Omsendbrief 11/2023

Omsendbrief 11/2023


Administratief
March 22, 2023


OB: 11 / 2023

Geagte ouers
Tennis:

15 Maart:

Dogters 1ste span v/s Saint Mary’s 2. PNHS verloor met 4 potte teenoor 63. Dit was ons vyfde ligawedstryd, waarvan ons vyf verloor.

16 Maart:

Seuns 0/15 v/s Midstream College 0/15 B. PNHS verloor met 31 potte teenoor 36. Baie geluk aan Rohan Louw (9-2) en Anthony Daubern (6-5) wat hul wedstryde wen. Ian van der Zel en Anthony Daubern (8-3) wen ook hul dubbels wedstryd. Dit was ons eerste ligawedstryd.

17 Maart:

Seuns 1ste span v/s Pretoria Boys High 6. PNHS verloor met 19 potte teenoor 48. Geluk aan Arno Mostert (7-4) wat sy wedstryd wen. Dit was ons eerste ligawedstryd.

Wintersport: PNHS v/s Rietondale High (vriendskaplik), 16 Maart 203, tuis
Skool PN Riet PN Riet PN Riet PN Riet PN  
Rugby 0/14B 0/14A 0/15B 0/15A 0/16B 0/16A 2de 1ste    
Seuns 30 10 31 24 41 8 10 15    
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 1 - 1 - 3 - 2 -
Verloor 0 - 0 - 0 - 1 - 1 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Eerste Kwartaal: English Evening, 15 Maart 2023

Baie geluk aan die volgende wenners:

Junior Voordrag:

(3de) Anru Moolman
(2de) Martinique Kruger
(1ste) Riana Bezuidenhout

Senior Voordrag:

(3de) Kaelo Muhammed
(2de) Kimberley Chatadca
(1ste) Nantes Niemand

Junior Toesprake:

(2de) Riley Venter
(1ste) Raynard Bosman

Senior Toesprake:

(3de) André Haarhoff
(2de) Delinda Josling
(1ste) Duncan Paulse

Interne Brugboukompetisie, 10 Maart 2023

Baie dankie aan al die leerders wat deelgeneem het. Baie geluk aan die volgende wenners:

5de: Shawron Oliphant, Johan Jacobs en Zander Kruger, 166g brug dra 17kg.
4de: Marx du Plessis, Euan du Plessis en Rohan Louw, 153g brug dra 17kg.
3de: Egin van der Watt, Dawid Briel en Prometheus Voyitzakis, 131g brug dra 20kg.
2de: Crishelle Nieuwoudt, Kaelo Muhammed en Kimberley Chatadza, 141g brug dra 22kg.
1ste: Ulrich Gouws, Matthew Kilfoil en Carel Greyling, 126g brug dra 47kg

PNHS Karnaval 2023, 5 Mei
  • Kunstenaars: Droomsindroom, Refentse en Jo Black
  • Seremoniemeester: Ruben Delmage
  • Mallemeule, kosstalletjies en Moedersmark.
  • Volwassenes en hoërskoolleerders: R150-00 per persoon.
  • Voorskool en laerskoolleerders: Gratis (met die aankoop van twee volwasse toegangskaartjies)
  • Mallemeulepakette: R250-00 per pakket vir Vrydagaand en Saterdagaand.
  • Gelukkige trekking kaartjies: R10-00 per kaartjie.
  • Kaartjies sal van 12 April 2023 te koop wees.
  • Groot pryse vir leerders wat die meeste kaartjies en kompetisieboekies verkoop.
Uiiteken van Leerders

GGeagte ouers ons ondervind eindelose probleme met die stroom leerders wat daagliks gedurende skoolure, veral op Vrydae, uitgeteken moet word. Kragonderbrekings maak dit ook vir ons ‘n reuse probleem om leerders uit klasse te gaan haal.

Vergewis u asseblief van die reëls vir uitteken in die huiswerboekie onder “Algemene skoolreëls, paragraaf 3 “Afwesigheid”:

  • Indien ‘n leerling vroeër moet huis toe gaan, moet die skool ten minste ‘n dag voor die tyd per brief daarvan verwittig word sodat die toestemmingsbrief in gereedheid gebring kan word.
  • Die brief moet gedurende voogperiode deur die leerder na die graadhoof geneem word en die uittekentabel in die huiswerkboek op bladsy 168 – 172 moet dan voltooi word.
  • Wanneer die leerder moet uitgaan wys hy / sy die huiswerkboek vir die vakonderwyser en kom self na die navraetoonbank op die gegewe tyd om u te ontmoet.
  • In ‘n uiterste noodgeval waar omstandighede dit onmoontlik maak om vooraf vir die skool kennis te gee, moet die ouer of wettige voog, self-die leerder kom uitteken by navrae. Enige ander persoon wat gestuur word om ‘n leerder by die skool af te haal moet in besit wees van ‘n oorspronklike getekende brief van die ouer wat die skool kan liasseer. Geen e-posse of whatsapp boodskappe sal aanvaar word nie.
Solar-tenders vir Hoërskool Pretoria-Noord
  • Tenders vir ‘n solar-kragoplossing vir Hoërskool Pretoria-Noord open op 13 Maart 2023.
  • Tenderdokumente is beskikbaar by ons navrae-toonbank vanaf 13 Maart 2023.
  • Tenders sluit op 13 April 2023 om 14H00.
H/S Pretoria-Noord 1943 - 2023: Tagtigjarige Bestaansvieringe:
  • ‘n Spesiale das om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R 150-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie das by hul wintersdrag dra.
  • ‘n lapelknopie om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R 50-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie knopie by hul skooldrag dra.
  • Die volgende PNHS gedenkwyne is beskikbaar by ons Finansiële kantoor gedurende skoolure, teen R 120-00 per bottel (slegs te koop aan persone ouer as 18 / geen leerders): PNHS Wapad Merlot / PNHS Noord Sauvignon Blanc en die PNHS Fakkel Rosé.
Hokkie Astro 2023

U sou reeds op facebook kennis geneem het dat ons Hokkie Akademie ‘n projek van stapel gestuur het om fondse te in vir die bou van ‘n Astro baan. ‘n Donasie van R 800-00 kan geskenk word om ‘n blok 1m² te borg. Alle donateurs se name sal op ‘n bord by die baan aangebring word. U maak u betaling aan: Bank: ABSA / Naam: PTA NRD HOëRSKOOL FNDS / Rek. Nr.: 60650012 / Takkode: 632005 / Verwysing: ASTRO + NAAM + VAN.


Program vir die week
Maandag, 20 Maart:
  • Skoolvakansiedag.
Dinsdag, 21 Maart:
  • Menseregtedag
Woensdag, 22 Maart:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
Donderdag, 23 Maart:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Rugbytoer: 0/16 toer vertrek om 13H30 na Bethlehem, H/S Voortrekker Prestige Rugbyweek, 23 – 27 Maart 2023.
Vrydag, 24 Maart:
  • Toetsdag.
  • Skool sluit 11H00.
  • Rugbytoer: 0/14 en 0/15 vertrek om 11H30 na Tzaneen vir Ben Vorster Rugbyweek: 24 – 29 Maart 2023.
Vrydag, 31 Maart:
  • Rugbytoer: Seniors vetrek om 05H00 na Glenwood Rugby Festival: 1 – 6 April 2023.
Woensdag, 12 April:
  • Skool heropen.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug