Omsendbrief 14/2021
Administratief
May 10, 2021
OB: 14 / 2021
Geagte ouers
Lief en Leed
- Ons het met leedwese kennis geneem van die afsterwe van een van ons ouers, Mev. E Petrowski. Ons harte gaan uit na hierdie gesin en ons bid vir vertroosting vir hulle.
- Neem kennis dat Mnr. K van Rensburg (sportkoordineerder) se diens by H/S Pretoria-Noord beëindig is.
Skoolbywoning
Ons eerste week terug na normale skoolbesoek het goed verloop en ons is dankbaar om ons kinders terug te hê. Skoolbywoning vir die week: graad 8: 95%, graad 9: 95%, graad 10: 93%, graad 11: 96% en graad 12: 95%.
Landloop: 24 April, Hillside
Baie geluk aan die volgende atlete:
Seuns 0/14: Heinrich Buitendag (6de)
Dogters 0/14: Jasmine Riley (2de), Ezmarelda Vivier (6de), Ashlee Jordaan (12de) en Elisma van Wyk (14de).
Seuns 0/15: Stefan van Wyk (1ste), Crusharne Links (5de), Leonardo Pretorius (11de) en Arthur Dobson (15de).
Dogters 0/15: Cindy de Koker (3de), Carla Ackerman (4de) en Zelda Niemand (8ste).
Seuns 0/16: Andrew Durdle (13de).
Seuns 0/17: Xander Bronkhorst (5de)
Dogters 0/17: Marcolaine Kirsch (3de)
Junior Mans: Coenie Kruger (2de)
Senior dames: Natasha Sikisi (2de)
Netbal: Jubalee B Liga: Liga 1: PNHS v/s Prestige College, 5 Mei, weg
Skool | PN | PC | PN | PC | PN | PC | PN | PC | PN | PC |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Netbal | 0/14A | 0/14A | 0/15A | 0/15A | 0/16A | 0/16A | 0/17A | 0/17A | 1ste | 1ste |
Dogters | 18 | 12 | 18 | 14 | 23 | 16 | 6 | 43 | 55 | 2 |
Uitslae tot dusver | ||||||||||
Gewen | 1 | - | 1 | - | 1 | - | 0 | - | 1 | - |
Verloor | 0 | - | 0 | - | 0 | - | 1 | - | 0 | - |
Gelyk | 0 | - | 0 | - | 0 | - | 0 | - | 0 | - |
Skool | PN | PC | PN | PC | PN | PC | ||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Netbal | 0/14B | 0/14B | 0/15B | 0/15B | 0/16B | 0/16B | ||||
Dogters | 11 | 1 | 15 | 7 | 12 | 12 | ||||
Uitslae tot dusver | ||||||||||
Gewen | 1 | - | 1 | - | 0 | - | ||||
Verloor | 0 | - | 0 | - | 0 | - | ||||
Gelyk | 0 | - | 0 | - | 1 | - |
Baie geluk aan Jacinda de Lange (0/16) en Marang Mothupi (0/16) wat deurdring in die Tshwane proewe na die 1ste rondte Gauteng proewe.
D6 Skool Kommunikeerder
Ons het het hierdie jaar oorgeskakel na die D6 administratiewe program om dit vir u makliker te maak. Skakel asseblief so vining as moontlik hierby in sodat u alle nodige kommunikasie van die skool kan ontvang, gemaklik betalings kan maak en u kind se punte en skoolwerk kan monitor.
Opstelling (teken in of registreer)
- Laai die D6 Connect toepassing met die swart en wit ikoon af by die Google AppStore. Wanneer u die toepassing oop gemaak het, gaan u versoek word om u selfoon-nommer en wagwoord in te sleutel of in te teken as u ‘n reeds geskepte profiel het.
- Indien u nie alreeds ‘n profiel het nie, dan gaan u as ouer sien daar is ‘n “registreer”knoppie. U kan daarop klik en die nodige inligting verskaf. Hierna gaan u ‘n OTP verifikasiekode ontvang wat u moet insleutel. Indien suksesvol, sal u na die “boodskapmuur” geneem word.
Koppel u kind of kinders
- Klik op die drie strepies links bo om u kind se skool te kies. Klik ook op die “Koppel” knoppie om u kind as ‘n leerder aan u profiel te koppel. Kies nou die skool naam of leerder naam (verkieslik) en klik daarop. Nou kan u boodskappe van die skool ontvang.
- Kies nuus, kalender, bronne of inligting onder. Die inligting opsie gee u ‘n “leerder inligting”-opsie waarop u kan klik. Dit gee u die leerder se punte, huiswerk, dissipline, afwesighede, finansies, leerderinligting en volgelinge. Hierdie is alles opsies waarop u kan klik om dit te monitor.
- Die toepassing is streng en verifieer dat slegs kinders wat reeds aan ouers in dieselfde familiekode gekoppel is op die stelsel, aan mekaar op die profiel gekoppel kan word. ID nommers moet dus ook korrek ingelees wees op die stelsel. Dit sluit ouers se korrekte selnommers in wat die ontvang van OTP verifikasie kodes gedurende die inteken en registrasie proses moontlik maak.
Bemarking: PNHS – “WOES”-aanlynvertoning, 7 Mei 2021
Die beplande Karnaval wat op 7 Mei 2021 sou plaasvind sal ongelukkig nie kan voortgaan nie as gevolg van die huidige staat van inperking.
Ons kondig egter met trots aan dat PNHS in samewerking met WOES ‘n aanlynvertoning op 7 Mei 2021 gaan aanbied.
Die aanbieders is Hamilton Wessels en Jaco van Dyk, die gaskunstenaar is die immergewilde Ricus Nel en die seremoniemeester, Ruben Delmage van Groot FM.
Hierdie vertoning sal op 8 verskillende aanlynplatvorms uitgesaai word vir ons ouers, leerders en vriende van PNHS. Enige iemand kan na die vertoning kyk in die gemak van hulle eie huise nie net in Suid-Afrika nie maar ook in die buiteland.
Hierdie vertoning word gratis aangebied en is daar dus geen kostes aan verbonde om dit te kyk nie.
U kan egter ‘n verskil maak deur deel te neem aan die aanlynveiling wat die aand sal plaasvind sowel as die lootjies wat verkoop word. Ons het reeds ‘n hele paar waardevolle pryse op die spel.
Daar is ook uitstekende bemarkingsgeleenthede beskikbaar waar besighede kan adverteer om potensieel tussen 20 000 en 40 000 kykers te bereik. Kontak gerus vir Anneke Smith ([email protected]) om van hierdie gesogte advertensiespasies te bekom.
Nooi dus al u vriende en familie om op 7 Mei 2021 aan hierdie “eerste in die Noord” aanlynvertoning deel te neem en ons fondsinsamelingsprojek te ondersteun.
𝙂𝙧𝙖𝙩𝙞𝙨 𝘼𝙖𝙣𝙡𝙮𝙣 𝙆𝙤𝙣𝙨𝙚𝙧𝙩:
Volg die skakel en gaan stel sommer nou al u “reminder”
https://youtu.be/2saTQaLET8w
𝙇𝙤𝙤𝙩𝙟𝙞𝙚 𝙆𝙖𝙖𝙧𝙩𝙟𝙞𝙚𝙨:
Volg die skakel om nou al u kaartjie te koop vir die gelukkige prystrekking wat aan die einde van die program plaasvind.
http://bit.ly/3cXEjvX
Program vir die week
Vrydag, 7 Mei:
- Skool sluit om 13H30, as gevolg van wintersport bepalings.
- Wintersport: Netbal: Liga 2, PNHS v/s H/S Wonderboom, 15H00, weg.
- Wintersport: Rugby: Liga 1: PNHS v/s Midstream College, 15H00, weg.
- “Woes”-konsert saam met Hamilton Wessels, Ricus Nel en Ruben Delmage, 18H30.
Saterdag, 8 Mei:
- Wintersport: Hokkie Liga 1: PNHS v/s Overkruin, 09H00, TUT.
Maandag, 10 Mei:
- Graad 12 akademiese uur, sleutel 2, 14H15 – 15H15.
- Detensie, 14H15 – 16H00.
- Gasvryheidstudie Akademie vergadering, 18H00,restaurant.
Dinsdag, 11 Mei:
- PN Raad vergadering, 14H15 – 15H00, K 81.
- Hokkie: astro oefening, 15H00 – 18H00, TUT.
- Leierskap Akademie vergadering, 17H30, personeelkamer.
Woensdag, 12 Mei:
- Graad 12 akademiese uur, sleutel 3, 14H15 – 15H15.
- Interne vasvra, 14H15 – 15H15, K18 – k24.
- Netbal: Liga 3: PNHS v/s Sutherland, 15H00, (weg).
- Akademie vir Leerder Ondersteuning / Noorderlig vergadering, 18H00, restaurant.
Donderdag, 13 Mei:
- Personeel POPI opleiding, 14H15, saal.
- Tennis: S0/15 v/s Wilgers, 14H30, tuis.
Vrydag, 14 Mei:
- Rugby: Liga 2: PNHS v/s Wonderboom, 15H00, tuis.
- Hokkie liga 2: PNHS v/s Hatfield, 15H00, weg.
- Tennis: Seuns 1ste span v/s John Vorster, 14H30, weg.
Vriendelike Groete
CJC DriescherHoof