Omsendbrief 1/2025

Omsendbrief 1/2025


Administratief
January 20, 2025


OB: 1 / 2025

Geagte ouers

Hartlik welkom terug by die skool. Dit is ons gebed dat dit ‘n besondere jaar vir almal verbonde aan Hoërskool Pretoria-Noord gaan wees. Ons gebed is dat u en u kind ‘n baie voorspoedige en geseënde jaar saam met ons sal beleef.
‘n Spesiale woord van welkom ook aan al ons nuwe graad 8 leerders en ouers wat by ons aangesluit het.

Lief en Leed

Baie welkom aan die volgende personeel wat by ons aangesluit het:

Administratiewe personeel:

  • Me. F. Kammeyer by Finansies, sy vervang Mev. S McFerrier wat na die Wes-Kaap verhuis het.
  • Me. J. Pretorius is aangestel as ons nuwe bemarker.

Onderwys personeel:

  • Mnr. P van Niekerk is aangestel by Geskiedenis en Bedryfstudies in die plek van Mev. D Swanepoel wat afgetree het.
  • Mej. C Bezuidenhout is aangestel by Afrikaans in die plek van Me. Du Toit wat afgetree het.
  • Mej. M Kotze is aangestel by Rekeningkunde as plaasvervanger vir Mev. Fourie wat wag vir ‘n oorplasing na H/S Waterkloof.

Onderwys Assistente:

  • Mej. K Breedt is aangestel as onderwys assistent by Wiskunde.
  • Mej. K Langenhoven is aangestel as onderwys assistent by Wetenskappe.
  • Mej. Wernick is aangestel as onderwys assistent by Afrikaans.

Onderwys:

  • Baie geluk aan Mev. A. Smith wat aangestel is as waarnemende departementshoof Wetenskappe en interne adjunkhoof in die plek van Mev. Agenbag wat afgetree het.
  • Baie geluk aan Mej. A. van Niekerk wat aangestel is as waarnemende departementshoof Wiskunde in die plek van Mev. M Hasenjager wat ‘n pos by Menlopark aanvaar het.
  • Baie geluk aan Mej. Driescher wat ‘n departementele aanstelling gekry het by Geskiedenis.
  • Baie geluk aan Mej. Scheepers wat ‘n departementele aanstelling gekry het by Wiskunde.
  • Baie geluk aan Mej. C Bronkhorst wat ‘n beheerliggaam aanstelling gekry het by Wiskundige Geletterdheid.

Akademie: Uitslae 2024

  • Graad 8 het ‘n slaagsyfer van 98% met 5 druipelinge.
  • Graad 9 het ‘n slaagsyfer van 99% met 2 druipelinge.
  • Graad 10 het ‘n slaagsyfer van 99% met 1 druipeling.
  • Graad 11 het ‘n slaagsyfer van 99% met 1 druipeling.
  • Graad 12 het ‘n slaagsyfer van 99,4 met 1 druipeling. Ons het ‘n universiteitstoelating syfer van 74% en ‘n totaal van 108 onderskeidings behaal. Baie geluk ook aan ons top presteerders: Juané Pretorius (7 onderskeidings en gemiddeld 93%), André Haarhof (7 onderskeidings en gemiddeld 85%), Bea-Mae Lombaard (5 onderskeidings en gemiddeld 82%), Clarisza Taljaard (5 onderskeidings en gemiddeld 80%), Tiané Smit (4 onderskeidings en gemiddeld 78%), Nika van der Westhuizen (4 onderskeidings en gemiddeld 77%), Vicky Hurn (4 onderskeidings en gemiddeld 77%).

Atletiek: Interhuis, 17 Januarie 2025

Baie dankie aan al ons leerders wat deelgeneem en ondersteun het.

Geluk aan die volgende atlete wat nuwe rekords opgestel het:

  • Henko van der Merwe gewigstoot S 0/19 met ‘n afstand van 13,26 meter, die vorige rekord was opgestel in 2014 deur T. Kruger met ‘n afstand van 13,25 meter.
  • Shon-dre Scheun 1500M S 0/17 met ‘n tyd van 4:10:34, vorige rekord was opgestel in 2019 deur D. McMaster met ‘n tyd van 4:22:10.
  • Junior Bokwa 1500M S 0/19 met ‘n tyd van 4:!9:15, vorige rekord was opgestel in 2015 deur J. Helm met ‘n tyd van 4:36:32.
  • Junior Bokwa 3000M S 0/19 met ‘n tyd van 10:27:83, vorige rekord was opgestel in 2020 deur C. Kruger met ‘n tyd van 10:29:00.
  • Simoné de Koker 1500M D 0/17 met ‘n tyd van 5:14,97, vorige rekord was opgestel in 2019 deur I. Ehlers met ‘n tyd van 5:41,00.
  • Simoné de Koker 800M D 0/17 met ‘n tyd van 2:30:50, vorige rekord was opgestel in 1990 deur N. van Wyngaard met ‘n tyd van 2:34:80.
  • Ezmarelda Vivier 3000 D 0/19 met ‘n tyd van 12:45,19, vorige rekord was opgestel in 2023 deur A. Cochraine met ‘n tyd van 12:46,00.
  • Divan Botha Diskus S 0/15 met ‘n afstand van 49,55 meter, vorige rekord was opgestel in 2015 deur K Geldenhuys met ‘n afstand van 45,25 meter.

Geluk aan die volgende atlete wat meer as 700 punte op die ASA tabel gemaak het:

  • Jeanique Huygen 0/14 100M (705) en 200M (751).
  • Charney Badenhorst 0/15 1500M (733)
  • Cady Meyer 0/15 gewigstoot (731)
  • Divan Botha 0/15 gewigstoot (817)
  • Leana Bezuidenhout 0/16 100M (706) en 200M (703)
  • Lizé Meiring 0/16 gewigstoot (710)
  • Lucy Zengel 0/16 gewigstoot (709)
  • Simoné de Koker 0/17 3000M (783)

Sagtebal

Baie geluk aan ons sagtebal spelers wat puik presteer gedurende die vakansie:

  • Donovan Wallendorf en Jayden Neethling word opgeneem in die Suid Afrikaanse 0/18 bofbal span wat vanaf 15 – 19 Januarie 2025 aan die Afrika Kampioenskappe deelneem en vanaf 5 – 11 September aan die Wêreld Kampioenskappe in Japan.
  • Jayden Neethling, Nathan Oosthuizen, Arno Schreuder, JG van Niekerk en Donovan Wallendorf is deel van die Gauteng span wat die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wen. Hulle word verkies tot die 0/18 Suid-Afrikaanse sagtebal span wat later vanjaar aan die World Series gaan deelneem.
  • Jayden Neethling word aangewys as die beste gooier 0/19 seuns, Donovan Wallendorf as die beste kolwer 0/19 seuns en Anelska van Dyk as die beste vanger 0/15 dogters tydens die IRT toernooi.
  • Jayden Neethling, Arno Schreuder, Donovan Wallendorf en Anthony Smith word opgeneem in die Suid-Afrikaanse 0/19 All Star span na die IRT toernooi.
  • Zivan Bezuidenhout en Brandon Fourie word opgeneem in die 0/15 All Star span na die IRT toernooi.
  • Die volgende leerders en personeel word opgeneem in die Gauteng-Noord klub spanne:
    Mans:
    White Socks (A-span): J.P. Pienaar.
    Blue Socks (B-span): Keandré Lotter en Jayden Neethling.
    Green Socks (D-span): Arno Schreuder, JG van Niekerk en Donovan Wallendorf
    Dames:
    Green Socks: Chantelee Nel en Chanté Zeelie
    Yellow Socks: Kimberley Breedt

Skoolfonds 2025

Ons skoolfonds vir 2025 beloop R 26 125-00 vir die jaar. U kan dit eenmalig betaal of in elf paaiemente van R 2 375 - 00 per maand vanaf Januarie tot November. U sal R 500-00 korting ontvang indien u volledig betaal het voor of op 28 Februarie 2024.

Let asseblief daarop dat skoolfonds benodig word om kwaliteit onderrig aan ons kinders te lewer. Maak asseblief seker dat u die skoolfondsdokumentasie voltooi, wat u ontvang het en stuur asseblief Bylaag A en B terug aan die skool. Neem kennis dat Bylaag B nie ‘n vrystellingsvorm is nie, vrystellingsvorms is alleenlik beskikbaar by mev Strydom in die Finansiële kantoor, dit moet persoonlik afgehaal word. Dit kan ook per e-pos by [email protected] aangevra word.

Bankbesonderhede

Geagte ouers ons het reeds verlede jaar kennis gegee dat ons bankbesonderhede verander het en versoek dat gelde nie meer by ABSA in betaal moet word nie. Neem asseblief kennis dat ons die ABSA rekening vanaf 31 Januarie 2025 gaan sluit en die rekening der halwe nie meer gaan bestaan nie.

Ons bankbesonderhede is:
FNB
Rekeningnommer: 63096257738
Takkode: 210554

Gedragskode

Gaan asseblief die gedragskode van die skool saam met u kind deur; wat in die huiswerkboekie verskyn. Voltooi dan asseblief die skeurstrokie voor in die huiswerkboek dat u wel kennis geneem het en stuur terug aan u kind se voogonderwyser.

Ons doen ‘n beroep op al ons ouers om die skool te ondersteun in die nakoming van die skool se gedragskode sodat ons ‘n hoë vlak van dissipline kan bly handhaaf by ons skool.

Leerder Ondersteuning: Noorderlig

Alle ouers wat graag deel wil word van ons Leerder Ondersteunings Akademie / “Noorderlig” word vriendelik uitgenooi na ons eerste vergadering op 27 Januarie 2025 om 18H00 in die restaurant. Kom word deel van ons “Omgee-groep” daar is verskeie projekte waar u betrkke kan raak! Kontak Mev. Tanya Breytenbach vir meer besonderhede by 082 601 6878.

Restaurant Akademie

Restaurant Akademie vergadering op 20 Januarie 2025 om 18H00 in die restaurant. Inligting aangaande die vak word gegee asook die fondsinsamelingsprojek wat plaasvind op 25 Januarie 2025 word bespreek. Ons beman ‘n waterpunt vir Akasia drafklub.

Kommunikasie: Ouerinligtingsgroepe per graad

Ten einde kommunikasie te vergemaklik en meer effektief te bestuur, is daar nou inligtingsgroepe vir u as ouers op “WhatsApp”. Volg gerus die skakel(s) of QR kodes van die graad/grade waarin u kind(ers) is hieronder. Slegs administratiewe personeel of graadhoofde sal op hierdie groepe kommunikasie aan ouers deurgee.

GRAAD 8: (Sien aangehegde pdf vir QR kodes)

https://chat.whatsapp.com/CkKzFk8UwBKLlLf4o1oGoZ

GRAAD 9:

https://chat.whatsapp.com/H9Y1PSFSrL4ClMnto3BHDf

GRAAD 10:

https://chat.whatsapp.com/KXMuWwOFdqw4w7Ip8MWy09

GRAAD 11:

https://chat.whatsapp.com/CLHO9W7FoK19JLE7hSXR46

GRAAD 12:

https://chat.whatsapp.com/JoFSYjGQ1pGIUi2IO3nOjd


Program vir die week

Maandag, 20 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Verteenwoordigende Leerder Raad nominasies open.
  • Tennisproewe: senior dogters, 14H15, PNHS tennisbane
  • Graad 8 Maroelapit-Inburgeringsprogram 14H15 – 16H00.
  • Swem Interhuis, 16H00 – 18H00, Deon Malherbe swembad. - Gekanselleer geen munisipale swembad beskikbaar nie.
  • Restaurant Akademievergadering (alle belangstellende ouers welkom), 18H00, restaurant.
  • Hokkie Akademievergadering (alle belangstellende ouers welkom), 18H00, personeelkamer.
  • Netbal Akademievergadering, 18H00, K.22.
Dinsdag, 21 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Verteenwoordigende Leerder Raad nominasies
  • Graad 8 Maroelapit-Inburgeringsprogram, 14H15 – 15H00.
  • Tennisproewe: junior dogters, 14H15, PNHS tennisbane.
  • Atletiek: “Amazing Race” 15H30 – 17H30, PNHS.
  • Beheerliggaamvergadering, 16H30, restaurant.
  • Atletiekfunksie: Motivering deur Henning Gericke, 18H00, klubhuis. Alle atlete en ouers welkom.
Woensdag, 22 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 3
  • Verteenwoordigende Leerder Raad nominasies open.
    Graad 8 Maroelapit-Inburgeringsprogram, 14H15 – 15H00.
  • Graad 8: Maroelapit Konsert 1, 18H00, saal
Donderdag, 23 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 4
  • VLR-verkiesing, Manifestodag.
  • Swem: Liga 1, 14H30, Trinity Herritage Hill.
  • Graad 8: Maroelapit Konsert 2, 18H00, saal
Vrydag, 24 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 5
  • VLR-verkiesing, 08H00, voogklasse.
  • Atletiek Liga 1: Wonderboom Massa byeenkoms, 15H00, H/S Wonderboom.
Saterdag, 25 Januarie:
  • Krieket: PNHS Ontwikkelling v/s HTS John Vorster, 09H00, tuis.
Maandag, 27 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 1, 14H15 – 15H00.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Netbal: Kliniek, 14H15 – 18H00, netbalbane.
  • Noorderligvergadering, 18H00, restaurant.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug