Omsendbrief 13/2025

Omsendbrief 13/2025


Administratief
April 22, 2025


OB: 13 / 2025

Geagte ouers

Tennis: Senior Dogters Liga 2

19 Maart 2025:

PNHS Dogters 1 v/s Wilgers. PNHS wen met 57 potte teenoor 10. Geluk aan Mia Rynners (11-0), Dima Kkoza (6-5), Didi Molelekwa (11-0) en Kayla Fourie (8-3) wat almal hul wedstryde wen. Mia Rynners en Dima Khoza (12-0) en Kayla Fourie en Didi Molelekwa (9-2) wen ook hul dubbels wedstryde. Dit was ons vierde ligawedstryd, waarvan ons drie wen en een verloor.

16 April 2025:

PNHS Dogters 1 v/s Wonderboom. PNHS wen met 56 potte teenoor 11. Geluk aan Mia Rynners (11-0), Dima Kkoza (6-5), Didi Molelekwa (10-1) en Kayla Fourie (11-0) wat almal hul wedstryde wen. Mia Rynners en Dima Khoza (9-3) en Kayla Fourie en Didi Molelekwa (9-2) wen ook hul dubbels wedstryde. Dit was ons vyfde ligawedstryd, waarvan ons vier wen en een verloor.

16 April 2025:

PNHS Dogters 2 v/s FH Odendaal. PNHS wen met 66 potte teenoor 1. Geluk aan Yolanda Pretorius (11–0), Anneke Le Roux (11-0), Lize Meiring (11-0) en Juane Greyvenstein (11–0) wat almal hulle wedstryde wen. Yolanda Pretorius en Anneke Le Roux (12-0) en Juane Greyvenstein en Lize Meiring (10-1) wen ook hul dubbels wedstryde. Dit was ons vierde ligawedstryd waarvan ons vier wen

Wintersport:

Rugby vriendskaplik: PNHS v/s Hoërskool Uitsig, 25 Maart 2025, (tuis)

Sien pdf vir uitslae.

Rugby Blou Bulle Liga 1: PNHS v/s Brits, 16 April (weg)

Sien pdf vir uitslae.

Hokkie Seuns liga 1

16 April: PNHS 1 v/s Montana 1. PNHS wen met 1-0. Dit was ons eerste ligawedstryd.

Leierskap

Baie geluk aan die volgende leerders wat verkies is in vakante leiersposisies:

  • Christof Fourie verkies tot VLR vir graad 12A.
  • Ashlee Jordaan verkies tot VLR verteenwoordiger op die Beheerliggaam.
  • Ruan Olwagen verkies tot die PN-Raad.
  • Rubin Nel verkies tot die PN-Raad.

Waardebalkies

Baie geluk aan die volgende leerders wat waardebalkies verower:

Graad 8: Richard van Wyk – Verantwoordelikheid
Zuandré Theron – Verantwoordelikheid

Graad 9: Jordan Stokes – Respek
Carla de Bruyn – Respek
Dané de Wet – Respek

Afri-Eeufees: 8 Mei 2025

Ons nooi u uit om deel te wees van die viering van Afrikaans se 100ste bestaansjaar by die Afri-Eeufees:
Afrikaans 100-jaar Jonk Musiekfees!
Hierdie buitelugvertoning vind op Donderdag, 8 Mei, op die skool se rugbyveld plaas. Let asseblief daarop dat daar geen geallokeerde sitplekke is nie – feesgangers moet hul eie kampstoele saambring.
Die musiekfees sluit ‘n vertoning en nagmark in. Daar sal ongelukkig geen pretparkritte wees nie.
Koelerbokse mag saamgebring word teen ‘n koste van R50 per boks, betaalbaar by die hek.
Kaartjies is reeds beskikbaar op d6 en Tixsa: https://bit.ly/4h2ZoEq
Om hierdie geleentheid nog lekkerder te maak, ding alle klasse en grade teen mekaar mee om te sien wie die meeste kaartjies kan verkoop – met opwindende verrassings vir die wenners!
Indien ons ons teiken van 5 000 kaartjies behaal, sal die skool op Vrydag, 9 Mei, gesluit wees as beloning.

Kaartjie pryse:

  • Volwassenes: R150pp
  • Skoliere: R120pp (kinders onder 5 het gratis toegang)
  • Gesinspakkette: R500 per pakket (2 Volwassene & 2 Skolier kaartjies)
  • Goue Kraal: R6500 per tafel van 10
    Die Goue Kraal BBP ervaring sluit ‘n peuselbord vir 10 en drinkgoed in. Goue Kraal kaartjiehouers kan ook hul eie koelerbokse saambring.

Ons sien daarna uit om hierdie spesiale mylpaal vir Afrikaans saam met u te vier!

Projek: MySPAR Ninapark

SPAR Ninapark gee weer aan skole in ons omgewing die geleentheid om fondse in te samel. Daar sal vanaf 24 Februarie 2025 tot 1 Junie 2025 ‘n houer vir elke skool wat deelneem in die winkel geplaas word. Ouers van daardie skool moet dan net na aankope hulle strokies in hulle skool se houer gooi en die skool sal dan 1% van daardie spandering ontvang. Die skool wat die meeste aankope ontvang sal ook ‘n bonus van R 12 000 ontvang, 2de meeste R 8000 en 3de meeste R 5000. Ons vra ons ouers om asb. PNHS te ondersteun deur net u strokie in die PNHS houer te gooi by Ninapark SPAR vanaf 24 Februarie 2025.

Leierskap: Gewysigde PN-Raad Konstitusie en Gedragskode

Geagte ouers en leerders neem asseblief kennis van hierdie baie belangrike inligting. Die Beheerliggaam het op 1 Maart 2025 die Konstitusie en Gedragskode van die PN-Raad hersien en gewysig. Hierdie beleidstuk is beskikbaar op die skool se webwerf vir besigtiging. Dit is van kardinale belang dat alle leerders (graad 8 tot 12) en ook ons ouers hulself vergewis van hierdie wysigings aangesien belangrike veranderings aangebring is rakende skoolbywoning, deelname aan skoolaktiwiteite en dissiplinêre aangeleenthede wat huidige en toekomstige kandidate vir die PN-Raad raak. Ons waardeer u samewerking en ondersteuning om ‘n positiewe aanslag op hierdie veranderinge tot voordeel van ons kinders en ons skool te bewerkstellig.

Uitteken van leerders

Geagte ouers en leerders ons vestig weer u aandag op die uitteken prosedure soos uiteengesit in die huiswekboek op bladsy 30. Wanneer ‘n leerder weet hy/sy gaan afwesig wees weens ‘n afspraak byvoorbeeld moet die ouer die skool reeds die dag voor die tyd daarvan verwittig. Die graadhoof en vakpersoneel sal dan die leerder op grond van hierdie brief reeds die vorige dag die leerder uitteken in sy / haar huiswerkboek. Op die dag van die afspraak sal die leerder dan net sy huiswerboek aan die betrokke personeellid wys waar hy / sy op daardie stadium is en dan beweeg na navrae waar sy ouer hom / haar uitteken.

By onbeplande gebeure soos siekte by die skool gaan die leerder na navrae wat dan die ouer sal skakel en indien nodig sal die ouer die leerder daar uitteken. Neem kennis dat ons personeel by navrae opdrag ontvang het om slegs binne hierdie prosedure leerders te laat uitteken en geen leerder sal uit ‘n klas geroep word nie.


Program vir die week

Maandag, 21 April:
  • Skool vakansiedag.
Dinsdag, 22 April:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 5, 14H15 – 15H00.
  • Oueraand, 18H00, vakpersoneel klasse.
Woensdag, 23 April:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 6, 14H15 – 15H00.
  • Seuns Hokkie Liga 2: PNHS v/s Silverton, 14H30, tuis.
  • Tennis: PNHS Dogters 1 v/s Hatfield Christian School 1, 14H30, tuis (Pretoria-Noord klubbane).
    PNHS 2 v/s Gerrit Maritz, 14H30, weg.
  • Netbal Liga 1: PNHS v/s Overkruin, 14H30, tuis.
  • Derick Stokes: Foundation 2025, 17H30, saal.
Donderdag, 24 April:
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • PNHS Graad 7 Opedag, 17H00, (saal 19H00).
Vrydag, 25 April:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
    NWU 16: Seuns Hokkie, skaak, gholf en Netbal, Potchefstroom.
Saterdag, 26 April:
  • NWU 16: Rugby en Dogters hokkie, Potchefstroom.
Maandag, 28 Aprill - Vrydag, 2 Mei Skoolvakansie.
Maandag, 5 Mei:
  • Geesweek.
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Detensie 14H15 – 16H15.
  • Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 1, 14H15 – 15H00.
  • Gasvryheidstudies: Graad 11 Kelneropleiding, 14H15 – 16H00, restaurant.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug