Netbal


Netbal

PNHS Netbal gee elke dogter die geleentheid om haar potensiaal uit te leef deur geesdriftige en kwaliteit afrigting.


Pretoria-Noord spog met vyf pragtige weervaste netbalbane met spreiligte. Die bane word gereeld opgegradeer en is ‘n aanwins vir ons skool.

Netbal is ‘n dames wintersport wat reeds vroeg in Januarie afskop. Die netbalspanne neem jaarliks deel aan die NWU-16 toernooi asook die Jubilee B liga wat saamgestel is uit 3 verskillende distrikte. Die O/15-span neem deel aan die Kay Motsepe toernooi. Die laaste wedstryde word begin Junie by die Tshwane uitspele gespeel.

Gedurende Augustus neem ons ook deel aan die Fast 5 liga.

NA DIE SEISOEN:

Ons is trots op die spanne wat deursettingsvermoë getoon het en in 2024 goeie prestasies gelewer het.

PNHS netbal verower ‘n algehele 4de plek by die NWU-16 toernooi.

Die 0/15A span neem deel aan die Kay Motsepe toernooi waar hul pragtig presteer.

Die volgende speelster het ‘n uitsonderlike prestasie behaal:

Rina Mamabolo behaal die 0/19 Distrik span en neem deel aan die Gauteng proewe. Rina word ook verkies tot die 0/19A Royal Bafokeng span wat gedurende 24-29 Junie aan ‘n toernooi te Hoërskool Waterkloof deelgeneem het.

AFRIGTERS / PERSONEEL BETROKKE:

Organiseerder: M. Lindeque

Afrigters: E. Fraser, L. Venter-Krüger, H. Louw, L. du Toit, M. van Coller, L. van Staden, J. de Lange, I. Potgieter en E. Steyn(hoof-afrigter).

Tegniese tafel:

T. de Beer asook PNHS Netbal Akademie



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


Netbal - 2024

Die netbalseisoen van 2024 het vele suksesse opgelewer. Ons gaan beslis daarop voortbou. Ons netbalspanne oefen regdeur die jaar om te verseker dat ons fiks en gereed is vir die NWU-16 reeks asook die Jubilee B liga. Op 1 Februarie het ons ‘n suksesvolle ouer-netbal-inligtingsbraai gehad. Op 10 Februarie is dit ons groot interne proewe dag waar elke speelster die geleentheid kry om haarself te bewys. Ons bied ook met trots ‘n Laerskole Rugby- en netbaldag aan op 17 Februarie waar 0/13A speelsters deelneem. Hou asb ons facebook blad dop vir verdere datums.

Ons sien uit na die res van 2024 se netbalseisoen en ons voorbereidings vir 2025!


Gallery



Terug