Waarna is jy opsoek?


Omsendbrief 1/2026

Omsendbrief 1/2026


Administratief
January 19, 2026


OB: 1 / 2026

Geagte ouers

Hartlik welkom terug by die skool. Dit is ons gebed dat dit ‘n besondere jaar vir almal verbonde aan Hoërskool Pretoria-Noord gaan wees. Ons gebed is dat u en u kind ‘n baie voorspoedige en geseënde jaar saam met ons sal beleef.

‘n Spesiale woord van welkom ook aan al ons nuwe graad 8 leerders en ouers wat by ons aangesluit het.

Lief en Leed

  • Baie welkom aan die volgende personeel wat by ons aangesluit het:

Administratiewe personeel:

  • Mej. A. Prinsloo as bemarker in die plek van Me. J. Pretorius wat ‘n pos by Groot FM aanvaar het.

Onderwys personeel:

  • Mej. E du Toit by Afrikaans in die plek van Me. E de Beer wat bedank het uit die onderwys.
  • Mev. G Petrowski by Engels in die plek van Mev. H. Louw wat op kraamverlof is.
  • Mej. S Winter by Wiskunde in die plek van Mev. Davidson wat ‘n oorplasing na H/S Montana aangevra het.
  • Mej. A. Scheepers by Wiskunde in die plek van Me. A van Niekerk wat ‘n oorplasing na H/S Gerrit Maritz aangevra het.
  • Mej. K. Breedt by Wiskundige Geletterdheid in die plek van Mej K Bronkhorst wat ‘n pos by H/S Menlopark aanvaar het.
  • Mej. M. Cockerham tydelik by Geografie en Toerisme teenoor Mnr. F Venter se vakante Adjunkhoofpos.

Onderwys Assistente:

  • Mej. M Lerm is aangestel as onderwys assistent by Wiskunde.
  • Mnr. K Roos is aangestel as onderwys assistent by LO.
  • Mnr. K Pretorius is aangestel as onderwys assistent by Afrikaans.

Terrein Assistente:

  • Mnr. A Jakopo as verwer.

Baie geluk aan Mev. A. Smith wat aangestel is as waarnemende Adjunkhoof in die plek van Mnr. F Venter wat afgetree het.
Baie geluk aan Mnr. G Snyder wat aangestel is as waarnemende interne Adjunkhoof in die plek van Mev. Smith.
Baie geluk aan Mev. C Schoonraad wat aangestel is as waarnemende Departementshoof Wetenskappe.
Baie geluk aan Mev. M Lombard wat aangestel is as Departementshoof Skool Ondersteuning in die plek van Mev. H Louw.

Akademie: Uitslae 2025

  • Graad 8 het ‘n slaagsyfer van 95% met 10 druipelinge.
  • Graad 9 het ‘n slaagsyfer van 99% met 1 druipeling.
  • Graad 10 het ‘n slaagsyfer van 99% met 2 druipelinge.
  • Graad 11 het ‘n slaagsyfer van 98% met 4 druipelinge.
  • Graad 12 het ‘n slaagsyfer van 99,4 met 1 druipeling. Ons het ‘n universiteitstoelating syfer van 76% en ‘n totaal van 117 onderskeidings behaal. Baie geluk ook aan ons top presteerders: Etienne Botha (6 onderskeidings en gemiddeld 86%)), Righardt Beytell (7 onderskeidings en gemiddeld 84%), Xanéthé Mahon (4 onderskeidings en gemiddeld 83%), Beate Haarhoff (4 onderskeidings en gemiddeld 82%) en Delinda Josling (5 onderskeidings en gemiddeld 81%).

Sagtebal: 2025

Baie geluk aan ons sagtebal spelers van PNHS wat puik presteer gedurende die vakansie:

  • Die volgende spelers van PNHS word opgeneem in die All Stars span: Donovan Wallendorf (0/19), Nathan Oosthuizen (0/19), Arno Schreuder (0/19), Jayden Neethling (0/19), Amorey Wallendorf (0/19), Jean-Ré Pienaar (0/15), Zivan Bezuidenhout (0/15) en Divan Botha (0/15).
  • Die 0/15 en 0/19 Blue Sox waarin ons seuns speel wen die toernooi.
  • Die 0/19 White Sox waarin Amorey Wallendorf en Anelska van Dyk speel verower ‘n silwer medalje.
  • Die volgende spelers behaal individuele toekennings op die toernooi: Arno Schreuder (Beste Catcher), Jayden Neethling (Beste Pitcher) en Cady Meyer (Beste Catcher).
  • Jayden Neethling speel in die 0/23 Suid-Afrikaanse span wat die Afrika Kwalifiseerder wen en word opgeneem in die oefengroep wat in 2026 in Columbia aan die Wêreldbeker Toernooi gaan deelneem.

Atletiek: Interhuis, 16 Januarie 2026

Baie dankie aan al ons leerders wat deelgeneem en ondersteun het.

Uitslae:

Spartane (1420)
Atheners (986)
Romeine (728)

Geluk aan die volgende atlete wat nuwe rekords opgestel het:

  • Simoné de Koker 1500M D 0/19 met ‘n tyd van 5:17,08.
  • Simoné de Koker 3000M D 0/19 met ‘n tyd van 11:46:00.
  • Divan Botha Diskus S 0/16 met ‘n afstand van 47,08 meter.
  • Neil Botha Verspring S 0/15 met ‘n afstand van 5,83 meter.
  • Diwan Vermaak 200M S 0/14 met ‘n tyd van 25.03.
  • Marko Olivier 200M S 0/15 met ‘n tyd van 24.30.
  • Jadon Robertson 200M S 0/ 15 met ‘n tyd van 23.54.

Geluk aan die volgende atlete wat ons top toekennings verower:

  • Beste Dogters Veldatleet - Mia Rynners (1419 ASA punte)
  • Beste Seuns Veldatleet - Divan Botha (1621 ASA punte)
  • Beste Dogters Baanatleet - Leana Bezuidenhout (1570 ASA punte)
  • Beste Seuns Baanatleet - Mathew Roselt (1423 ASA punte)
  • Veelsydigstye Dogtersatleet - Miandri Ysel (3711 ASA punte)
  • Veelsydigste Seunsatleet - Jadon Robertson (4165 ASA punte)
  • Junior Victor Ludorum - Jadon Robertson (2063 ASA punte)
  • Junior Victrix Ludorum - Jeanique Huygen (2201 ASA punte)
  • Senior Victor Ludorum - Divan Botha (2059 ASA punte)
  • Senior Victrix Ludorum - Simoné de Koker (2255 ASA punte)

Krieket: PNHS v/s Prestige College, 17 Januarie 2026, tuis

PNHS kolf eerste en behaal 438 / 5 in 40 beurte. Goeie kolfwerk van Mark Gorman 91 lopiesvan 43 balle, JP Thomas 61 lopies van 53 balle, Phillip Beukes 55* van 46 balle, Christopher Runnals 45 lopies van 33 balle, Ruan Schoonraad 44* van 34 balle, Jayden Schoeman 42 van 14 balle en Charl Otto 35 van 23 balle. Prestige College volg op met 31 / 10. Goeie boulwerk van Mark Gorman met 4 paaltjies vir 28 lopies in 6 beurte, Christopher Runnals met 3 paaltjies vir20 lopies in 4 beurte en Jadon van Wyngaardt met 2 paaltjies vir 5 lopies in 1 beurt. Christopher Runnals en Charl Otto neem ook moii vangskote. PNHS wen met 407 lopies.

Skoolfonds 2026

Ons skoolfonds vir 2026 beloop R 28 985-00 vir die jaar. U kan dit eenmalig betaal of in elf paaiemente van R 2 635-00 per maand vanaf Januarie tot November. U sal R 500-00 korting ontvang indien u volledig betaal het voor of op 28 Februarie 2026.

Let asseblief daarop dat skoolfonds benodig word om kwaliteit onderrig aan ons kinders te lewer.

Maak asseblief seker dat u die skoolfondsdokumentasie voltooi, wat u ontvang het en stuur asseblief Bylaag A en B terug aan die skool. Neem kennis dat Bylaag B nie ‘n vrystellingsvorm is nie, vrystellingsvorms is alleenlik beskikbaar by mev Strydom in die Finansiële kantoor, dit moet persoonlik afgehaal word. Dit kan ook per e-pos by [email protected] aangevra word.

Gedragskode

Gaan asseblief die gedragskode van die skool saam met u kind deur; wat in die huiswerkboekie verskyn. Voltooi dan asseblief die skeurstrokie voor in die huiswerkboek dat u wel kennis geneem het en stuur terug aan u kind se voogonderwyser.

Ons doen ‘n beroep op al ons ouers om die skool te ondersteun in die nakoming van die skool se gedragskode sodat ons ‘n hoë vlak van dissipline kan bly handhaaf by ons skool.

Leerder Ondersteuning: Noorderlig

Alle ouers wat graag deel wil word van ons Leerder Ondersteunings Akademie / “Noorderlig Omgeegroep” word vriendelik uitgenooi na ons eerste vergadering op 26 Januarie 2026 om 18H00 in die restaurant.

Ons visie is om ’n groep te wees waar leerders se behoeftes raakgesien word; hulle menswaardigheid erken word en ’n omgewing te skep waar leerders gelukkig kan wees.

Ons missie is die beskerming en opheffing van die leerder in nood. Die kweek en instandhouding van Christelike waardes en morele standaarde. Om ’n skoolomgewing te vestig waar elke leerder gelukkig kan wees en ondersteun kan word om sy/haar volle potensiaal te bereik.

U betrokkenheid is vir ons geweldig belangrik deur Noorderlig op persoonlike vlak of finansieel te ondersteun. Kom word deel van ons “Omgee-groep” daar is verskeie projekte waar u betrokke kan raak!

Noorderlig-groete
Cornè Labuschangne
071 334 1211
Voorsitster: Noorderlig Omgeegroep


Program vir die week

Maandag, 19 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Verteenwoordigende Leerder Raad nominasies open.
  • Tennisproewe: senior dogters, 14H15, Pretoria-Noord klub tennisbane.
  • Graad 8 Maroelapit-Inburgeringsprogram 14H15 – 16H00.
  • Swem Interhuis, 16H00 – 18H00, Pretoria-Noord Munisipale swembad.
  • Rugby Akademievergadering (alle belangstellende ouers welkom), 17H00, Konferensiekamer.
  • Restaurant Akademievergadering, 18H00, restaurant.
Dinsdag, 20 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Verteenwoordigende Leerder Raad nominasies
  • Graad 8 Maroelapit-Inburgeringsprogram, 14H15 – 15H00.
  • Tennisproewe: junior dogters, 14H15, Pretoria-Noord klub tennisbane.
  • Beheerliggaamvergadering, 17H30, restaurant.
Woensdag, 21 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • Verteenwoordigende Leerder Raad nominasies sluit.
    Graad 8 Maroelapit-Inburgeringsprogram, 14H15 – 15H00.
  • Graad 8: Maroelapit Konsert 1, 18H00, saal
Donderdag, 22 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • VLR-verkiesing, Manifestodag.
  • Graad 8: Maroelapit Konsert 2, 18H00, saal.
Vrydag, 23 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • VLR-verkiesing, 08H00, voogklasse.
  • Atletiek Liga 1: Wonderboom Massa byeenkoms, 15H00, H/S Wonderboom. Skool sluit om 13H15.
Saterdag, 24 Januarie:
  • Krieket: PNHS Ontwikkelling v/s Oos Moot, 09H00, tuis.
  • Hokkie 0/14 oefening, 08H00 – 11H00, Astro.
  • Tennis: junior- en senior- seunsproewe, 14H30, Pretoria-Noord Klub tennisbane.
Maandag, 26 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 1, 14H15 – 15H00.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Krieket Akademievergadering, 18H00, personeelkamer.
  • Noorderligvergadering, 18H00, restaurant.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug