
Omsendbrief 10/2025
Administratief
March 24, 2025
OB: 10 / 2025
Geagte ouers
Tennis: Senior Dogters Liga 2
19 Maart 2025:
PNHS Dogters 1 v/s Garsfontein. PNHS verloor met 32 potte teenoor 35. Geluk aan Kayla Fourie (8-3) wat almal haar wedstryd wen. Mia Ryners en Dima Khoza (8-4) wen ook hul dubbels wedstryd. Dit was ons derde ligawedstryd, waarvan ons twee wen en een verloor.
PNHS Dogters 2 v/s Tuine 1. PNHS wen met 51 potte teenoor 16. Baie geluk aan Yolanda Pretorius (9-2), Anneke Le Roux (11-0) en Lize Meiring (9-2), wat hulle wedstryde wen. Yoalanda Pretorius en Anneke Le Roux (12-0) wen ook hul dubbels wedstryd. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan ons beide wen.
20 Maart 2025:
PNHS Seuns 0/15 B v/s HTS John Vorster. PNHS wen met 35 potte teenoor 32. Geluk aan Raven Pieterse (8-0), Remi van Kleef (9-2) en SJ Labuschagne (11-0) wat almal hulle wedstryde wen. Raven Pieterse en Remi van Kleef (7-5) wen ook hul dubbels wedstryd. Dit was ons eerste ligawedstryd.
Sagtebal: Nasionale Mans Kampioenskappe, 20–23 Maart 2025, Rustenburg
Baie geluk aan Mnr. JP Pienaar en Jayden Neethling wat Gauteng op hierdie Kampioenskappe verteenwoordig. Gauteng wen silwer nadat hulle teen Limpopo in die finaal verloor tydens hierdie Kampioenskappe. Jayden Neethling word ook aangewys as die tweede beste “pitcher” op die toernooi.
Fisiese Wetenskppe: Gauteng: SAICE Waterkompetisie, 15 Mart 2025, H/S Oos Moot
Baie geluk aan Ruan Olwagen, James Ashby en Jason Fourie wat ‘n tweede plek behaal in die provinsiale rondte van die kompetisie.
Waardebalkies
Baie geluk aan die volgende leerders wat waardebalkies verower:
Graad 8: Alexander Cloete - Respek.
Martin Dobson – Lojaliteit.
Gerrit Venter – Verantwoordelikheid.
Darren Lombard – Verantwoordelikheid.
Chayce Barlow – Lojaliteit
Graad 9: Sulé Vorster – Respek.
Graad 11: Juvan Schwan – Lojaliteit.
Afri-Eeufees: 8 Mei 2025
Ons nooi u uit om deel te wees van die viering van Afrikaans se 100ste bestaansjaar by die Afri-Eeufees:
Afrikaans 100-jaar Jonk Musiekfees!
Hierdie buitelugvertoning vind op Donderdag, 8 Mei, op die skool se rugbyveld plaas. Let asseblief daarop
dat daar geen geallokeerde sitplekke is nie – feesgangers moet hul eie kampstoele saambring.
Die musiekfees sluit ‘n vertoning en nagmark in. Daar sal ongelukkig geen pretparkritte wees nie.
Koelerbokse mag saamgebring word teen ‘n koste van R50 per boks, betaalbaar by die hek.
Kaartjies is reeds beskikbaar op d6 en Tixsa: https://bit.ly/4h2ZoEq
Om hierdie geleentheid nog lekkerder te maak, ding alle klasse en grade teen mekaar mee om te sien wie die
meeste kaartjies kan verkoop – met opwindende verrassings vir die wenners!
Indien ons ons teiken van 5 000 kaartjies behaal, sal die skool op Vrydag, 9 Mei, gesluit wees as beloning.
Kaartjie pryse:
- Volwassenes: R150pp
- Skoliere: R120pp (kinders onder 5 het gratis toegang)
- Gesinspakkette: R500 per pakket (2 Volwassene & 2 Skolier kaartjies)
- Goue Kraal: R6500 per tafel van 10
Die Goue Kraal BBP ervaring sluit ‘n peuselbord vir 10 en drinkgoed in. Goue Kraal kaartjiehouers kan ook hul eie koelerbokse saambring.
Ons sien daarna uit om hierdie spesiale mylpaal vir Afrikaans saam met u te vier!
Projek: MySPAR Ninapark
SPAR Ninapark gee weer aan skole in ons omgewing die geleentheid om fondse in te samel. Daar sal vanaf 24 Februarie 2025 tot 1 Junie 2025 ‘n houer vir elke skool wat deelneem in die winkel geplaas word. Ouers van daardie skool moet dan net na aankope hulle strokies in hulle skool se houer gooi en die skool sal dan 1% van daardie spandering ontvang. Die skool wat die meeste aankope ontvang sal ook ‘n bonus van R 12 000 ontvang, 2de meeste R 8000 en 3de meeste R 5000. Ons vra ons ouers om asb. PNHS te ondersteun deur net u strokie in die PNHS houer te gooi by Ninapark SPAR vanaf 24 Februarie 2025.
Leierskap: Gewysigde PN-Raad Konstitusie en Gedragskode
Geagte ouers en leerders neem asseblief kennis van hierdie baie belangrike inligting. Die Beheerliggaam het op 1 Maart 2025 die Konstitusie en Gedragskode van die PN-Raad hersien en gewysig. Hierdie beleidstuk is beskikbaar op die skool se webwerf vir besigtiging. Dit is van kardinale belang dat alle leerders (graad 8 tot 12) en ook ons ouers hulself vergewis van hierdie wysigings aangesien belangrike veranderings aangebring is rakende skoolbywoning, deelname aan skoolaktiwiteite en dissiplinêre aangeleenthede wat huidige en toekomstige kandidate vir die PN-Raad raak. Ons waardeer u samewerking en ondersteuning om ‘n positiewe aanslag op hierdie veranderinge tot voordeel van ons kinders en ons skool te bewerkstellig.
Uitteken van leerders
Geagte ouers en leerders ons vestig weer u aandag op die uitteken prosedure soos uiteengesit in die huiswekboek op bladsy 30. Wanneer ‘n leerder weet hy/sy gaan afwesig wees weens ‘n afspraak byvoorbeeld moet die ouer die skool reeds die dag voor die tyd daarvan verwittig. Die graadhoof en vakpersoneel sal dan die leerder op grond van hierdie brief reeds die vorige dag die leerder uitteken in sy / haar huiswerkboek. Op die dag van die afspraak sal die leerder dan net sy huiswerboek aan die betrokke personeellid wys waar hy / sy op daardie stadium is en dan beweeg na navrae waar sy ouer hom / haar uitteken.
By onbeplande gebeure soos siekte by die skool gaan die leerder na navrae wat dan die ouer sal skakel en indien nodig sal die ouer die leerder daar uitteken. Neem kennis dat ons personeel by navrae opdrag ontvang het om slegs binne hierdie prosedure leerders te laat uitteken en geen leerder sal uit ‘n klas geroep word nie.
Program vir die week
Maandag, 24 Maart:
- Graad 8 – 12, dag 1.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
Dinsdag, 25 Maart:
- Graad 8 – 12, dag 2.
- Jukskei: Inligtingsaand, alle ouers welkom, 18H00, restaurant.
Woensdag, 26 Maart:
- Graad 8 – 12, dag 3.
- Akademiese periode 8 – 12, 14H15 – 15H15.
- Tennis: PNHS 1 (dogters) v/s Wilgers 1, 14H30, tuis: (Pretoria-Noord klubbane).
- Rugby: 0/15 B en 0/16 B v/s Uitsig, 14H30, tuis.
Donderdag, 27 Maart:
- Graad 8 – 12, dag 4.
Vrydag, 28 Maart:
- Skool sluit. Program:
Saal / Voog - 07H20 – 09H10
Pouse – 09H10 – 09H30
Toetsperiode leestyd - 09H45 – 09H55.
Toets – 09H55 – 10H55
Afsluiting – 10H55 – 11H00 -
Opelug dans, 18H00, aantreeblad.
- Rugby 0/16 A- en 1ste spantoer na Ermelo 28 Maart – 31 Maart.
- Netbal 0/14 A, 0/15 A, 0/16 A, 0/17 A en 1ste Menlopark netbalweek, 28 - 31 Maart
- Rugby 0/14 A en 0/15 A toer na Ermelo, 2 – 4 April.
- Hokkie 0/15 A, 0/16 A en 1ste toer na Camp Discovery, 5 – 8 April.
- Revue dagkamp, PNHS saal, 08H00 – 13H00, 7 April.
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof