Omsendbrief 13/2023

Omsendbrief 13/2023


Administratief
April 17, 2023


OB: 13 / 2023

Geagte ouers
Lief en Leed

Baie welkom aan nuwe studente wat by ons aangesluit het vir hul waarnemingstydperk: Mnr. K. Lotter by LO sport, Mej. A Barwise by Engels en Mej. K Monn by IGO.

Tennis

14 April:

Seuns 1ste span v/s Waterkloof 5. PNHS verloor met 19 potte teenoor 48. Geluk aan Arno Mostert (6-5) en Owen Kuhn wat hulle wedstryde wen. Dit was ons tweede ligawedstryd, waarvan ons beide verloor.

Wintersport: PUK 16: Semi-Finaal: 15 April 2023 (HS Oosterland)
Skool PN Volks PN Fer PN Volks PN Volks PN Pion
Hokkie 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Dogters 0 3 1 0 0 3 0 3 0 6
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 1 - 1 - 0 - 0 -
Verloor 2 - 3 - 3 - 3 - 4 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -

Volks = Volksrus / Fer = Ferrum / Pion = Pionier
Plasing vir finaal:
0/14 speel vir posisie 11/12 teen Riebeeckrand (C veld 12H20).
0/15 speel vir posisie 13 / 14 teen Riebeeckrand (B veld 11H30).
0/16 speel vir posisie 11/12 teen Schoonspruit (A veld 09H00).
2de speel vir posisie 11 / 12 teen Riebeeckrand (D veld 09H00)
1ste speel vir posisie 15 / 16 teen Riebeeckrand (Astro 13H50)

Skool PN Piet R PN Piet R PN Piet R PN Piet R PN Volks
Rugby 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Seuns 5 68 7 36 14 29 0 26 36 19
Uitslae tot dusver                    
Gewen 3 - 3 - 3 - 3 - 3 -
Verloor 1 - 1 - 1 - 1 - 1 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -

Piet R = Piet Retief / Volks = Volksrus
Plasing vir finaal:
0/14 speel vir posisie 3 / 4 teen Fochville (G veld 10H00)
0/15 speel vir posisie 3 / 4 teen Wolmaranstad (E veld 12H30)
0/16 speel vir posisie 3 / 4 teen Wolmaranstad (B veld 11H30)
2de speel vir posisie 3 / 4 teen Vryburg (C veld 09H00)
1ste speel vir posisie 5 / 6 teen Leeuwenhof (B veld 12H45)

Skool PN Piet R PN Piet R PN Pion PN Ferrum PN Ferrum
Netbal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Dogters 14 8 18 28 28 14 17 12 13 18
Uitslae tot dusver                    
Gewen 4 - 2 - 2 - 2 - 3 -
Verloor 0 - 2 - 2 - 0 - 1 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 2 - 0 -

Piet R = Piet Reief / Pion = Pionier / Ferrum
Plasing vir finaal:
0/14 speel vir posisie 1 / 2 teen Leeuwenhof (Baan 1: 09H00)
0/15 speel vir posisie 7 / 8 teen Schoonspruit (Baan 4: 11H05)
0/16 speel vir posisie 9 / 10 teen Fochville (Baan 5: 12H45)
2de speel vir posisie 5 / 6 teen Bekker (Baan 3: 11H55)
1ste speel vir posisie 3 / 4 teen Wolmaranstad (Baan 1: 09H50)

PNHS Karnaval 2023, 5 / 6 Mei

Vrydag, 5 Mei:

  • Kunstenaars: Droomsindroom, Refentse en Jo Black
  • Seremoniemeester: Ruben Delmage
  • Mallemeule, kosstalletjies en Moedersmark.
  • Volwassenes en hoërskoolleerders: R150-00 per persoon.
  • Voorskool en laerskoolleerders: Gratis (met die aankoop van twee volwasse toegangskaartjies)
  • Mallemeulepakette: R250-00 per pakket vir Vrydagaand, Toegang tot terrein is beperk tot persone in besit van Karnavalkaartjie, geen kinders sonder ouer toesig nie. Spesiale Mallemeulepakette vir Vrydag en Saterdagaand beskikbaar teen R 400-00.
  • Gelukkige trekking kaartjies: R10-00 per kaartjie.
  • Kaartjies sal van 12 April 2023 te koop wees.
  • Groot pryse vir leerders wat die meeste kaartjies en kompetisieboekies verkoop.

Saterdag, 6 Mei:

  • Skaapbraai, mandjiedans en “donkie derby”
  • Seremoniemeester: Ruben Delmage.
  • Mallemeule, stalletjies en moedersdagmark.
  • Kaartjies vir skaapbraai is R 250-00, betalings aan PNHS ONDERSTEUNERS, FNB, taknommer: 250655, rekeningnommer: 63020235750, verwysing: naam en skaapbraai, stuur bewys van betaling aan: [email protected]
  • Mallemeulepakette: R250-00 per pakket vir Saterdagaand, word verkry by skool met bewys van gepaardgaande skaapbraai kaartjie. Toegang tot terrein is beperk tot persone in besit van Skaapbraaikaartjie, geen kinders sonder ouertoesig nie. Spesiale Mallemeulepakette vir Vrydag en Saterdagaand beskikbaar teen R 400-00.
H/S Pretoria-Noord 1943 - 2023: Tagtigjarige Bestaansvieringe:
  • ‘‘n Spesiale das om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R150-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie das by hul wintersdrag dra.
  • ‘n lapelknopie om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R 50-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie knopie by hul skooldrag dra.
  • Die volgende PNHS gedenkwyne is beskikbaar by ons Finansiële kantoor gedurende skoolure, teen R 120-00 per bottel (slegs te koop aan persone ouer as 18 / geen leerders): PNHS Wapad Merlot / PNHS Noord Sauvignon Blanc en die PNHS Fakkel Rosé.
Hokkie Astro 2023

U sou reeds op facebook kennis geneem het dat ons Hokkie Akademie ‘n projek van stapel gestuur het om fondse te in vir die bou van ‘n Astro baan. ‘n Donasie van R 800-00 kan geskenk word om ‘n blok 1m² te borg. Alle donateurs se name sal op ‘n bord by die baan aangebring word. U maak u betaling aan: Bank: ABSA / Naam: PTA NRD HOëRSKOOL FNDS / Rek. Nr.: 60650012 / Takkode: 632005 / Verwysing: ASTRO + NAAM + VAN.


Program vir die week
Maandag, 17 April:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Rugby Akademievergadering, 18H00, konferensiekamer.
  • Akademie vir Leerder Ondersteuning / “Noorderlig” vergadering, 18H00, restaurant.
Dinsdag, 18 April:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Rapporte uit.
  • PN Raad vergadering, 14H15, K81.
  • Graad 11: Sleutel 1 en 6 Wiskunde Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Beheerliggaamvergadering, 17H30, restaurant.
  • Hokkie Akademievergadering, 18H00, Konferensiekamer.
Woensdag, 19 April:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Inskrywings vir Kansvatter redenaars sluit.
  • VLR vergadering, 14H15, K76.
  • Graad 11: Sleutel 2 en 5 Wiskunde Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Sagtebal Akademievergadering, 18H00, restaurant.
Donderdag, 20 April:
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • Graad 11 Top 10 besoek Tukkies, 07H30 – 13H00, UP.
  • Tennis: Seuns 0/15 v/s Waterkloof, tuis.
  • PNHS Opedag, 16H00.
Vrydag, 21 April:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • PUK 16 Finaal: Netbal, Seuns hokkie, Gholf en Skaak, Potchefstroom.
    Gholf en Skaak vertrek om 04H15.
    Netbal en Seuns hokkie vertrek om 05H15.
Saterdag, 22 April:
  • Wintersport: PUK 16 Finaal: Rugby en Hokkie, Potchefstroom. Busse vertrek om 05H15.
Maandag, 24 April:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Graad 11: Sleutel 1 en 6 Wiskunde Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Graad 12: Sleutel 1 Addissionele Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Oueraand, 18H00, saal.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug