
Omsendbrief 11/2025
Administratief
April 08, 2025
OB: 11 / 2025
Geagte ouers
Welkom terug na die vakansie, ons wens u en u kind ‘n voorspoedige tweede kwartaal toe.
Lief en Leed
- Ons bid Mnr. Driescher ‘n spoedige en volkome herstel toe nadat hy gedurende die vakansie ongelukkig seergekry het en ‘n operasie moes ondergaan.
- Dit is met leedwese dat ons kennis geneem het van die afsterwe van een van ons ouers, Mnr. M Botes. Ons dra sy gesin op aan ons Hemelse Vader vir vertroosting met hul groot verlies.
- Baie welkom aan die volgende studente van NWU wat by ons aangesluit het vir waarneming: Me. Solana Botha (RTT) en Mnr. Kyle Pretorius (Afrikaans).
- Ons groet mev. Ruane Fourie wat ‘n pos by H/S Waterkloof aanvaar het. Ons beste wense vergesel haar.
Wintersport: Toere
Rugby na Ermelo, 28 Maart – 4 April 2025 (weg)
Sien pdf vir uitslae.
Netbal: Menlopark Toernooi, 29 Maart – 1 April 2025 (weg)
Sien pdf vir uitslae.
Bofbal: Nasionale Kampioenskappe
Baie geluk aan Donovan Wallendorf, Jayden Neethling en Nathan Oosthuizen wat baie goed gevaar het tydens die Nasionale kampioenskappe waar hulle span die finaal teen WP gewen het. Al drie seuns is ook opgeneem in die SA 0/18 Bofbal span vir die Wereldbeker wat September 2025 in Japan gaan plaasvind.
Afri-Eeufees: 8 Mei 2025
Ons nooi u uit om deel te wees van die viering van Afrikaans se 100ste bestaansjaar by die Afri-Eeufees:
Afrikaans 100-jaar Jonk Musiekfees!
Hierdie buitelugvertoning vind op Donderdag, 8 Mei, op die skool se rugbyveld plaas. Let asseblief daarop
dat daar geen geallokeerde sitplekke is nie – feesgangers moet hul eie kampstoele saambring.
Die musiekfees sluit ‘n vertoning en nagmark in. Daar sal ongelukkig geen pretparkritte wees nie.
Koelerbokse mag saamgebring word teen ‘n koste van R50 per boks, betaalbaar by die hek.
Kaartjies is reeds beskikbaar op d6 en Tixsa: https://bit.ly/4h2ZoEq
Om hierdie geleentheid nog lekkerder te maak, ding alle klasse en grade teen mekaar mee om te sien wie die
meeste kaartjies kan verkoop – met opwindende verrassings vir die wenners!
Indien ons ons teiken van 5 000 kaartjies behaal, sal die skool op Vrydag, 9 Mei, gesluit wees as beloning.
Kaartjie pryse:
- Volwassenes: R150pp
- Skoliere: R120pp (kinders onder 5 het gratis toegang)
- Gesinspakkette: R500 per pakket (2 Volwassene & 2 Skolier kaartjies)
- Goue Kraal: R6500 per tafel van 10
Die Goue Kraal BBP ervaring sluit ‘n peuselbord vir 10 en drinkgoed in. Goue Kraal kaartjiehouers kan ook hul eie koelerbokse saambring.
Ons sien daarna uit om hierdie spesiale mylpaal vir Afrikaans saam met u te vier!
Projek: MySPAR Ninapark
SPAR Ninapark gee weer aan skole in ons omgewing die geleentheid om fondse in te samel. Daar sal vanaf 24 Februarie 2025 tot 1 Junie 2025 ‘n houer vir elke skool wat deelneem in die winkel geplaas word. Ouers van daardie skool moet dan net na aankope hulle strokies in hulle skool se houer gooi en die skool sal dan 1% van daardie spandering ontvang. Die skool wat die meeste aankope ontvang sal ook ‘n bonus van R 12 000 ontvang, 2de meeste R 8000 en 3de meeste R 5000. Ons vra ons ouers om asb. PNHS te ondersteun deur net u strokie in die PNHS houer te gooi by Ninapark SPAR vanaf 24 Februarie 2025.
Leierskap: Gewysigde PN-Raad Konstitusie en Gedragskode
Geagte ouers en leerders neem asseblief kennis van hierdie baie belangrike inligting. Die Beheerliggaam het op 1 Maart 2025 die Konstitusie en Gedragskode van die PN-Raad hersien en gewysig. Hierdie beleidstuk is beskikbaar op die skool se webwerf vir besigtiging. Dit is van kardinale belang dat alle leerders (graad 8 tot 12) en ook ons ouers hulself vergewis van hierdie wysigings aangesien belangrike veranderings aangebring is rakende skoolbywoning, deelname aan skoolaktiwiteite en dissiplinêre aangeleenthede wat huidige en toekomstige kandidate vir die PN-Raad raak. Ons waardeer u samewerking en ondersteuning om ‘n positiewe aanslag op hierdie veranderinge tot voordeel van ons kinders en ons skool te bewerkstellig.
Uitteken van leerders
Geagte ouers en leerders ons vestig weer u aandag op die uitteken prosedure soos uiteengesit in die huiswekboek op bladsy 30. Wanneer ‘n leerder weet hy/sy gaan afwesig wees weens ‘n afspraak byvoorbeeld moet die ouer die skool reeds die dag voor die tyd daarvan verwittig. Die graadhoof en vakpersoneel sal dan die leerder op grond van hierdie brief reeds die vorige dag die leerder uitteken in sy / haar huiswerkboek. Op die dag van die afspraak sal die leerder dan net sy huiswerboek aan die betrokke personeellid wys waar hy / sy op daardie stadium is en dan beweeg na navrae waar sy ouer hom / haar uitteken.
By onbeplande gebeure soos siekte by die skool gaan die leerder na navrae wat dan die ouer sal skakel en indien nodig sal die ouer die leerder daar uitteken. Neem kennis dat ons personeel by navrae opdrag ontvang het om slegs binne hierdie prosedure leerders te laat uitteken en geen leerder sal uit ‘n klas geroep word nie.
Program vir die week
Dinsdag, 8 April:
- Skool begin.
- Graad 8 – 12, dag 5.
- Leierakademievergadering, 18:00 - Personeelkamer.
- Tennis: PNHS junior seuns vs Eldoraigne, tuis
Woensdag, 9 April:
- Graad 8 – 12, dag 6.
- Young Eagles NWU-dag (gr. 11 en 12 top-studente), 08:00 – 14:00, Heartfelt Arena.
- Interne vasvrae – 14:00.
- Tennis: PNHS 1 (dogters) vs Silverton, tuis.
- Tennis: PNHS 2 (dogters) vs Curro Roodeplaat, weg.
- Kultuurakademievergadering, 17:30 – k.21.
Donderdag, 10 April:
- Graad 8 – 12, dag 1.
- Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 1, 14H15 – 15H00.
- Tennis: PNHS junior seuns vs Centurion, weg.
Vrydag, 11 April:
- Graad 8 – 12, dag 2.
- Tennis: PNHS 1 (seuns) vs Zwartkop, weg.
- Tennis: PNHS 2 (seuns) vs HTS John Vorster, weg.
Saterdag, 12 April:
- Leierskapontwikkelingsdag, 08:00 – 13:00.
- NWU 16 Semi-finale, weg, Groblersdal. Busse vertrek om 04:00.
- Leerders meld aan om 03:30.
Maandag, 14 April:
- Graad 8 – 12, dag 3.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
- Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 2, 14H15 – 15H00.
- Rugby-akademievergadering, 17:00, Konferensiekamer.
- Noorderlig-vergadering, 18:00, Restaurant.
Vriendelike Groete
Mev. C. Erasmus
Waarnemende Hoof