolure, teen R 120-00 per bottel (slegs te koop aan persone ouer as 18 / geen leerders): PNHS Wapad Merlot / PNHS Noord Sauvignon Blanc en die PNHS Fakkel Rosé.
Hokkie Astro 2023

U sou reeds op facebook kennis geneem het dat ons Hokkie Akademie ‘n projek van stapel gestuur het om fondse te in vir die bou van ‘n Astro baan. ‘n Donasie van R 800-00 kan geskenk word om ‘n blok 1m² te borg. Alle donateurs se name sal op ‘n bord by die baan aangebring word. U maak u betaling aan: Bank: ABSA / Naam: PTA NRD HOëRSKOOL FNDS / Rek. Nr.: 60650012 / Takkode: 632005 / Verwysing: ASTRO + NAAM + VAN.

Kultuur: Pierneef Kunstefees

Baie geluk aan:

  • Mia Rynners: Poësie A++ en kategoriewenner en monoloog: A++.
  • Beate Haarhoff: Poësie A+.
  • André Haarhoff: Poësie A+.
  • Anouk Jansen van Rensburg: Poësie A+ en kategoriewenner.
  • Cathleen Roets: Redevoering A+, eie skeppende werk A, Poësie A+ en Onvoorbereide prosa lees A++ en kategoriewenner.
Akademie vir Leerder Prestasie

Alle belangstellende ouers word uitgenooi na ons vergadering op Woensdag, 3 Mei 2023 om 18H00 in die personeelkamer.

Akademie vir Leerder Ondersteuning / “Noorderlig

Ons Karnaval is om die draai en die “Noorderlig” gaan ‘n stalletjie beman om fondse in te samel. “Footlong Hotdogs” sal verkoop word en ons benodig die volgende items:

  • Enige souse byvoorbeeld: tamatiesous, mostert ens.
  • Borge vir ‘n dosyn broodrolletjies teen R 25-00 (ons sal aankope doen)

U kan met die voorsitster, Mev. Tanya Breytenbach, skakel of ‘n boodskap stuur indien u ons behulpsaam kan wees by 082 601 6878.


Program vir die week
Maandag, 24 April:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Graad 11: Sleutel 1 en 6 Wiskunde Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Graad 12: Sleutel 1 Addissionele Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Oueraand, 18H00, saal.
Dinsdag, 25 April:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Graad 12: Sleutel 2 Addissionele Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Graad 11: Sleutel 2 en 5 Addissionele Wiskunde Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Seuns hokkie liga 1: PNHS v/s Silverton, 14H30, tuis.
  • Dogters 0/15 tennis: PNHS v/s Crawford College, 14H30, weg.
  • Beheerliggaam Finansiële Komiteevergadering, 17H15, Konferensiekamer.
  • Beheerliggaam: Uitvoerende Komiteevergadering, 19H00, Konferensiekamer.
Woensdag, 26 April:
  • Graad 8 – 12, dag 1
  • Wintersport: Rugby liga 1: PNHS v/s H/S Tuine, 14H30, tuis.
Donderdag, 27 April:
  • Vryheidsdag
Vrydag, 28 April:
  • Skool vakansiedag.
Maandag, 1 Mei:
  • Werkersdag.
Dinsdag, 2 Mei:
  • Graad 8 – 12, dag 2
  • Karnaval: geesweek.
  • Graad 11: Sleutel 1 en 6 Addissionele Wiskunde Akademiese uur, 14H15 – 5H15.
  • Graad 12: Sleutel 3 Addissionele Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Tennis: Dogters 0/15 v/s Woodhill, 14H30, weg.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug