
Omsendbrief 12/2025
Administratief
April 14, 2025
OB: 12 / 2025
Geagte ouers
Lief en Leed
- Baie geluk aan mnr. Louis Nel, ons terreinbestuurder, wat die afgelope naweek in die eg getree het. Ons mooiste wense vergesel hulle.
- Baie welkom aan die volgende student van UP wat by ons aangesluit het vir waarneming: Me. Dominique Jordaan (Eng.).
Wintersport: Toere
Hokkie na Camp Discovery, 5 – 8 April 2025 (weg)
Sien pdf vir uitslae.
Wintersport: NWU 16: Semi-finale: 12 April 2025, H/S Ben Viljoen
Sien pdf vir uitslae.
Tennis: Senior Dogters Liga 2
9 April 2025: PNHS 2 (dogters) v/s Curro Roodeplaat. PNHS wen met 43 potte teenoor 16. Geluk aan Yolanda Pretorius (8–3), Dima Khoza (9-2) en Juane Greyvenstein (6–5) wat almal hulle wedstryde wen. Yolanda Pretorius en Dima Khoza (11-1) wen ook hul dubbels wedstryde.
10 April 2025: PNHS 1(seuns) v/s H/S Centurion. PNHS verloor met 32 potte teenoor 35. Geluk aan Zander Pieterse (6-5) and Raven Pietersen (7-4) wat beide hulle wedstryde wen. Philip Beukes en Dario van Deventer (7-5) wen ook hul dubbels wedstryde.
11 April 2025: PNHS 2 (seuns) v/s HTS John Vorster. PNHS verloor met 32 potte teenoor 35. Geluk aan Riaan Roos (7-4) en Ewan Rynners (8-3) wat beide hul wedstryde wen. Riaan Roos en Ewan Rynners (8-3) wen ook hul dubbels wedstryde.
Kultuur: Sang
Baie geluk aan Marioné Engelbrecht en Ghia Louw wat aan die “Legends of Arts SA Championships” deelgeneem het en uitsonderlik gevaar het. Marioné behaal ‘n 1ste plek met ‘n dubbel diamant (A+++) sertifkaat en Ghia Louw ‘n 2de plek met ‘n diamant (A++) sertifkaat.
Sport buite skoolverband : Armdruk
Baie geluk aan Matthew Pietersen wat aan die SAAF (South African Armwrestling Federation) Nasionale kampioenskappe deelgeneem het. Hy behaal ‘n 5de en 6de posisie.
Afri-Eeufees: 8 Mei 2025
Ons nooi u uit om deel te wees van die viering van Afrikaans se 100ste bestaansjaar by die Afri-Eeufees:
Afrikaans 100-jaar Jonk Musiekfees!
Hierdie buitelugvertoning vind op Donderdag, 8 Mei, op die skool se rugbyveld plaas. Let asseblief daarop
dat daar geen geallokeerde sitplekke is nie – feesgangers moet hul eie kampstoele saambring.
Die musiekfees sluit ‘n vertoning en nagmark in. Daar sal ongelukkig geen pretparkritte wees nie.
Koelerbokse mag saamgebring word teen ‘n koste van R50 per boks, betaalbaar by die hek.
Kaartjies is reeds beskikbaar op d6 en Tixsa: https://bit.ly/4h2ZoEq
Om hierdie geleentheid nog lekkerder te maak, ding alle klasse en grade teen mekaar mee om te sien wie die
meeste kaartjies kan verkoop – met opwindende verrassings vir die wenners!
Indien ons ons teiken van 5 000 kaartjies behaal, sal die skool op Vrydag, 9 Mei, gesluit wees as beloning.
Kaartjie pryse:
- Volwassenes: R150pp
- Skoliere: R120pp (kinders onder 5 het gratis toegang)
- Gesinspakkette: R500 per pakket (2 Volwassene & 2 Skolier kaartjies)
- Goue Kraal: R6500 per tafel van 10
Die Goue Kraal BBP ervaring sluit ‘n peuselbord vir 10 en drinkgoed in. Goue Kraal kaartjiehouers kan ook hul eie koelerbokse saambring.
Ons sien daarna uit om hierdie spesiale mylpaal vir Afrikaans saam met u te vier!
Projek: MySPAR Ninapark
SPAR Ninapark gee weer aan skole in ons omgewing die geleentheid om fondse in te samel. Daar sal vanaf 24 Februarie 2025 tot 1 Junie 2025 ‘n houer vir elke skool wat deelneem in die winkel geplaas word. Ouers van daardie skool moet dan net na aankope hulle strokies in hulle skool se houer gooi en die skool sal dan 1% van daardie spandering ontvang. Die skool wat die meeste aankope ontvang sal ook ‘n bonus van R 12 000 ontvang, 2de meeste R 8000 en 3de meeste R 5000. Ons vra ons ouers om asb. PNHS te ondersteun deur net u strokie in die PNHS houer te gooi by Ninapark SPAR vanaf 24 Februarie 2025.
Leierskap: Gewysigde PN-Raad Konstitusie en Gedragskode
Geagte ouers en leerders neem asseblief kennis van hierdie baie belangrike inligting. Die Beheerliggaam het op 1 Maart 2025 die Konstitusie en Gedragskode van die PN-Raad hersien en gewysig. Hierdie beleidstuk is beskikbaar op die skool se webwerf vir besigtiging. Dit is van kardinale belang dat alle leerders (graad 8 tot 12) en ook ons ouers hulself vergewis van hierdie wysigings aangesien belangrike veranderings aangebring is rakende skoolbywoning, deelname aan skoolaktiwiteite en dissiplinêre aangeleenthede wat huidige en toekomstige kandidate vir die PN-Raad raak. Ons waardeer u samewerking en ondersteuning om ‘n positiewe aanslag op hierdie veranderinge tot voordeel van ons kinders en ons skool te bewerkstellig.
Uitteken van leerders
Geagte ouers en leerders ons vestig weer u aandag op die uitteken prosedure soos uiteengesit in die huiswekboek op bladsy 30. Wanneer ‘n leerder weet hy/sy gaan afwesig wees weens ‘n afspraak byvoorbeeld moet die ouer die skool reeds die dag voor die tyd daarvan verwittig. Die graadhoof en vakpersoneel sal dan die leerder op grond van hierdie brief reeds die vorige dag die leerder uitteken in sy / haar huiswerkboek. Op die dag van die afspraak sal die leerder dan net sy huiswerboek aan die betrokke personeellid wys waar hy / sy op daardie stadium is en dan beweeg na navrae waar sy ouer hom / haar uitteken.
By onbeplande gebeure soos siekte by die skool gaan die leerder na navrae wat dan die ouer sal skakel en indien nodig sal die ouer die leerder daar uitteken. Neem kennis dat ons personeel by navrae opdrag ontvang het om slegs binne hierdie prosedure leerders te laat uitteken en geen leerder sal uit ‘n klas geroep word nie.
Program vir die week
Maandag, 14 April:
- Graad 8 – 12, dag 3.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
- Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 2, 14H15 – 15H00.
- Rugby-akademie vergadering, 17:00, personeelkamer.
- Noorderlig-vergadering, 18:00, restaurant.
- Netbal-akademie vergadering, 17:00, K.22
Dinsdag, 15 April:
- Graad 8 – 12, dag 4.
- PN-Raadvergadering, 15:00, K.14.
- Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 2, 14H15 – 15H00.
- Restaurant-akademie vergadering, 18:00, restaurant.
- Krieket-akademie vergadering, 18:00, personeelkamer.
Woensdag, 16 April:
- Graad 8 – 12, dag 5.
- VLR-vergadering, 15:00, K.76.
- Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 4, 14H15 – 15H00.
- Tennis: Senior dogters 1 vs Wonderboom (weg).
- Tennis: Senior dogters 2 vs FH Odendaal (tuis).
- Hokkie: Seuns vs Montana (weg).
- Rugby: Alle spanne vs Brits (weg).
Donderdag, 17 April:
- Graad 8 – 12, dag 6.
- Rapporte uit na ouers.
- Laerskoolbesoeke: L/S Mayville.
- Sagtebal-akademie vergadering, 18:00, restaurant.
- Tennis: Junior seuns 1 vs Woodhill College (tuis).
- Tennis: Junior seuns 2 vs Woodhill College (weg).
- Rugby: 0/15B vs FH Odendaal (weg).
- Varsity College uitstappie.
Vrydag, 18 April:
- Paasnaweck - Goeie Vrydag
Maandag, 21 April:
- Paasnaweck - Familiedag
Dinsdag, 22 April:
- Graad 8 – 12, dag 1.
- Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 5, 14H15 – 15H00.
- Oueraand, 18:00, klaskamers.
- Geseënde Paasnaweck word aan u elkeen toegewens.
Vriendelike Groete
Mev. C. Erasmus
Waarnemende Hoof