Sagtebal

Sagtebal

“Don’t let the fear of striking out, prevent you from playing the game” ~ Babe Ruth
By PNHS besef ons jy mis 100% van die houe wat jy nie vat nie!


PNHS Sagtebal is die sport met die meeste deelname. Ons het vier Dogters spanne en vyf Seuns spanne in die A liga - en ons groei elke jaar. Met ons passievolle en betrokke ouers en afrigters, van die beste gehalte, kan ons net nuwe hoogtes bereik.

Sagtebal het ontstaan in Chicago, 1887. Vandag speel meer as 65 miljoen mense reg oor die wêreld sagtebal in ongeveer 130 lande. Sagtebal is een van die sportsoorte met die meeste deelname ter wêreld.

Die S.A. Mans is tans 11de in die wêreld en S.A. Vrouens 22ste. Sagtebal in Suid-Afrika groei jaarliks. Sagtebal is tans ook ‘n Olimpiese sport met ‘n Wêreldbeker elke 2de jaar. Daar word jaarliks 0/15 en 0/19 Gauteng-Noord spanne gekies, asook elke tweede jaar Gauteng spanne, waaruit S.A. spanne gekies word. Sagtebal word deur baie universiteite beoefen wat ook beurse aanbied. PNHS bied baie geleenthede in sagtebal en is dus die regte plek om deure oop te maak.



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


VOORUITSKOUING VAN DIE SEISOEN

Vooruitsigte vir 2024:

Die jaar wil ons graag al ons dogter spanne by uitspele kry , deur pre - season oefeninge en meer bloodstelling aan hoë druk wedstyde in seisoen,deur om op Woensdae teen hoër ouderdomme te speel. Ons wil ook meer afrigters by Thwane en Gauteng - Noord betrokke kry.

Ons kyk ook om onder 15 B spanne die jaar te begin.

Ons kry ook nuwe backstops en nuwe batting cages, beste in Pretoria.

Ons wil ook meer dogters in Gauteng noord spanne kry.

NA DIE SEISOEN

Die sagtebal seisoen vanjaar het begin met n Sagtebaldag (all day rally).Met 12 skole,180 wedstryde en oor die 1000 mense was dit die grootste sagtebaldag tot dusver.5 van ons 10 spanne het semi-finaal asook finaal gespeel.Ons O/14 en O/16 seuns verower goud in Gauteng Noord waar ons O/15 en O/19 seuns silwer verower het.Die O/15 en O/19B sagtebal dogters behaal n 4de plek in Gauteng Noord.

22 van ons spelers het die Gauteng Noord span gemaak 2 spelers het Gauteng span gehaal en 1 speler het S.A span gekry.Met hulp van hulle finominale afrigters waarvan 10, jare lank provinsiaal speel,2 van hierdie afrigters het ook al vir SA’s gespeel.Met al hierdie talent is dit verseker dat hierdie spanne nog hoë hoogtes gaan bereik.

AFRIGTERS / PERSONEEL BETROKKE

0/14 Seuns:

Gehan Snyders, Laance Moore, Andre’ Wessels

0/14 Dogters:

Barry Fourie, JP Pienaar

0/15 Seuns A en B:

C.J. Breytenbach, Arno Barnard, B span: Kenneth Macferrier

0/15 Dogters A en B:

Bryan v. Staden, Chante’ Williamson, B span: Paul Kohls

0/16 Seuns:

Pierre Neethling, Choppie van Niekerk, Jandre’ van Wyk

0/16 Dogters:

Leehan v. d. Walt, Nuska De Beer, Tehillah De Beer

0/19 Seuns A en B:

Albert Kleyts, Keandre’ Lotter, B span: Morne’ Jacobs

0/19 Dogters A en B:

Corne’ Breedt, Sanrie van Aswegen, B span: Kimberly Breedt

Pitcher afrigters:

Pierre Neethling, Arno Barnard, Bryan v Staden en Nuska de Beer
N.B: (Begin reeds in eerste week van Mei en is ook in vakansie)


Gallery



Terug