Swem

Swem

Swem borrel deur die are van die PNHS swemspan.


Organiseerder: Mnr. R.J. Marais

Afrigter: Me. R. Swart

PNHS is deel van die Tshwane D-liga en die swemmers sien jaarliks uit na die byeenkoms. Jaar op jaar bereik PNHS se swemspan puik prestasies.

In 2018 by die D-liga Interhoër, Behaal PNHS ‘n algehele 3de, waar die dogters 4de en die seuns 2de eindig. Ons spog met 13 goue-, 9 silver- en 9 brons medaljes. Ons individuele goue medalje wenners was: Caelum De La Porte, Chilene Vorster, Ilana Slabbert, Wian Rademeyer, Johan O’Kelly, Ruban Bekker, Keanu Borman en Lize Britz.

PNHS bied in 2019 die interhoër D-liga aan in die eerste kwartaal. Na ‘n suksesvolle dag, eindig PNHS algeheel 3de. Die dogters behaal ‘n 5de plek en die seuns eindig 2de. Ons spog met 3 goue-, 13 silver- en 12 brons medaljes. Ons individuele goue medalje wenners was: Louné Scholtz en Ruban Bekker.

In 2020 het ons by Interhoër deelgeneem, ten spite van Covid-19. PNHS was algeheel 5de. Die dogters het ‘n 6de- en die seuns 3de geeindig. Ons spog met 4 goue-, 12 silver- en 4 brons medaljes. Ons individuele goue medalje wenners was: Dylan McMaster en Lize Britz.

Interhoër, Interhuis en twee vriendskaplike galas is hoogtepunte waarna PNHS se swemspan van 2021 kan uitsien.



Personeel


Mnr. R. Marais


Gallery



Terug