Omsendbrief 14/2023
Administratief
April 24, 2023
OB: 14 / 2023
Geagte ouers
Tennis
20 April:
Seuns 0/15 v/s Waterkloof 0/15 D. PNHS verloor met 12 potte teenoor 55. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan ons beide verloor.
Wintersport: PUK 16: Finaal: 21 / 22 April 2023 (NWU - kampus)
Skaak: Vrydag, 21
Wedstryd 1: PNHS wen Stofberg 9 – 2.
Wedstryd 2: PNHS wen Fochville 6⅟₂ - 4⅟₂.
Wedstryd 3: PNHS verloor Hans Strijdom 5 – 6.
Wedstryd 4: PNHS verloo Piet Retief 2 – 9.
Wedstryd 5: PNHS wen Leeuenhof 7⅟₂ - 3⅟₂.
Wedstryd 6: PNHS verloor Oosterland 5 – 6.
Wedstryd 7: PNHS wen Riebeeckrand 6 – 5.
- Geluk aan Arno Mostert wat ‘n balkie ontvang vir Beste Speler op sy bord.
- Ons skaak eindig 9de in die NWU 16 reeks.
Hokkie
Seuns hokkie, 21 Vrydag, April
Wedstryd 1: PNHS wen Stofberg 6 – 0.
Semi-Finaal: PNHS verloor Volkskool 1 - 2
Dogters hokkie, Saterdag, 22 April
Skool | PN | RieR | PN | RieR | PN | Schoo | PN | RieR | PN | RieR |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Hokkie | 0/14A | 0/14A | 0/15A | 0/15A | 0/16A | 0/16A | 2de | 2de | 1ste | 1ste |
Dogters | 1 | 1 | 1 | 1 | 0 | 1 | 0 | 0 | 0 | 1 |
Uitslae tot dusver | ||||||||||
Gewen | 1 | - | 1 | - | 1 | - | 0 | - | 0 | - |
Verloor | 2 | - | 3 | - | 4 | - | 3 | - | 5 | - |
Gelyk | 2 | - | 1 | - | 0 | - | 1 | - | 0 | - |
Posisie | 11 | - | 13 | - | 12 | - | 11 | - | 16 | - |
RieR = Riebeeckrand / Schoo = Schoonspruit
- Ons hokkie eindig algehee 15de in die NWU 16 reeks.
Rugby, Saterdag, 22 April
Skool | PN | Foch | PN | Wolm | PN | Wolm | PN | Vryb | PN | Leeu |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Rugby | 0/14A | 0/14A | 0/15A | 0/15A | 0/16A | 0/16A | 2de | 2de | 1ste | 1ste |
Seuns | 10 | 11 | 12 | 28 | 20 | 25 | 7 | 31 | 19 | 36 |
Uitslae tot dusver | ||||||||||
Gewen | 3 | - | 3 | - | 3 | - | 3 | - | 3 | - |
Verloor | 2 | - | 2 | - | 2 | - | 2 | - | 1 | - |
Gelyk | 0 | - | 0 | - | 0 | - | 0 | - | 0 | - |
Posisie | 4 | - | 4 | - | 4 | - | 4 | - | 6 | - |
Foch = Fochville / Wolm = Wolmeranstad / Vry = Vryburg / Leeu = Leeuwenhof
- Ons rugby eindig algeheel 3de in die NWU 16 – reeks
Netbal, Vrydag, 21 April
Skool | PN | Leeu | PN | Schoo | PN | Foch | PN | Bek | PN | Wolm |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Netbal | 0/14A | 0/14A | 0/15A | 0/15A | 0/16A | 0/16A | 2de | 2de | 1ste | 1ste |
Dogters | 7 | 17 | 8 | 19 | 21 | 11 | 19 | 13 | 28 | 21 |
Uitslae tot dusver | ||||||||||
Gewen | 4 | - | 2 | - | 3 | - | 3 | - | 4 | - |
Verloor | 1 | - | 3 | - | 2 | - | 0 | - | 1 | - |
Gelyk | 0 | - | 0 | - | 0 | - | 2 | - | 0 | - |
Posisie | 2 | - | 8 | - | 9 | - | 5 | - | 3 | - |
Leeu = Leeuwenhof / Schoo = Schoonspruit / Foch = Fochville / Wolm = Wolmeranstad
- Ons netbal eindig algeheel 4de in die NWU 16 reeks
Sportskool van die NWU 16 -reeks
Pos | Skool | Hokkie | Netbal | Rugby | Totaal |
---|---|---|---|---|---|
1 | HS Piet Retief | 58 | 63 | 76 | 197 |
2 | Leeuwenhof Akademie | 66 | 71 | 59 | 187 |
3 | HS Delmas | 65 | 57 | 43 | 165 |
4 | HS Riebeeckrand | 31 | 62 | 71 | 164 |
5 | HS Fochville | 61 | 52 | 50 | 163 |
6 | HS Fe4rrum | 62 | 51 | 45 | 158 |
7 | HS Pretoria-Noord | 29 | 59 | 63 | 151 |
8 | HS Wolmaranstad | 40 | 44 | 56 | 140 |
9 | HS Vryburg | 42 | 43 | 53 | 138 |
10 | HS Hans Strijdom | 53 | 29 | 50 | 132 |
11 | HS Pionier | 36 | 48 | 40 | 119 |
12 | HS Oosterland | 38 | 41 | 40 | 199 |
13 | HS Volksrust | 52 | 22 | 32 | 106 |
14 | HS Stoffberg | 50 | 26 | 24 | 100 |
15 | HS Schoonspruit | 29 | 42 | 22 | 93 |
16 | HS Bekker | 37 | 26 | 23 | 86 |
SAICE: Gauteng-Noord Water kompetisie, Saterdag 22 April
Geluk aan ons 3 spanne wat deurgedring het na die provinsiale rondte:
- Mariska van Oordt en Juané Pretorius.
- Dewald Grobler en Erika meyer.
- Cornell du Toit, Brandon bowles en Massyn Muller (eindig 2de, na Boys High in die provinsiale rondte)
PNHS Karnaval 2023, 5 / 6 Mei
Vrydag, 5 Mei:
- Kunstenaars: Droomsindroom, Refentse en Jo Black
- Seremoniemeester: Ruben Delmage
- Mallemeule, kosstalletjies en Moedersmark.
- Volwassenes en hoërskoolleerders: R150-00 per persoon.
- Voorskool en laerskoolleerders: Gratis (met die aankoop van twee volwasse toegangskaartjies)
- Mallemeulepakette: R250-00 per pakket vir Vrydagaand, Toegang tot terrein is beperk tot persone in besit van Karnavalkaartjie, geen kinders sonder ouer toesig nie. Spesiale Mallemeulepakette vir Vrydag en Saterdagaand beskikbaar teen R 400-00.
- Gelukkige trekking kaartjies: R10-00 per kaartjie.
- Kaartjies sal van 12 April 2023 te koop wees.
- Groot pryse vir leerders wat die meeste kaartjies en kompetisieboekies verkoop.
Saterdag, 6 Mei:
- Skaapbraai, mandjiedans en “donkie derby”
- Seremoniemeester: Ruben Delmage.
- Mallemeule, stalletjies en moedersdagmark.
- Kaartjies vir skaapbraai is R 250-00, betalings aan PNHS ONDERSTEUNERS, FNB, taknommer: 250655, rekeningnommer: 63020235750, verwysing: naam en skaapbraai, stuur bewys van betaling aan: [email protected]
- Mallemeulepakette: R250-00 per pakket vir Saterdagaand, word verkry by skool met bewys van gepaardgaande skaapbraai kaartjie. Toegang tot terrein is beperk tot persone in besit van Skaapbraaikaartjie, geen kinders sonder ouertoesig nie. Spesiale Mallemeulepakette vir Vrydag en Saterdagaand beskikbaar teen R 400-00.
H/S Pretoria-Noord 1943 - 2023: Tagtigjarige Bestaansvieringe:
- ‘‘n Spesiale das om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R150-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie das by hul wintersdrag dra.
- ‘n lapelknopie om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R 50-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie knopie by hul skooldrag dra.
- Die volgende PNHS gedenkwyne is beskikbaar by ons Finansiële kantoor gedurende skoolure, teen R 120-00 per bottel (slegs te koop aan persone ouer as 18 / geen leerders): PNHS Wapad Merlot / PNHS Noord Sauvignon Blanc en die PNHS Fakkel Rosé.
Hokkie Astro 2023
U sou reeds op facebook kennis geneem het dat ons Hokkie Akademie ‘n projek van stapel gestuur het om fondse te in vir die bou van ‘n Astro baan. ‘n Donasie van R 800-00 kan geskenk word om ‘n blok 1m² te borg. Alle donateurs se name sal op ‘n bord by die baan aangebring word. U maak u betaling aan: Bank: ABSA / Naam: PTA NRD HOëRSKOOL FNDS / Rek. Nr.: 60650012 / Takkode: 632005 / Verwysing: ASTRO + NAAM + VAN.
Kultuur: Pierneef Kunstefees
Baie geluk aan:
- Mia Rynners: Poësie A++ en kategoriewenner en monoloog: A++.
- Beate Haarhoff: Poësie A+.
- André Haarhoff: Poësie A+.
- Anouk Jansen van Rensburg: Poësie A+ en kategoriewenner.
- Cathleen Roets: Redevoering A+, eie skeppende werk A, Poësie A+ en Onvoorbereide prosa lees A++ en kategoriewenner.
Akademie vir Leerder Prestasie
Alle belangstellende ouers word uitgenooi na ons vergadering op Woensdag, 3 Mei 2023 om 18H00 in die personeelkamer.
Akademie vir Leerder Ondersteuning / “Noorderlig
Ons Karnaval is om die draai en die “Noorderlig” gaan ‘n stalletjie beman om fondse in te samel. “Footlong Hotdogs” sal verkoop word en ons benodig die volgende items:
- Enige souse byvoorbeeld: tamatiesous, mostert ens.
- Borge vir ‘n dosyn broodrolletjies teen R 25-00 (ons sal aankope doen)
U kan met die voorsitster, Mev. Tanya Breytenbach, skakel of ‘n boodskap stuur indien u ons behulpsaam kan wees by
Program vir die week
Maandag, 24 April:
- Graad 8 – 12, dag 5.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
- Graad 11: Sleutel 1 en 6 Wiskunde Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
- Graad 12: Sleutel 1 Addissionele Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
- Oueraand, 18H00, saal.
Dinsdag, 25 April:
- Graad 8 – 12, dag 6.
- Graad 12: Sleutel 2 Addissionele Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
- Graad 11: Sleutel 2 en 5 Addissionele Wiskunde Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
- Seuns hokkie liga 1: PNHS v/s Silverton, 14H30, tuis.
- Dogters 0/15 tennis: PNHS v/s Crawford College, 14H30, weg.
- Beheerliggaam Finansiële Komiteevergadering, 17H15, Konferensiekamer.
- Beheerliggaam: Uitvoerende Komiteevergadering, 19H00, Konferensiekamer.
Woensdag, 26 April:
- Graad 8 – 12, dag 1
- Wintersport: Rugby liga 1: PNHS v/s H/S Tuine, 14H30, tuis.
Donderdag, 27 April:
- Vryheidsdag
Vrydag, 28 April:
- Skool vakansiedag.
Maandag, 1 Mei:
- Werkersdag.
Dinsdag, 2 Mei:
- Graad 8 – 12, dag 2
- Karnaval: geesweek.
- Graad 11: Sleutel 1 en 6 Addissionele Wiskunde Akademiese uur, 14H15 – 5H15.
- Graad 12: Sleutel 3 Addissionele Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
- Tennis: Dogters 0/15 v/s Woodhill, 14H30, weg.
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof