Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Omsendbrief 10/2026
Administratief
March 23, 2026
OB: 10 / 2026
Geagte ouers
1. Akademie: Wiskunde Olimpiade, 12 Maart 2026
Baie dankie aan al ons leerlinge wat deelgeneem het. Deelname sertifikate is uitereik aan:
| Graad | Leerders |
|---|---|
| Graad 8 | Jana Bekker & Léru Snyman |
| Graad 9 | Jan-Hendrik van Wyk, Angelique Jonker, Alexander Cloete, Caitlyn Patterson, Janco Schoonraad & Chanté Walkinshaw |
| Graad 10 | Hlolo Raophala, Ziané Nel & Helé Lottering |
| Graad 11 | Michael De Villiers, Raynard Bosman, Jayden De Villiers, Patrick van Staden, Duncan Nelson & Ruan Schoonraad |
| Graad 12 | GP Engelbrecht & Dehan Joubert |
Baie geluk aan die volgende leerders wat deurring na die tweede rondte op 14 Mei 2026:
Janco Schoonraad, Helé Lottering, Michael De Villiers, Raynard Bosman & Duncan Nelson
2. Tennis
18 Maart:
- PNHS Dogters 1 v/s Garsfontein E — Garsfontein onttrek, PNHS kry punte. Dit was ons tweede ligabepaling waarvan ons beide wen.
- PNHS Dogters 2 v/s Die Wilgers — PNHS wen met 44 potte teenoor 23. Baie geluk aan Anneke Le Roux (9-2) en Miané du Plessis (11-0) wat hul wedstryde wen. Dit was ons tweede ligawedstryd, waarvan ons 1 wen en een verloor.
19 Maart:
- PNHS Seuns 0/15 A v/s Eduplex 0/15 A — PNHS wen met 67 potte teenoor 0. Geluk aan Phillip Beukes (11-0), Dario van Deventer (11-0), Raven Petersen (11-0) en Cilliers Janse van Rensburg (11-0) wat almal hul wedstryde wen. Dit was ons eerste ligawedstryd.
- PNHS Seuns 0/15 B v/s Sutherland 0/15 A — PNHS wen met 52 potte teenoor 15. Geluk aan SJ Labuschagne (9-2), Zander Pieterse (11-0) en Callie Eksteen (11-0) wat hulle wedstryde wen. Dit was ons eerste ligawedstryd.
3. Netbal Proewe: Interdistrik, 19 Maart 2026 (Tuis)
Baie geluk aan die volgende spelers wat deurring na die Tshwane proewe:
| Ouderdomsgroep | Spelers |
|---|---|
| 0/14 | Tebogo Malope, Luane Peterson, Unarine Radzilani & Miandri Yssel |
| 0/15 | Ayisha Kritzinger, Jeanique Huygen & Moratiwa Matlala |
| 0/16 | Annemi Brits, Helé Lottering, Ruché Mollentze, Liani Swanepoel, Miané Du Plessis, Corneli Lingenfelder & Ziané Nel |
| 0/17 | Amorey Wallendorf, Anelskha Van Dyk, Fortune Magongoa, Mia Rynners & Lisa Grobler |
| 0/18 | Anje Maritz, Elmari Fourie, Emaré Delport & Liané Schutte |
Rondte 2 — Tshwane proewe, Dinsdag 24 Maart 2026:
- 0/14 & 0/15 by Hoërskool Garsfontein
- 0/16 & 0/17 by Hoërskool Pretoria-Noord
- 0/18 by Hoërskool Erasmus
4. Beheerliggaam Tussenverkiesing
Baie dankie vir al ons ouers wat deelgeneem het. ‘n Kworum is behaal en ons verkiesing kon daarmee afgehandel word.
Baie dankie aan ons uittredende lede vir hulle uitstekende en troue diens aan die skool:
- Mnr. Corné Botha — Onder Voorsitter & leier akademie
- Mev. Marthie Engelbrecht — Dissipline
- Mev. Tanya Breytenbach — Noorderlig
- Me. Carina Bam — Voorrade & Toerusting / Dissipline
- Mev. Hildegard Haarhoff — Leerder Prestasie
Baie geluk aan ons nuut verkose lede:
- Mev. Arina Brits
- Mev. Lezelle Koekemoer
- Mev. Anelia Kruger van Staden
- Mev. Corné Labuschagne
- Mnr. Peirru Marx
5. PNHS Ondersteuners (Artikel 21): Mandjiedans, 21 Maart 2026 — Skoolsaal
Baie dankie vir almal wat bygewoon het om ‘n uiters genotvolle aand moontlik te maak.
6. Padwedloop: Tshwane North Ultra Marathon — 18 April 2026
PNHS is opgewonde om aan te kondig dat ons in vennootskap gegaan het saam met die City of Tshwane, Atletiek Gauteng-Noord, Mpileng Group, Addicted to Life, Madoko en Atteridgeville klub om hierdie kwalifiserende marathon vir die Comrades aan te bied.
Padwedloop entoesiaste kan aanlyn inskryf vir die 50km, 21km, 10km of 5km padwedlope by www.tshwanenorthultra.com.
- Kontaknommers: 079 965 4524 / 073 497 3141
- Nommers vir die 5km padwedloop is ook nou by ons Finansies toonbank beskikbaar teen R100.
| Afstand | Inskrywingsgeld | Temp Lisensie | Beginyd |
|---|---|---|---|
| 50km | R495 | N/B | 06:00 |
| 21km | R290 | R70 | 06:00 |
| 10km | R200 | R70 | 06:30 |
| 5km | R100 | N/B | 06:45 |
Grand Master pryse ook beskikbaar — besoek die webwerf vir besonderhede.
Program vir die Week
Maandag, 23 Maart
- Graad 8 – 12, dag 3.
- Detensie 14H15 – 15H15.
- Graad 12 IGO PAT: 14H15-15H15, K9
Dinsdag, 24 Maart
- Graad 8 – 12, dag 4.
- Graad 11 Restaurantaand, 18H00, restaurant.
- Netbal proewe: 0/14 & 0/15 by H/S Garsfontein.
0/16 & 0/17 by H/S Pretoria-Noord.
0/18 by H/S Erasmus.
Woensdag, 25 Maart
- Graad 8 – 12, dag 5.
- Seuns Hokkie: PNHS v/s Maragon Mooikloof, 14H30, weg.
- Tennis: Dogters 1ste v/s Girls High, 14H30, Pretoria-Noord Klub.
Dogters 2de v/s Gerrit Maritz, 14H30, weg.
Donderdag, 26 Maart
- Graad 8 – 12, dag 6
- Rugby: B-spanne v/s Rietondale High, 14H30, tuis.
- Tennis: Seuns 0/15B v/s Tuine, 14H30, weg.
Vrydag, 27 Maart
- Graad 8 – 12, dag 1
- Rugby Toer 0/16 en 1ste spanne na Glenwood, 27 Maart – 1 April.
Vertrek om 04H00. - Skool sluit om 11H00.
Saterdag, 28 Maart
- Revue Dagkamp, 07H30 – 18H00, PNHS saal.
Maandag, 30 Maart
- Netbal Oefenkamp by Sportisimo, 30 Maart – 2 April, vertrek om 07H00.
Dinsdag, 31 Maart
- Rugby Toer 0/14 en 0/15 na Ermelo, 31 Maart – 2 April, vertrek om 04H00.
Saterdag, 4 April
- Hokkie Toer na Camp Discovery, 4 April – 7 April, vertrek om 09H00.
Woensdag, 8 April
- Skool heropen om 07H20.
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof
