Omsendbrief 17/2019

Omsendbrief 17/2019

Administratief
May 13, 2019


Geagte ouers
Lief en Leed

Dit is met leedwese wat ons kennis geneem het van die afsterwe van een van ons ouers, Mnr. David Kuhn. Ons harte en gebede gaan uit na sy gesin.

Wintersport
Wintersport: Hokkie Pretoria Stadsbeker vir Groot Skole: Liga 4: PNHS v/s Curro Hazeldean, 10 Mei 2019, weg
  PN Curro PN Curro PN Curro PN Curro PN Curro
Hokkie 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Dogters 0 3 4 0 1 1 3 0 1 4
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0 - 4 - 2 - 1 - 0 -
Verloor 3 - 0 - 0 - 0 - 4 -
Gelyk 1 - 0 - 2 - 1 - 0 -
Seuns Hokkie: Liga 2
  PN Silver PN GM            
Hokkie 1ste 1ste 2de 1ste            
Seuns 4 0 1 0            
Uitslae tot dusver                    
Gewen 2 - 1 -            
Verloor 0 - 1 -            
Gelyk 0 - 0 -            
Netbal: Diamand Liga: Liga 3: PNHS v/s Midstream, 6 Mei 2019, weg
  PN Mid PN Mid PN Mid PN Mid PN Mid
Netbal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/17A 0/17A 1ste 1ste
Dogters 15 9 14 13 16 21 16 11 28 28
Uitslae tot dusver                    
Gewen 2 - 2 - 0 - 1 - 0 -
Verloor 1 - 1 - 3 - 2 - 2 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 1 -
  PN Mid PN Mid PN Mid        
Netbal 0/14B 0/14B 0/15B 0/15B 0/16B 0/16B        
Dogters 16 19 11 21 10 14        
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 1 - 0 -        
Verloor 2 - 2 - 3 -        
Gelyk 0 - 0 - 0 -        
  PN Mid PN Mid            
Netbal 0/14C 0/14C 0/15C 0/15C            
Dogters 22 12 21 5            
Uitslae tot dusver                    
Gewen 2 - 2 -            
Verloor 1 - 1 -            
Gelyk 0 - 0 -            
Netbal: Diamand Liga: Liga 4: PNHS v/s Overkruin, 10 Mei 2019, weg
  PN Ov PN Ov PN Ov PN Ov PN Ov
Netbal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/17A 0/17A 1ste 1ste
Dogters 18 17 16 27 19 12 19 13 41 31
Uitslae tot dusver                    
Gewen 3 - 2 - 1 - 2 - 1 -
Verloor 1 - 2 - 3 - 2 - 2 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 1 -
  PN Ov PN Ov PN Ov        
Netbal 0/14B 0/14B 0/15B 0/15B 0/16B 0/16B        
Dogters 7 27 18 28 21 14        
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 1 - 1 -        
Verloor 3 - 3 - 3 -        
Gelyk 0 - 0 - 0 -        
  PN Ov PN Ov            
Netbal 0/14C 0/14C 0/15C 0/15C            
Dogters 6 12 20 7            
Uitslae tot dusver                    
Gewen 2 - 3 -            
Verloor 2 - 1 -            
Gelyk 0 - 0 -            
Rugby: Virseker Beker vir Groot Skole: Liga 1: PNHS v/s Overkruin, 10 Mei 2019, weg
  PN Ov PN Ov PN Ov PN Ov PN Ov
  0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Rugby 26 36 13 10 7 62 15 0 23 29
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0 - 1 - 0 - 1 - 0 -
Verloor 1 - 0 - 1 - 0 - 1 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
  PN Ov PN Ov PN Ov PN Ov PN Ov
  0/14B 0/14B                
Rugby 43 15                
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Tennis

7 Mei: PNHS Dogters 0/15 A v/s Deutsche Schule, tuis. PNHS verloor met 15 potte teenoor 52. Dit was ons dogters 0/15 se derde ligawedstryd, waarvan hulle een wen en twee verloor.

Skaak: Liga 4: PNHS v/s Hillview High, 6 Mei 2019, weg
  PN Hv PN Hv PN Hv PN Hv    
Skaak 0/15A 0/15A 0/17A 0/17A 0/19A 0/19A Dogters Dogters    
  6 0 6 0 3.5 2.5        
Uitslae tot dusver                    
Gewen 3 - 3 - 2 - 3      
Verloor 1 - 0 - 2 - 0      
Gelyk 0 - 1 - 0 - 0      
Landloop
Gauteng Noord Klub Liga 1: 13 April 2019, Transnet Kilnerpark

Dogters 0/15: Marcolaine Kirsche (13de)
Dogters 0/16: Saentone Louw (18de)
Dogters 0/17: Chantal van Aardt (12de) en Izelle Ehlers (13de)
Junior Dames: Kaylee Jordaan (10de)
Senior Dames:Abigail Grobler (7de) en Natasha Sikisi (8ste)
Seuns 0/14: Jayden Niemann (25ste) en Henrico Grobler (30ste)
Seuns 0/15: Nathan Grobler (39ste)
Seuns 0/17: Willie van Rooyen (6de) en Coenie Kruger (12de)
Mans 0/23: Dylan Mcmaster (9de)

Gauteng Noord Klub Liga 1: 27 April 2019, Rhinopark Rayton

Dogters

Abigail Grobler (5de), Kaylee Jordaan (5de), Carla Smith (5de), Chantal van Aardt (5de), Izelle Ehlers (5de), Natasha Sikisi (7de), Megan Kilfoil (8ste), Carla Bronkhorst (9de), Marcolaine Kirsch (11de), Joelien Greyling (15de).

Seuns

Xander Bronkhorst (9de), Dylan McMaster (15de), Carel Greyling (18de), Jayden Niemann (19de), Nathan Grobler (20ste), Henrico Grobler (38ste).

Sport buite skoolverband

Baie geluk aan ons leerders wat puik presteer op die Suid-Afrikaanse skopboks Kampioenskappe: Marcel Nel (3 goud), Willie van Rooyen (1 goud) en Saentoné Louw (5 goud).

Kultuur: English Evening, 7 Mei 2019

Baie dankie aan almal wat deelgeneem het en baie geluk aan die volgende wenners:
Voordrag Juniors: Zillithé McClarity (1ste) en Michayla Ferreira (2de).
Voordrag Seniors: Reinhardt du Preez (1ste), Lize Britz (2de) en Kayla Sharpe (3de).
Junior Toesprake: Maruché Smith (1ste) en Wian van den Heever (2de).
Senior Toesprake: Lize Britz (1ste), Louné Scholtz (2de) en Chené van Deventeer (3de).

Gedrag: Waarde gedrewe leerders:

Geluk aan die volgende leerders wat waardebalkies ontvang:
Graad 12

Mari Grobbelaar (Respek, Verantwoordelikheid en Super PN), Angel Manamela (Verantwoordelikheid, Integriteit en Lojaliteit), Zania Roux (Super PN), Bernice de Beer (Super PN), Merezel de Jongh (Respek), Duan van Eeden (Verantwoordelikheid), Nerien Prinsloo (Super PN), Marlé Samons (Lojaliteit en Respek).

Graad 8 inskrywings 2020.

Na indringende gesprekke tussen die Hoof van die Gauteng Onderwys Departement en FEDSAS op Vrydag, 10 Mei 2019 is die aanlyn registrasie proses uitgestel tot Maandag, 20 Mei 2019.

Indien u ‘n kind in graad 7 het of iemand ken wat ‘n kind in graad 7 het neem asseblief kennis van hierdie belangrike kennisgewing.

Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys die amptelike datums vir inskrywing vir 2020 uitgestel het. Graad 8 inskrywings vir 2020 sal amptelik open op Maandag, 20 Mei 2019 om 08H00 en sluit op Maandag, 22 Julie 2019 om middernag. Enige aansoek na 22 Julie 2019 word geag as ʼn “laat aansoek” en sal deur die distrikte geplaas waar hulle spasie kan vind.

Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U doen aansoek by www.gdeadmissions.gov.za en sal ʼn toelatingsnommer ontvang. Leerders word streng volgens die volgorde van hierdie toelatingsnommers geplaas. Hierna moet die ouer binne ʼn week inskrywingsdokumente by die skool van keuse inhandig om die aanlynaansoek te bevestig, anders verval die aanlynaansoek. Geliewe te let dat hoe vinniger hierdie dokumente ingehandig word, hoe vinniger kan ons administratiewe personeel die dokumentasie op die stelsel bevestig.

Neem asseblief kennis dat H/S Pretoria-Noord oor die afgelope paar jaar ʼn geweldige toename in die aanvraag na plek by die skool beleef. Verlede jaar was die skool reeds vol 29 minute nadat inskrywings geopen het. Die skool het hierdie jaar sy kapasiteit bereik met oor ʼn duisend leerders en der halwe sal ons vir 2020 slegs 200 graad 8 leerders kan aanvaar. Ons wil u daarom sterk aanbeveel om so vinnig as moontlik aansoek te doen om u plek te verseker indien H/S Pretoria-Noord u skool van keuse is.

Ten einde die proses vir ons werkende ouers te vergemaklik sal ons navrae toonbank ook na ure oop wees vanaf 08H00 – 19h00 vir die inhandiging van inskrywingsvorms of hulp met aanlynaansoeke vanaf Maandag 20 Mei 2019 tot Donderdag 23 Mei 2019. U is egter welkom om op enige ander dag vanaf 13 Mei 2019 – 15 Julie 2019 gedurende skoolure (vanaf 06h30 tot 15h00) u inskrywing af te handel.

Maak seker dat u die volgende dokumentasie saam met u inskrywingsvorms inhandig:

  • Geboortesertifikaat van leerder

  • Bewys van u fisiese woonadres (water en ligterekening)

  • Laaste laerskoolrapport van u kind

  • Afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente

Enige verdere navrae kan gerig word by 012 546 6950 of by [email protected] .

Baie sterkte met die inskrywingsproses.

Program vir die week

Maandag, 13 Mei:

  • Akademiese uur, Graad 12 Sleutel 4, 14H15 – 15H15.
  • Wêreldkennis Olimpiade, 14H00, K19.
  • Radikale Redenaars, 14H15, restaurant.
  • Netbal: Diamond reeks Liga 5: PNHS v/s Sutherland, 15H00, tuis.
  • Hokkie: A spanne astro-oefening, 15H00 – 18H00, TUT.
  • Hokkie: B-spanne: Liga v/s Centurion, 15H00, tuis.

Dinsdag, 14 Mei:

  • Graad 9 A, B, C JAT-toetse, 08H00, saal.
  • Revue klankopname, 09H00, Nolte Produksies.
  • Akademiese uur, Graad 12 Sleutel 5, 14H15 – 15H15.
  • Afrikaanse Senior Olimpiade, 14H00, K 19.
  • Tennis: Dogters 0/15 v/s Afrikaans Hoër Meisies, 14H30, Groenkloof Klub.

Woensdag, 15 Mei:

  • Toetsdag.
  • Graad 9 D, E, F JAT-toetse, 09H00, saal.
  • Akademiese periode graad 8 - 11, 14H00 – 15H00.
  • Seuns Hokkie: Liga 3: PNHS 1 v/s PNHS 2, 15H00, tuis.

Donderdag, 16 Mei:

  • Akademiese uur, Graad 12 Sleutel 6, 14H15 – 15H15.
  • Tennis: Seuns 0/15 v/s Woodhill, 14H30, Pretoria-Noord tennisklub.
  • Gasvryheidstudies: Graad 12 restaurantaand, 18H00, restaurant.
  • Beheerliggaam: Finansiële Komitee vergadering, 17H15, Konferensiekamer.
  • Beheerliggaam: Uitvoerende Komitee, 19H00, Konferensiekamer.

Vrydag, 17 Mei:

  • Skaak: Arnold Classic, 08H00 – 20H00, Sandton Convention Centre.
  • Rugby: Stadsbeker Liga 2: PNHS v/s Wonderboom, 15H00, weg.
  • Netbal: Diamond Liga 6: PNHS v/s Prestige College, 15H00, tuis.
  • Tennis: PNHS Seuns 1 v/s Wilgers, 14H30, weg.
  • Tennis: PNHS Seuns 2 v/s Hillview, 14H30, weg.

Saterdag, 18 Mei:

  • Skaak: Arnold Classic, 08H00 – 20H00, Sandton Convention Centre.
  • Leieropleiding, 08H00 – 13H00, saal.
  • Dogters Hokkie A en B-spanne: Liga 5: PNHS v/s Hatfield, 09H00, weg.

Aflaai aanhangsel

Terug