Landloop

Landloop

PNHS se langasems hou uit tot die einde! Landloop bied aan die gemiddelde sowel as die elite langasem atleet die geleentheid om aan die Pretoria – skoleliga deel te neem, asook op die hoogste vlak by Gauteng- Noord sowel as op Nasionale vlak.


Interhuis, 3 liga byeenkomste, aflos, 2km DASH, Gauteng-Noord proewe en die Suid-Afrikaanse kampioenskappe is die hoogtepunte waarna PNHS se landloopspan van 2023 kan uitsien.

In 2022 eindig PNHS algeheel 14de in die A-afdeling. Die dogters eindig 13de en die seuns 16de. Simone de Koker behaal ‘n algehele 5de plek en Schalk Fourie ‘n 8ste plek. PNHS spog met 8 atlete wat gekies word vir die Gauteng-Noord span en neem deel aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe.

“I believe God made me for a purpose, but He also made me fast. And when I run I feel His purpose.”

Oragniserder: Me. R. Swart

Afrigter: Me. C. Goodinson



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


Die langasems verdien goud

Daar is min mense wat oor die toewyding en vasbyt van ‘n langafstandatleet beskik.

Die wat weet, sê dat om te kan presteer, moet jy ten minste ses dae per week oefen. Elke week van die jaar. Dit beteken driehonderd en twaalf dae uit die driehonderd vyf-en-sestig dae van die jaar.

Daar is twee landloopklubs by die skool betrokke en die onderskeie afrigters sorg dat ons atlete topfiks is.

Dit is dan ook waarom PNHS se langafstandatlete jaar na jaar so goed kon presteer.

In 2019 neem die atlete aan verskeie byeenkomste deel en presteer as volg:

Die senior dogters eindig eerste in al ses hul B-bond ligawedlope, terwyl die junior seuns in elk van hul ses B-bond ligawedlope in die top drie plekke eindig.

Die atlete het hul medaljes tydens n glans geleentheid by Hoërskool Eldoraigne, in ontvangs geneem.

Hiermee wen PNHS dan die liga in die B-bond en skuif die landlopers op na die A-bond vir 2020. Ongelukkig kon Landloop nie in 2020 plaasvind nie en dus sal ons dan in 2021 steeds in die A-Bond deelneem.

In 2019 het veertien van ons landlopers het gekwalifiseer om as lede van die Gauteng-Noord span by die interprovinsiale byeenkoms te Middelburg deel te neem.

Ten spyte van strawwe kompetisie, word Dylan McMaster, Willie van Rooyen, Abigail Grobler en Natasha Sikisi gekies om die Gauteng-Noord span by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe te verteenwoordig.

Carla Bronkhorst


Gallery



Terug