Krieket

Krieket

PNHS se krieketakademie slaan jou vir 'n ses vanuit gevestigde waardes en krieketetiket.




Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


Krieket Verslag 2022

In vergelyking met verlede jaar was 2022 baie meer georden en ons speel in ‘n volledige liga soos voor die gevreesde pandemie. Soos sedert 2015, ding ons weer mee in Northerns Cricket se B-liga wat naas die A1 en A2 ligas die derde sterkste liga is by Northerns.

Lees meer


Liga 1e span - Wagpos

Lees meer

Liga uitslae week 1

Lees meer

Liga 1e span - Wagpos

Lees meer

PNHS Krieket bepalings 2022 - Gewysig op 25 Augustus 2022

Lees meer

Krieket Bepalings 2022

Ons sien uit na ‘n baie besige seisoen. Ek heg ook al die tuis bepalings aan en sien uit daarna om u as toeskouer te verwelkom.

Lees meer

Krieket wintertoernooi in Brits : Uitslae

Soos voorheen berig, het ons 1e-Span oefengroep deelgeneem aan ‘n wintertoernooi in Brits. Ons is besonder dankbaar vir ATA wat ons nuwe wedstrydhemde geborg het. Die seuns het voorwaar spoggerig gelyk.

Lees meer

Voorbereiding Sinoville Krieketklub

PNHS se senior oefengroep het die afgelope twee dae vooberei vir ‘n wintertoernooi in Brits. Die toernooi vind plaas vanaf 13 Julie tot 15 Julie en ons gaan drie wedstryde speel. Ons bedank Sinoville Krieketklub vir die beskikbaarheid van hul fasiliteite aangesien ons kolfblad nog nie gereed is na die winter behandeling nie. Ons voorbereiding het twee vyf-uur sessies behels op 11 en 12 Julie.

Lees meer


Krieket 2022 - Ricea Coetzer genooi om KSA Vlak 2 afrigtingskursus by te woon


Krieket Ricea Coetzer

Krieket kolfblad 2022


Krieket

Krieket Winterweek 2022


Krieket
Krieket

PNHS Krieket bied aan:

Uitslag vriendskaplike wedstryd

PNHS vs Brits Hoërskool : 28 Mei 2022

Ludwig Erasmus, kaptein van PNHS wen die loot en besluit om eerste te boul. Brits Hoërskool teken 259 lopies aan in 39.2 boulbeurte. Wian Reynners lewer ‘n besondere prestasie deur 5 paaltjies te neem in 7.1 beurte vir 50 lopies. Hy staan 6,98 lopies per beurt af teen ‘n treftempo van 10 lopies per paaltjie.

Lees meer

6 Aan n kant pret - 20 Mei 2022

Ons vriendskaplike T20 wedstryd wat op 20 Mei 2022 sou plaasvind teen Brits Hoërskool, moes ongelukkig op kort kennisgewing verskuif word as gevolg van onvoorsiene omstandighede.

Itumeleng Moseki, ons hoofafrigter, en Wynand Pienaar, ons organiseerder, het vinnig planne gemaak sodat die seuns wel speelkans kry in ‘n 6-‘n-kant wedstryd.

Lees meer

Draaibal-Kliniek op 18 Mei 2022


Aangebeied deur Harry Shapiro

Harry, ‘n toonaangewende spinafrigter het ons skool op 18 Mei 2022 kom besoek om met ‘n paar uitgesoekte seuns en ons afrigters te werk.

Harry was vir meer as 30 jaar lid van Krieket Suid-Afrika se afrigtingspan. Sedert 2021, tree hy op as eksterne afrigters consultant by KSA.

Lees meer



Krieketverslag 2021:

Dit was ‘n jaar met baie onsekerheid weens die COVID pandemie en groot onsekerheid het geheers of ons wel hierdie jaar sou krieket speel. Dit was met groot verligting toe ons op 7 Augustus van die Departement van Basiese Onderwys verneem dat ons nie-kontak sport mag begin beoefen.

Dit was aanvanklik ‘n geskarrel om proewe te reël en die spelers gereed te kry vir die onderskeie ligas. Ek wil graag vir Itumeleng Moseki, hoofafrigter 1ste Span, Gregory van Aswegen en Mornè Pienaar 0/14, Gehan Snyder en Dehan Martin 0/15, en Ruan Marais, 2e Span bedank vir hul insette en lang ure in die son.

Soos sedert 2015, ding ons weer mee in Northerns Cricket se B-liga wat naas die A1 en A2 ligas die derde sterkste liga is by Northerns.

Ons 0/14 span wen 3 uit 5 wedstryde

Ons 0/15 wen 3 uit 6 wedstryde

Ons 2e span kon ongelukkig nie ‘n wedstryd wen en kon in slegs een wedstryd teen AHS –F punte deel. Die wedstryd kon nie voltooi word nie en is afgelas na die weer nie wou saamspeel nie.

Ons 1ste Span wen 3 uit sewe wedstryde. Ons het hierdie jaar met ‘n bouproses begin en speel met ‘n baie jong span. Die spansamestelling was slegs een Gr 11 speler, ses tot sewe Gr 10 spelers en die res 0/14 en 0/15 spelers.

Die manne het goeie rekenskap van hulself gegee en deurgaans bly groei. Die hoogtepunt was sekerlik die laaste wedstryd van die 1ste span teen Hoërskool John Vorster toe ons vir ‘n skamele 122 uitgeboul was. Tussen beurte was die opdrag eenvoudig: “Wys karakter en veg tot die bittereinde”. Ons boul John Vorster toe uit vir 118 en wen met vier lopies in ‘n ongelooflike terugvegpoging.

Toekennings tydens die meriete funksie 2021:

Beste 0/14 speler : Ettienne du Bruyn
Beste 0/15 speler : Jean Swart
Beste Senior kolwer : Jayden Gordon
Beste Senior bouler : JJ du Raan
Bester Senior speler : Andrew Durdle

Ons bedank ons afrigters. ouers, tellinghouers en spelers vir ‘n goeie seisoen

Dankie ook aan ons borge wat ons in die moeilike tye ondersteun het:

Johan Erasmus
Wiets Vorster
Werner Rynners

Wynand Pienaar
Organiseerder


Gallery



Terug