Omsendbrief 9/2019

Omsendbrief 9/2019


Administratief
March 04, 2019


Geagte ouers
Lief en Leed

Ons groet op 1 Maart 2019 vir Me. Hallat wat ons uitgehelp het by Engels vir die afgelope maand. Baie dankie vir haar bereidwilligheid. Ons verwelkom vir Mev. Louw terug op 4 Maart na haar kraamverlof.

Swem: D-bond Interhoër, 25 Februarie 2019,

Baie dankie aan al ons swemmers vir hulle deelname deur hierdie seisoen. Ons swemmers verower 55 medaljes tydens die interhoër. Ons seuns eindig 2de en ons dogters 5de. Algeheel eindig ons 3de. Uitslag:

Uitslag:

TITEL PUNTE
Maragon College: 680
H/S Eldoraigne: 654
H/S Pretoria-Noord: 565
H/S Hendrik Verwoerd: 450
H/S Wonderboom: 431
Curro Roodeplaat: 392
Afrikaans Hoër Meisies: 369
Willowridge High: 322
The Glen High: 196

1e Plekke: Damien van Tonder (200M Medley aflos), Ruben Bekker (100M Vryslag), Janeco Coetzee (200M Medley aflos), Louné Scholtz (50M Borsslag), Michael Boshoff (200M Medley aflos) en Charl Classen (200M Medley aflos).

2e Plekke: Caelum De La Porte (100M Vryslag, 200M Medley aflos, 50M Vlinderslag, 200M Vryslag aflos), Eben Schreuter (200M Vryslag aflos), Damien van Tonder (200M Vryslag aflos, 50M Vryslag), Ruben Bekker (200M Medley aflos, 200M Vryslag aflos), Janeco Coetzee (200M Vryslag aflos, 50M Borslag), Michael Boshoff (50M rugslag, 200M Vryslag aflos), Charl Classen (200M Vryslag aflos), Johan O’Kelly (200M Medley aflos, 50M Rugslag, 200M Vryslag aflos), Hendro Opperman (200M Medley aflos), Adrian Durdle (200M Medley aflos, 200M Vryslag aflos), Keanu Bornman (200M Medley aflos), Keanu Geldenhuys (200M Medley aflos, 200M Vryslag aflos), Herco Heysteck (200M Medley aflos, 200M Vryslag aflos), Andrew Durdle (50M Rugslag, 200M Vryslag aflos), Wilco Esterhuysen (200M Vryslag aflos), Dehan Smith (200M Vryslag aflos), MC Jooste (200M Vryslag aflos), Stefan Bekker (200M Vryslag aflos.

3e Plekke: Caelum De La Porte (200M IM), Eben Schreuter (50M Vryslag),Ruben Bekker 50M Vlinderslag), Dylan McMaster (100M Vryslag, 50M Borsslag, 200M Medley aflos), Annika Jacobs (50M Vryslag), Ruan Reyneke (200M Medley aflos), 50M Rugslag), Christiaan Human (200M Medley aflos), Jason Botha 200M Medley aflos), Keanu Bornman (50M Rugslag), Lené Nel (50M Vlinderslag), Wilco Esterhuysen (50M Vlinderslag), Christa Momberg (200M Vryslag aflos), Alexis van Niekerk (200M Vryslag aflos), Anri Louw (200M Vryslag aflos), Michelle Loock (200M Vryslag aflos).

Tennis:

27 Februarie: PNHS 1 dogters v/s H/S Menlopark. PNHS verloor met 23 teenoor 44 potte. Geluk aan Nicole Bosman wat haar wedstryd (9-2) wen. Dit was ons 1ste span se vyfde ligawedstryd waarvan hulle een wen en vier verloor.

PNHS 2 dogters v/s Hendrik Verwoerd 2. PNHS verloor met 33 potte teenoor 34. Geluk aan Kayla Pieters (10-1) wat haar wedstryd wen. Dit was ons 2de span se vierde ligawedstryd. Waarvan hulle 3 wen en 1 verloor.

Wintersport: PUK 16: Poelwedstryd 2: H/S Oosterland, 2 Maart 2019 (tuis)
  PN Oost PN Oost PN Oost PN Oost PN Oost
Hokkie 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Dogters 1 2 1 1 1 1 0 3 1 2
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0 - 0 - 0 - 1 - 0 -
Verloor 2 - 1 - 1 - 1 - 2 -
Gelyk 0 - 1 - 1 - 0 - 0 -
  PN Oost PN Oost PN Oost PN Oost PN Oost
Hokkie 1ste 1ste ——— ——— ——— ——— ——— ——— ——— ———
Seuns 1 4                
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - - - - - - - - -
Verloor 1 - - - - - - - - -
Gelyk 0 - - - - - - - - -
  PN Oost PN Oost PN Oost PN Oost PN Oost
  0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Netbal 25 8 29 8 29 6 22 7 34 12
Uitslae tot dusver                    
Gewen 2 - 2 - 2 - 2 - 2 -
Verloor 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
  PN Oost PN Oost PN Oost PN Oost PN Oost
  0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Rugby 29 7 31 3 7 12 26 3 47 22
Uitslae tot dusver                    
Gewen 2 - 2 - 0 - 2 - 2 -
Verloor 0 - 0 - 1 - 0 - 0 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -

Geluk aan die volgende Spelers van die Wedstryd v/s H/S Delmas op 22 Februarie:

  NAAM
0/14: Guillaume du Toit
0/15: John Ford
2des: Jacques Dippenaar
1stes: Keanu Geldenhuys
Speler van die Week: Jacques Dippenaar
PUK 16: Skaak

PNHS 1 v/s Oosterland 1. PNHS 1 verloor met 8 1⁄2 wedstryde teenoor 11 1⁄2.

Sport buite skoolverband
  • Baie geluk aan Janeco Coetzee wat drie 1ste plekke en twee 2de plekke verower tydens die Gauteng Lewensredding Kampioenskappe op 23 Februarie 2019.
  • Baie geluk aan Caelum de la Porte wat ‘n 1ste plek verower op die Gauteng Lewensredding Kampioenskappe op 23 Februarie 2019.
  • Baie geluk aan Tristan Cloete wat in sy eerste Premier krieketligawedstryd vir Sinoville klub 3 paaltjies neem vir 10 lopies.
Beheerliggaam Tussenverkiesing, 13 Maart 2019

Geagte ouers neem asseblief kennis dat daar drie vakante portefeuljes op die Beheerliggaam is vanweë ouers wie se kinders verlede jaar gematrikuleer het. Die tussenverkiesing om hierdie portefeuljes te vul sal plaasvind op 13 Maart 2019 om 18H00 in die skoolsaal. Indien daar nie ‘n kworum is nie sal die volgende verkiesing plaasvind op 2 April 2019 om 18H00 in die skoolsaal. Nominasies vir hierdie tussenverkiesing kan gedoen word tussen 5 Maart 2019 en 12 Maart 2019 of op die aand van die verkiesing. ‘n Algemene kennisgewing sal uitgaan op Dinsdag, 5 Maart 2019 saam met ‘n nominasievorm. Nominasievorms is ook beskikbaar by ons navraetoonbank en voltooide vorms kan ook daar ingehandig word.

Ingenieurs verslag H/S Pretoria-Noord

Geagte ouers neem asb. kennis dat na aanleiding van die hartseer gebeure by H/S Driehoek en op versoek van ons versekeraars het die Beheerliggaam ‘n ingenieurs verslag verkry rondom die veiligheid van ons skoolgeboue. Die strukturele verslag dui aan dat ons geboue veilig is en slegs kosmetiese verbeterings word aanbeveel.

Program vir die week

Maandag, 4 Maart:

  • Detensiesessie, 14H00 – 16H00, K18 en Mediasentrum.

Dinsdag, 5 Maart:

  • Toetsdag.
  • Graad 12: Akademiese uur, sleutel 4, 14H15 – 15H15.
  • Gasvryheidstudies: Graad 11 restaurantaand, 18H00, restaurant.
  • Hokkie Akademievergadering, 18H00, personeelkamer.

Woensdag, 6 Maart:

  • Akademiese uur, 14H00 – 15H00, graad 8 -11.
  • Tennis: PNHS 2 v/s Zwartkop, 14H30, Pretoria-Noord Klub weg.
  • Netbal: 0/14 en 0/15 Distrikproewe, 14H30, H/S Tuine.

Donderdag, 7 Maart:

  • Toetsdag
  • Fotografieklub vergadering, 14H00, K 72.
  • Graad 12: Akademiese uur, sleutel 5, 14H15 – 15H15.
  • Netbal: 0/16, 0/17 en 0/18 Distrikproewe, 14H30, H/S Tuine.
  • Gasvryheidstudies: Graad 11 restaurantaand, 18H00, restaurant.

Vrydag, 8 Maart:

  • Fisiese Wetenskap: Interne Water Kompetisie, 14H00 – 16H00, skoolsaal.

Saterdag, 9 Maart:

  • PUK 16 Poelwedstryd 3, PNHS v/s H/S Stofberg, 09H00, weg.

Aflaai aanhangsel

Terug