Omsendbrief 13/2021

Omsendbrief 13/2021

Administratief
April 22, 2021


OB: 13 / 2021

Geagte ouers
Lief en Leed
  • Ons groet ons student van Akademia, Mev. Elzette Pieterse op Vrydag, 23 April, baie sterkte met haar studies!
  • Mev. S Aswegen gaan op kraamverlof vanaf Vrydag, 23 April, baie sterkte aan haar.
  • Ons verwelkom Me. H Robbertse weer terug vanaf Maandag, 3 Mei as aflos vir Mev. S van Aswegen.
Skoolbywoning

Skoolbywoning vir die week 19 tot 22 April: graad 8: 92%, graad 9: 90%, graad 10: 89%, graad 11: 92% en graad 12: 91%.

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons eergister formeel toestemming vanaf ons distrik direkteur ontvang het om terug te kan keer na 100% kapasiteit toe op ons Beheerliggaam se versoek. Ons sal der halwe vanaf 3 Mei 2021 weer normaal skool gaan. Let asseblief op die volgende reëlings:

  • Alle COVID regulasies en reëlings, soos tans sal streng toegepas word.
  • Verandering 1: die skooldag sal vanaf 3 Mei 2021 om 14H00 vir alle grade eindig.
  • Verandering 2: ter wille van sosiale distansiering en verkeersvloei, sal alle graad 8 en 9 leerders vanaf 3 Mei aan die einde van die skooldag gebruik maak van die Eufees hek en graad 10 – 12 leerders van die Berglaan hek om uit die skoolterrein te beweeg.
Tennis

16 April:

PNHS Seuns 1ste span v/s Eduplex. weg. PNHS wen met 40 potte teenoor 27. Geluk aan: L du Plessis (6-5), O Kuhn (9-2) en A Mostert (7-4), wat hulle wedstryde wen. Dit was ons Seuns 1ste span se tweede ligawedstryd waarvan hulle beide wen.

21 April:

PNHS Dogters 1ste span v/s H/S Centurion, tuis. PNHS verloor met 22 potte teenoor 45. Geluk aan:Anke Stolz (6-5) wat haar wedstryd wen. Dit was ons Dogters 1ste span se eerste ligawedstryd.

Landloop: 17 April, Hillside

Baie geluk aan die volgende atlete:

Seuns 0/14: Junior Bokwa (4de) en Heinrich Buitendag (7de)

Dogters 0/14: Jasmine Riley (2de), Elisma van Wyk (8ste), Ezmarelda Vivier (9de) en Ashlee Jordaan (15de)

Seuns 0/15: Crusharne Links (3de) en Leonardo Pretorius (16de)

Dogters 0/15: Cindy de Koker (2de), Carla Ackerman (6de) en Zelda Niemand (7de).

Seuns 0/16: Andrew Durdle (13de).

Seuns 0/17: Xander Bronkhorst (7de)

Dogters 0/17: Marcolaine Kirsch (4de)

Junior Mans: Coenie Kruger (4de)

Senior dames: Megan Oosthuizen (2de) en Natasha Sikisi (3de)

D6 Skool Kommunikeerder

Ons het het hierdie jaar oorgeskakel na die D6 administratiewe program om dit vir u makliker te maak. Skakel asseblief so vining as moontlik hierby in sodat u alle nodige kommunikasie van die skool kan ontvang, gemaklik betalings kan maak en u kind se punte en skoolwerk kan monitor.

Opstelling (teken in of registreer)
  • Laai die D6 Connect toepassing met die swart en wit ikoon af by die Google AppStore. Wanneer u die toepassing oop gemaak het, gaan u versoek word om u selfoon-nommer en wagwoord in te sleutel of in te teken as u ‘n reeds geskepte profiel het.
  • Indien u nie alreeds ‘n profiel het nie, dan gaan u as ouer sien daar is ‘n “registreer”knoppie. U kan daarop klik en die nodige inligting verskaf. Hierna gaan u ‘n OTP verifikasiekode ontvang wat u moet insleutel. Indien suksesvol, sal u na die “boodskapmuur” geneem word.
Koppel u kind of kinders
  • Klik op die drie strepies links bo om u kind se skool te kies. Klik ook op die “Koppel” knoppie om u kind as ‘n leerder aan u profiel te koppel. Kies nou die skool naam of leerder naam (verkieslik) en klik daarop. Nou kan u boodskappe van die skool ontvang.
  • Kies nuus, kalender, bronne of inligting onder. Die inligting opsie gee u ‘n “leerder inligting”-opsie waarop u kan klik. Dit gee u die leerder se punte, huiswerk, dissipline, afwesighede, finansies, leerderinligting en volgelinge. Hierdie is alles opsies waarop u kan klik om dit te monitor.
  • Die toepassing is streng en verifieer dat slegs kinders wat reeds aan ouers in dieselfde familiekode gekoppel is op die stelsel, aan mekaar op die profiel gekoppel kan word. ID nommers moet dus ook korrek ingelees wees op die stelsel. Dit sluit ouers se korrekte selnommers in wat die ontvang van OTP verifikasie kodes gedurende die inteken en registrasie proses moontlik maak.
Bemarking: PNHS – “WOES”-aanlynvertoning, 7 Mei 2021

Die beplande Karnaval wat op 7 Mei 2021 sou plaasvind sal ongelukkig nie kan voortgaan nie as gevolg van die huidige staat van inperking.

Ons kondig egter met trots aan dat PNHS in samewerking met WOES ‘n aanlynvertoning op 7 Mei 2021 gaan aanbied.

Die aanbieders is Hamilton Wessels en Jaco van Dyk, die gaskunstenaar is die immergewilde Ricus Nel en die seremoniemeester, Ruben Delmage van Groot FM.

Hierdie vertoning sal op 8 verskillende aanlynplatvorms uitgesaai word vir ons ouers, leerders en vriende van PNHS. Enige iemand kan na die vertoning kyk in die gemak van hulle eie huise nie net in Suid-Afrika nie maar ook in die buiteland.

Hierdie vertoning word gratis aangebied en is daar dus geen kostes aan verbonde om dit te kyk nie. U kan egter ‘n verskil maak deur deel te neem aan die aanlynveiling wat die aand sal plaasvind sowel as die lootjies wat verkoop word. Ons het reeds ‘n hele paar waardevolle pryse op die spel.

Daar is ook uitstekende bemarkingsgeleenthede beskikbaar waar besighede kan adverteer om potensieel tussen 20 000 en 40 000 kykers te bereik. Kontak gerus vir Anneke Smith ([email protected]) om van hierdie gesogte advertensiespasies te bekom.

Nooi dus al u vriende en familie om op 7 Mei 2021 aan hierdie “eerste in die Noord” aanlynvertoning deel te neem en ons fondsinsamelingsprojek te ondersteun.

𝙂𝙧𝙖𝙩𝙞𝙨 𝘼𝙖𝙣𝙡𝙮𝙣 𝙆𝙤𝙣𝙨𝙚𝙧𝙩

Volg die skakel en gaan stel sommer nou al u “reminder”

https://youtu.be/2saTQaLET8w

𝙇𝙤𝙤𝙩𝙟𝙞𝙚 𝙆𝙖𝙖𝙧𝙩𝙟𝙞𝙚𝙨

Volg die skakel om nou al u kaartjie te koop vir die gelukkige prystrekking wat aan die einde van die program plaasvind.

http://bit.ly/3cXEjvX


Program vir die week
Vrydag, 16 April:
  • Graad 8 – 12 groep A.
  • Skool sluit om 10H00,
    Program:
    Voogperiode 07H30 – 08H30
    Pouse: 08H30 – 08H45
    Toetsperiode: 08H50 – 10H00
Maandag, 3 Mei:
  • Skool heropen vir graad 8-12, volg dag 6.
  • Personeelvergadering, 14H15 – 16H00, Saal.
Dinsdag, 4 Mei:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
Woensdag, 5 Mei:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Netbal: Liga 1: PNHS v/s Prestige College, 14H30, (weg).
  • Finansiele Komitee vergadering, 17H15, Personeelkamer.
  • Beheerliggaam Uitvoerende Komitee vergadering, 19H00, personeelkamer.
Donderdag, 6 Mei:
  • Graad 8 – 12, dag 3
  • Graad 12, sleutel 1, Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
Vrydag, 7 Mei:
  • Graad 8 – 12, dag 4
  • Rugby: Liga 1: PNHS v/s Midstream College, 14H30, weg.
  • Netbal: Liga 2: PNHS v/s Wonderboom, 14H30, weg.
  • Hokkie: Liga 1: PNHS v/s Overkruin, 14H30, TUT.
  • PNHS: AANLYN - WOES KONSERT MET RICUS NEL, 18H30. ONTHOU DIT IS GRATIS!!!!!!

Vriendelike Groete

CJC DriescherHoof

Aflaai aanhangsel

Terug