Rugby

Rugby

PNHS se rugby neem jaarliks deel aan die PUK-16 reeks. Ons spanne het al menigmale bekers verower en uitgestap as PUK-16 wenners in spesifieke ouderdomsgroepe, maar in 2014-2016 het PNHS uitgestap met die beker vir beste rugbyskool.


Rugby Dirikteur/Hoofafrigter: Thomas Pieterse

Organiseerder: Douglas Botes

Afrigters: Gehan Snyder, Douglas Botes, Moosa Makunyane, Hendrik Badenhorst, Barry Fourie, Quinton Bye, Herman Jacobs, Andrew Masombuka, Nardus Strydom, Ari Dekker Jaco Oosthuizen, Thomas Pieterse.

Rugby by PNHS word hoofsaaklik in kwartaal een, twee en drie gespeel. In die eerste en tweede kwartaal neem ons deel aan die PUK-16 reeks en die Virsekerbeker Noordvaal- reeks, Afdeling 2 vir groot skole. In die derde kwartaal neem ons spanne deel aan die uitspele vir die Virsekerbeker. Die skool neem ook deel aan 7’s rugby. Daar is jaarliks vier toernooie waaraan ons deelneem, waarvan een van dié toernooie een is wat ons aanbied op PNHS se tuisvelde.

“Aan die brand”, is hoe ons die rugbyspanne van Hoërskool Pretoria-Noord kan beskryf!


Nuutste Nuus


“Aan die brand”, is hoe ons die rugbyspanne van Hoërskool Pretoria-Noord kan beskryf!

Covid-19 het veroorsaak dat talle sportsoorte kortgenip word vir die tweede opeenvolgende jaar en dus kon PNHS se rugbyspelers nie tot die beste van hulle potensiaal floreer nie. Met die verskeie uitdagings wat Covid-19 vir PNHS se rugby geskep het was daar tog ‘n oogwink van ‘n geleentheid vir interskole spel.

PNHS kon aan twee wedstryde deelneem in die jaar van 2021 waar ons uitstekende resultate verower het teen Hoërskool Midstream en Die Hoërskool Wonderboom. Drie van PNHS se o/16 rugbyspelers (Jaundre Brink, Marnus Maritz en Jude van Staden) het bo hulle tallente uitgeskiet en deur gedring tot by die laaste rondte van die Blou Bul Proewe.

PNHS het die geleentheid gehad om te kon deelneem aan twee sewes rugby toernooie. Beide die junior en senior spanne het uitsteekend gevaar en derde plekke verower in beide toernooie.

Die junior-rugbyspelers van PNHS word die geleentheid gebied om in die jaar van 2022 kragte te gaan meet by die USN Rugby-week by Camp Discovery. Die senior-rugbyspelers van PNHS word wel die geleentheid gebied om hulle kragte te gaan meet teen die kuslyn van Port-Edward by Glenmore. Hierdie seuns sal die geleentheid hê om nou saam met die Sharts-akademie te werk en tot die beste van hulle vermoë rugby te kan speel en uitleef.

Toere vir 2022:

- Juniors- USN Camp Discovery
- Seniors- Glenore, Port-Edward

Toernooie vir 2022:

- Puk-16 reeks
- Virsekerbeker Noorvaal
- Vier sewes toernooie
- PNHS Laerskoledag Maart 2022


Personeel


Mnr. B. Fourie

Mnr. D. Botes

Mnr. H. Badenhorst

Mnr. H. Jacobs

Mnr. T. Pieterse


Gallery



Terug