Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Omsendbrief 11/2026
Administratief
April 09, 2026
OB: 11 / 2026
10 April 2026
Geagte ouers
1. Lief en Leed
Ons verwelkom Mev. C Roos by Wiskunde graad 8 & 9 in die plek van Mev. T Bothma wat bedank het.
2. Tennis
25 Maart:
PNHS Dogters 1 v/s. Pretoria Girls High 2. PNHS 1 wen met 58 potte teenoor 8. Baie geluk aan Mia Rynners (10-1), Yolanda Pretorius (7-6), Miané du Plessis (10-1) en Kayla Fourie (10-1) wat almal hulle wedstryde wen. Dit was ons derde ligabepaling waarvan ons drie wen.
PNHS Dogters 2 v/s H/S Gerrit Maritz 1. PNHS 2 verloor met 21 potte teenoor 46. Baie geluk aan Anneke Le Roux (7-4) wat haar wedstryd wen. Dit was ons derde ligawedstryd, waarvan ons 1 wen en twee verloor.
26 Maart:
PNHS Seuns 0/15 B v/s Tuine 0/15 A. PNHS wen met 56 potte teenoor 11. Geluk aan SJ Labuschagne (11-0), Zander Pieterse (9-2), Neil Botha (7-4), en Callie Eksteen (11-0) wat hulle almal hul wedstryde wen. Dit was ons tweede ligawedstryd, waarvan ons beide wen.
3. Seuns Hokkie: Pretoria Liga 2: PNHS 1 v/s Maragon Mooikloof , weg, 25 Maart 2026
PNHS speel gelykop met 2 doele teenoor 2. Baie geluk aan Mark Gorma en Ewan Rynners wat doele aanteken. Dit was ons tweede ligawedstryd, waarvan ons een wen en een gelykop speel.
4. Rugby Vriendskaplik: PNHS v/s Rietondale High, 26 Maart 2026
| Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
|---|---|---|---|
| 0/14 B | PN | 20 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 4 |
| 0/14 A | Rieton | 35 | |
| 0/15 B | PN | 7 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
| 0/15 A | Rieton | 5 | |
| 0/16 B | PN | 28 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 3 |
| 0/16 B | Rieton | 22 | |
| 3de | PN | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1 | |
| 3de |
5. Wintersport Toere
- Baie welkom terug aan al ons spanne, wat gaan toer het. Dit was ‘n uitstekende geleentheid vir ons spanne om te ontwikkel en ons kry baie positiewe terugvoer. Dankie vir ons ouers, afrigters en akademies wat hierdie geleentheid vir ons spelers moontlik gemaak het.
- Netbal 0/14A, 0/15A, 0/16A, 0/17A en 1stes na Sportisimo vanaf 30 Maart tot 2 April. Ons spanne kry uitstekende afrigting op die baan, asook “Kop en hart” sessies en speel verskeie feeswedstryde oor 2 dae waar kombinasies en posisies uitgetoets word.
- Rugby 0/14 en 0/15 toer na Hoërskool Ermelo vanaf 1 – 4 April vir ‘n rugby week onder leiding van oud springbok afrigter Rudie Joubert. Ons 0/14 speel wedstryde teen H/S ermelo en H/S Middelburg. Ons 0/15 speel wedstryde teen Piet Retief, H/S Ligbron en H/S Ermelo.
- Rugby 0/16 en 1ste spanne toer na Glenwood vanaf 28 Maart – 2 April. Ons manne kry die geleentheid om op Kingspark na die Sharks te gaan kyk, besoek ook Shaka World waterpark. Ons 0/16 speel teen Zimbabwe en Hoër Volkskool Heidelberg. Ons 1ste span speel teen Potchefstroom Volkskool, BergsigAkademie en Landboudal.
- Hokkie spanne toer na Camp Discovery met verskeie wedstryde en vaardigheidsontwikkeling.Hokkie 0/15, 0/16, 2des en 1ste asook seuns 1ste spanne toer na Camp Discovery. Kry top afrigting van die NWU hokkiespan waar daar gefokus is op tegniese vaardighede, spelstrategieë en samespel. Nuwe vaardighede is op die proef gestel tydens 25 minuut wedstryde teenoor skole van regoor die land. 0/15 speel teen Frikkie Meyer, John Vorster, Overvaal, EG Jansen, Wesvalia en Curro Secunda. 0/16 speel teen John Vorster, Komatipoort, Overvaal, Marais Viljoen, Tuine en EG Jansen. 2de span speel teen Brandwag, Curro Secunda, Ellisras, Eric Louw, John Vorster. 1ste span speel teen Ferdinand Postma, John Vorster, Komatipoort, Labori, Maragon, Overvaal en Marais Viljoen. Ons Seuns speel teen Maragon, Kalahari, Curro Secunda, Erasmus, Birchleigh en Warmbad. Hierbenewens is verskeie spanbousessies onder die wakende oog van fasiliteerders gehou.
6. Waardebalkies
Baie geluk aan die volgende leerders wat waarde balkies verwower het:
- Anke Fernandez (10D) – lojaliteit
- Jessica Potgieter (10D) – lojaliteit
- Sandra Viviers (9C) – lojaliteit
- Lianie Potgieter (8F) – verantwoordelikheid
- Leonice Vermaakt (8A) – verantwoordelikheid
- Lené Bezuidenhout (8A) – lojaliteit
- Marné Havenga (8F) – lojaliteit
- Damian Smit (8D) – lojaliteit
7. Padwedloop: “Tshwane North Ultra marathon” 18 April 2026
PNHS is opgewonde om aan te kondig dat ons in venootskap gegaan het saam met City of Tshwane, Atletiek Gauteng-Noord, Mpileng Group, Addicted to Life, Madoko en Atteridgeville klub om hierdie kwalifiserende marathon vir die Comrades aan te bied. Padwedloop entosiaste kan aanlyn inskryf vir die 50km, 21km, 10km of 5km padwedlope by www.tshwanenorthultra.com. Kontaknommers: 0799654524 / 073 4973141.
Nommers vir die 5km padwedloop is ook nou by ons Finansies toonbank beskikbaar teen R 100.
8. Program vir die week
Woensdag, 8 April
- Graad 8 – 12, dag 1.
- Personeelvergadering (14:10, saal).
- Finansiële Komiteevergadering (17:00, konferensiekamer).
- Leier Akademievergadering (18:00, personeelkamer).
- Beheerliggaam Uitvoerende Komiteevergadering (19:00), Konferensiekamer.
Donderdag, 9 April
- Graad 8 – 12, dag 2 .
- ATKV Spelkompetisie uitdunne (15:15, K24).
- Tennis:
- 0/15 A Seuns v/s HTS John Vorster (14:30, weg).
- 0/15 B Seuns v/s Waterkloof (14:30, tuis).
Vrydag, 10 April
- Graad 8 – 12, dag 3.
- Graad 11 Top 10: Junior Tukkie Dag (08:00, UP).
- Debat: Interne Kompetisie (14:30, restaurant).
Saterdag, 11 April
- NWU reeks: Semi-Finale (08:00, Volksrus).
- Skaak: “Kloof Kings & Queens Clash” (09:00, H/S Waterkloof).
Maandag, 13 April
- Graad 8 – 12, dag 4.
- Bemarking: Laerskool besoeke.
- Graad 12: Addisionele Akademiese uur (14:00).
- Graad 12: IGO PAT (14:15, K10).
- Skaak Akademievergadering (18:00), personeelkamer.
- Rugby Akademievergadering (18:00), Konferensiekamer.
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof
