Omsendbrief 11/2021

Omsendbrief 11/2021

Administratief
April 08, 2021


OB: 11 / 2021

Geagte ouers
Lief en Leed
  • Baie welkom aan Mej. E Pieterse wat by ons aangesluit het. Sy is ons eerste student van Akademia vir mentorskap by PNHS. Sy doen haar mentorskapprogram in EBW by Mej. R Swart.
Skoolbywoning

Skoolbywoning vir die week 5 tot 9 April: graad 8: 93%, graad 9: 97%, graad 10: 90%, graad 11: 95% en graad 12: 90%. Ons wil net weer beklemtoon hoe belangrik skoolbywoning is veral binne die rotasiestelsel wat ons tans volg. Ons versoek dat ons ouers sal toesien dat u kind wel by die skool is op die dae wat hulle hier moet wees. Ons kan die belangrikheid van die verband tussen skoolbywoning en akademiese vordering genoeg beklemtoon nie!

Gegewe die verslapping in COVID 19 regulasies asook inligting in staatskoerant, 668 van 12 Februarie 2021 het ons Beheerliggaam ‘n versoek gerig aan ons distrik direkteur om H/S Pretoria-Noord weer te heropen op 100% kapasiteit vir kwartaal 2. Ons hou u op hoogte van ons vordering in hierdie verband.

Tennis

9 April:

PNHS Seuns 1ste span v/s H/S Wilgers, weg. PNHS wen met 50 potte teenoor 17. Geluk aan: L du Plessis (9-2), E van Wyk (6-5), O Kuhn (9-2) en A Mostert (8-3), wat almal hulle wedstryde wen. Dit was ons Seuns 1ste span se eerste ligawedstryd.

Atletiek: Gauteng-Noord Kampioenskappe

Baie geluk aan die volgende atlete van H/S Pretoria-Noord wat deelgeneem het: Damien Engelbrecht (Skyfwerp) 13de plek, Kyle Engelbrecht (Verspring) 9de plek en (Hoogspring) 6de plek, Dané McNay (Driesprong) 3de plek, Ryan Cilliers (Spiesgooi) 3de plek en Edie van Zyl (Hamergooi) 2de plek.

Die Gauteng-Noord span wat aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe van 7 tot 10 April in Paarl gaan deelneem sal eersdaags bekend gemaak word.

Interne vasvra: 1ste kwartaal, 31 Maart 2021

Baie geluk aan die volgende wenners:

Graadwenners:

Graad 12: Dejuan Erasmus en Anri Louw (1ste), Carla Taljaard (2de)

Graad 11: Paul Kohls (1ste), Janeco Coetzee (2de) en Kade Wyngaard (3de).

Graad 10: Ulrich Gouws (1ste), Shauwron Oliphant (2de) en Leonard McGeer (3de).

Graad 9: André Haarhof (1ste), Juané Pretorius (2de) en Bea-Mae Lombard (3de)

Graad 8: Kylie Tlaile (1ste), Henco van der Merwe (2de) en Dané Louw (3de)

Algehele wenners:

1ste plek: Ulrich Gouws met 75%

2de plek: André Haarhof en Shauwron Oliphant met 72, 5%

3de plek: Juané Pretorius met 70%

Leierskap: Junior Stadsraad

Baie geluk aan Ulrich Gouws wat aangewys is as H/S Pretoria-Noord se verteenwoordiger op die Pretoria Junior Stadsraad.

D6 Skool Kommunikeerder

Ons het het hierdie jaar oorgeskakel na die D6 administratiewe program om dit vir u makliker te maak. Skakel asseblief so vining as moontlik hierby in sodat u alle nodige kommunikasie van die skool kan ontvang, gemaklik betalings kan maak en u kind se punte en skoolwerk kan monitor.

Opstelling (teken in of registreer)
  • Laai die D6 Connect toepassing met die swart en wit ikoon af by die Google AppStore. Wanneer u die toepassing oop gemaak het, gaan u versoek word om u selfoon-nommer en wagwoord in te sleutel of in te teken as u ‘n reeds geskepte profiel het.
  • Indien u nie alreeds ‘n profiel het nie, dan gaan u as ouer sien daar is ‘n “registreer”knoppie. U kan daarop klik en die nodige inligting verskaf. Hierna gaan u ‘n OTP verifikasiekode ontvang wat u moet insleutel. Indien suksesvol, sal u na die “boodskapmuur” geneem word.
Koppel u kind of kinders
  • Klik op die drie strepies links bo om u kind se skool te kies. Klik ook op die “Koppel” knoppie om u kind as ‘n leerder aan u profiel te koppel. Kies nou die skool naam of leerder naam (verkieslik) en klik daarop. Nou kan u boodskappe van die skool ontvang.
  • Kies nuus, kalender, bronne of inligting onder. Die inligting opsie gee u ‘n “leerder inligting”-opsie waarop u kan klik. Dit gee u die leerder se punte, huiswerk, dissipline, afwesighede, finansies, leerderinligting en volgelinge. Hierdie is alles opsies waarop u kan klik om dit te monitor.
  • Die toepassing is streng en verifieer dat slegs kinders wat reeds aan ouers in dieselfde familiekode gekoppel is op die stelsel, aan mekaar op die profiel gekoppel kan word. ID nommers moet dus ook korrek ingelees wees op die stelsel. Dit sluit ouers se korrekte selnommers in wat die ontvang van OTP verifikasie kodes gedurende die inteken en registrasie proses moontlik maak.
Leerder Ondersteuning Akademie: Noorderlig
  • Noordehoekie tye: Maandae: 07H00 – 08H00 Donderdae: 07H00 – 08H00.
  • Indien ‘n persoon nood het en nie in daardie tye kan kom nie, skakel met ons navraetoonbank sodat ons ‘n afspraak kan maak met tannie Antoinette om u te help.
  • Indien daar nog ouers is wat wil deel word van die omgee-groep kan u gerus ‘n e-pos aan ons voorsitster stuur by: [email protected]
  • Ondersteun asb ons saaidag tot en met 23 April 2021.
Bemarking: PNHS – “WOES”-aanlynvertoning, 7 Mei 2021

Die beplande Karnaval wat op 7 Mei 2021 sou plaasvind sal ongelukkig nie kan voortgaan nie as gevolg van die huidige staat van inperking.

Ons kondig egter met trots aan dat PNHS in samewerking met WOES ‘n aanlynvertoning op 7 Mei 2021 gaan aanbied.

Die aanbieders is Hamilton Wessels en Jaco van Dyk, die gaskunstenaar is die immergewilde Ricus Nel en die seremoniemeester, Ruben Delmage van Groot FM.

Hierdie vertoning sal op 8 verskillende aanlynplatvorms uitgesaai word vir ons ouers, leerders en vriende van PNHS. Enige iemand kan na die vertoning kyk in die gemak van hulle eie huise nie net in Suid-Afrika nie maar ook in die buiteland.

Hierdie vertoning word gratis aangebied en is daar dus geen kostes aan verbonde om dit te kyk nie. U kan egter ‘n verskil maak deur deel te neem aan die aanlynveiling wat die aand sal plaasvind sowel as die lootjies wat verkoop word. Ons het reeds ‘n hele paar waardevolle pryse op die spel.

Daar is ook uitstekende bemarkingsgeleenthede beskikbaar waar besighede kan adverteer om potensieel tussen 20 000 en 40 000 kykers te bereik. Kontak gerus vir Anneke Smith ([email protected]) om van hierdie gesogte advertensiespasies te bekom.

Nooi dus al u vriende en familie om op 7 Mei 2021 aan hierdie “eerste in die Noord” aanlynvertoning deel te neem en ons fondsinsamelingsprojek te ondersteun.

Gratis Aanlyn Konsert:

Volg die skakel en gaan stel sommer nou al u “reminder” https://youtu.be/2saTQaLET8w

Lootjie Kaartjies:

Volg die skakel om nou al u kaartjie te koop vir die gelukkige prystrekking wat aan die einde van die program plaasvind. http://bit.ly/3cXEjvX

Beheerliggaam-verkiesing, 6 April 2021

Baie geluk aan die volgende ouers wat verkies is tot ons nuwe Beheerliggaam:


Program vir die week
Vrydag, 9 April:
  • Graad 8 – 12 groep A, dag 1.
  • Bemarking: Besoek Danie Malan, 10H00.
Maandag, 12 April:
  • Graad 8 – 12 groep B, dag 1.
Dinsdag, 13 April:
  • Graad 8 – 12, groep A, dag 2.
  • PNHS Netbalproewe, 15H15 – 18H00, netbalbane.
Woensdag, 14 April:
  • Graad 8 – 12 groep B, dag 2.
Donderdag, 15 April:
  • Graad 8 – 12 groep A, dag 3
  • Tennis: 0/15 seuns, 14H00, H/S Tuine.
  • PNHS Opedag, 15H00 – 20H00, per afspraak.
Vrydag, 16 April:
  • Graad 8 – 12 groep B, dag 3
  • Tennis: 1ste seuns, 14H00, Queenswood tennisklub.
  • PNHS Rugbyproewe 0/14, 14H30 – 15H30, A-rugbyveld.
  • PNHS Rugbyproewe 0/15, 15H30 – 16H30, A-rugbyveld.
Saterdag, 17 April:
  • PNHS Hokkieproewe, 08H00, hokkieveld.
  • PNHS Rugbyproewe, 0/16, 08H00 – 09H00, A-rugbyveld.
  • PNHS Rugbyproewe, Seniors, 09H00 – 10H00, A-rugbyveld.
Maandag, 19 April:
  • Graad 8 – 12 groep A, dag 4.
Dinsdag, 20 April:
  • Graad 8 – 12 groep B, dag 4

Vriendelike Groete

CJC DriescherHoof

Aflaai aanhangsel

Terug