ESS Toekennings 2020

ESS Toekennings 2020


Administratief
February 06, 2020


ESS – Toekennings 2020:

Tydens die jaarlikse Tshwane West Distrik se ESS toekennings het PNHS skoonskip gemaak, ons was genomineer in die volgende afdelings: Kultuurskool van die jaar, sportskool van die jaar en ook in die kategorie: skool met die beste waardes.

Verder het ons die volgende individuele nominasies gehad naamlik: kultuurdogter ( Lize Britz, Eleni Triffylis, Maruché Smith), kultuurseun ( Nantes Niemand en Marco Botha). Vir die sportseun was Dylan McMaster genomineer en vir waardes die volgende vyf dogters ( Eleni Triffylis, Miena Polman, Chelsea Ruiters, Michnette van Schalkwyk en Ilké van Schalkwyk.

PNHS het uitgetree as wenners in al die afdelings deur aangewys te word as die kultuurskool, sportskool en ook die skool met die beste waardes

Op individuele vlak het ons die volgende prestasies behaal: Kultuur:

  1. Maruché Smith
  2. Lize Britz
  3. Eleni Triffilys

Sport: Sportseun van die jaar is Dylan McMaster

Waardes: Die volgende leerders van PNHS het die eerste plek behaal: Eleni Triffilys, Miena Polman, Chelsea Ruiters, Michnette du Plessis en Ilké van Schalkwyk.

Aflaai aanhangsel

Terug