Omsendbrief 11/2022

Omsendbrief 11/2022


Administratief
April 05, 2022


OB: 11 / 2022

Geagte ouers
Lief en Leed

Baie welkom terug vir die 2de kwartaal, ons bid vir u en u kind ‘n gesëende nuwe kwartaal toe.

Tennis

16 Maart:

PNHS 1ste seuns v/s Hartebeespoort. PNHS wen met 34 potte teenoor 33. Geluk aan Owen Kuhn (8-3) wat sy wedstryd wen. Owen Kuhn en Arno Mostert (10-2), Zander Bronkhorst en Devon Esterhuizen (6-5) wen hulle dubbelswedstryde. Dit was ons seuns 1ste span se tweede ligawedstryd, waarvan hulle 1 wen en een verloor.

Wintersport
Netbal

Ons 1ste span neem deel aan die Menlopark toernooi:

Vrydag, 18 Maart:

PNHS 1 wen Curro Heuwelkruin 34 – 15.
PNHS 1 verloor teen H/S Merensky 12 – 24.

Saterdag, 19 Maart:

PNHS 1 verloor teen H/S Montana 19 – 20.
PNHS 1 verloor teen H/S Ferrum 16 – 23.

Op 31 Maart 2022 besoek H/S Hans Strijdom ons:

  • PNHS 0/14 A wen 16 – 12.
  • PNHS 0/15 A wen 25 – 19.
  • PNHS 0/16 A verloor met 18 – 19.
  • PNHS 1 wen met 36 – 9.

Baie geluk aan die volgende dogters wat deurdring na die Gauteng netbalproewe:

0/15: Jonéh Swart
0/16: Rina Mamobolo
0/17: Marang Mothupi
0/19: Thuto Modise

Rugby

Camp Discovery toernooi 21 – 23 Maart:

21 Maart:

PNHS 0/14 wen H/S Ermelo 14 – 0.
PNHS 0/15 wen H/S Ermelo 15 – 14.
PNHS 0/16 verloor teen H/S Bergsig 15 – 29.

22 Maart:

PNHS 0/14 gelykop teen H/S Bergsig 14 – 14.
PNHS 0/15 wen H/S Centurion 67 – 0.
PNHS 0/16 wen Curro Nelspruit 31 – 17.

23 Maart:

PNHS 0/14 verloor teen H/S Pietersburg 0 – 29.
PNHS 0/15 verloor teen H/S Hans Moore 17 – 19.
PNHS 0/16 verloor teen H/S Pietersburg 12 – 17.

Ons 1ste span toer Suidkus toe en speel ‘n wedstryd teen die Sharks 0/19 Akademiespan en verloor 10 – 55.

Sport buite skoolverband

Baie geluk aan Monique Fourie wat op 14 Maart ‘n brons medalje verower in perde spring.

Eerste Kwartaal Interne Vasvra kompetisie, 16 Maart

Dankie vir almal wat ingeskryf het en geluk aan die volgende wenners:

Graad wenners:

Graad 8:

3de plek: Santino Engelbrecht en Marx du Plessis 68%.
2de plek: Rohan Louw 70%.
1ste plek: Kaylynne van Staden en Arné Vorster 73%

Graad 9:

3de plek: Hantoné du Plessis, Duncan Paulsen en Tristan Tingtinger 65%.
2de plek: Marique Bam 68%.
1ste plek: Dané Louw en Ruan Olwagen 73%.

Graad 10:

3de plek: Armand Bosman en André Haarhoff 70%.
2de plek: Caitlin van Staden 75%.
1ste plek: Bea-Mae Lombard en Juané Pretorius 78%.

Graad 11:

3de plek: Dehan Smith 65%.
2de plek: Shauwron Oliphant 75%.
1ste plek: Ulrich Gouws 80%.

Graad 12:

3de plek: Michnette du Plessis en Kade Wyngaard 65%.
2de plek: Stefan Botha 70%.
1ste plek: Janeco Coetzee en Danica Grobler 73%.

Algehele wenners:

3de plek: Caitlin van Staden en Shauwron Oliphant 75%
2de plek: Bea-Mae Lombard en Juané Pretorius 78%.
1ste plek: Ulrich Gouws 80%.

Kwartaal 2 se interne vasvra is op Woensdag, 20 April.

Werksgeleentheid

Een van ons terrein-assistente het bedank en dit laat ons met ‘n vakante pos.

  • Salaris is ‘n insluitende pakket van R 71 839-00 per jaar.
  • Aansoeke kan per hand ingedien word by die navraetoonbank of elektronies gestuur word na [email protected] vir aandag die hoof.
  • Sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag, 29 April 2022 om 14H00.
Jaarblad 2021

Alle ouers wat verlede jaar, hulle jaarblaaie bestel en betaal het en dit nog nie ontvang het nie moet asseblief dringend hulle bewys van betaling na Mev. K Portheine in K 20 stuur vir ontvangs van hul 2021 jaarblad.


Program vir die week
Dinsdag, 5 April:
  • Graad 8 – 12, dag 6
  • Personeelvergadering, 14H15, saal.
Woensdag, 6 April:
  • Graad 8 – 12, dag 1
  • Gasvryheidstudies: PAT sessie, 14H15-16H00, K 73.
  • PN-Raadvergadering, 14H15, K 81.
Donderdag, 7 April:
  • Graad 8 – 12, dag 2
  • Hokkie: Pretoria liga 1: PNHS v/s Curro, 15H00, Pretoria Technicon.
  • VLR-vergadering, 14H10, K 1.
  • Junior seuns tennis v/s Montana, 14H30, weg.
Vrydag, 8 April:
  • Graad 8 – 12, dag 3
  • Skool sluit om 11H00. Wintersport vertrek na H/S Pionier Vryheid.
  • Senior seuns tennis v/s Southdowns, 14H30, tuis.
Saterdag, 9 April:
  • PUK 16: Semi-Finaal, 09H00, H/S Pionier Vryheid.
  • Gauteng-Noord Water Kompetisie, 09H30 – 13H15, Zutari kantore Menlyn. Vertrek om 08H00 by PNHS.
Maandag, 11 April:
  • Graad 8 – 12, dag 4
  • Mnr. en Mej PNHS inskrywings open.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Rugby Akademievergadering, 17H30, Konferensiekamer.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug