Gholf

Gholf

Ons nooi almal wat graag deel wil wees van die aktiwiteit, ook die wat wonder of hulle kan gholf speel.


PNHS skryf 4 spanne in vir die ligas en 1 span vir die PUK 16 week.

Ons neem deel aan die Pretoria Liga (Gauteng Noord) asook aan die PUK 16 reeks.

Jy benodig jou eie volledige stel gholfstokke.


Nuutste Nuus


PNHS neem elke jaar deel aan die Voorsitters Trofee, PUK 16 reeks en die Noord Gauteng Hoërskole liga. Hierdie is n opwindende uitkloptoernooi wat tussen die skole Pretoria gehou word.

Slegs een span neem deel aan die Puk 16 toernooi wat in Potchefstroom plaasvind gedurende die naweek van die PUK 16 wintersport finale.

Die Noord Gauteng skoleliga vind plaas in die derde kwartaal en PNHS beoog om vier spanne in te skryf gedurende 2021.

Ons sien uit na n opwindende 2021 gholf seisoen. Ons beoog om vier gholfspanne gedurende 2021 in te skryf in die D afdeling van die Tshwane liga. Die D-Liga is 'n ontwikkelingsliga en ons doel is om die seuns en dogters se gholfvaardighede op te skerp. Oefensessies en oefenrondtes sal plaasvind gedurende die laat tweede- en derde kwartaal.

Kom ons geniet n “PAR” rondtes.


Personeel


Mnr. CJC. Driescher

Mnr. F. Venter

Mnr. G. van Aswegen

Mnr. H. Badenhorst


Gallery



Terug