Wintertee


Wintertee

Wintertee – ʼn Spoggeleentheid gekenmerk deur styl, klas en glans.


Die jaarlikse wintertee is nie net ʼn geleentheid waartydens dames kekkel oor ʼn koppie tee en ‘n kolwyntjie nie. Dit is ʼn instelling wat al meer as 15 jaar deel is van die PNHS-geskiedenis. Op ʼn koue Saterdagoggend in Augustus dek elke gasvrou (hoofsaaklik ma’s uit die gemeenskap) ʼn tafel met net die mooiste en beste teekoppies en koekbordjies uit haar kas. Kort voor lank verkeer vriendinne en familielede dan gesellig rondom die tafel en kry elke dame die kans om te ontlaai terwyl sy na ʼn besielende boodskap van ʼn bekende gasspreker luister. Hierna smul al die dames aan die heerlike verversings wat voorsien word en word daar ook nog ʼn hele klomp koppies tee oor vele praatjies en geselsies geskink.



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


Wintertee 2024

Die voorprogram van die jaar se wintertee het drie van ons dogters se unieke talente ten toon gestel. Leandré Koekemoer het ʼn voordragitem gelewer met die titel van die gedig -ʼn Gebed vir ʼn Vrou. Leila van Renburg het ʼn pragtige instrumentale item op die klawerbord gespeel en Donia Janse van Rensburg het ʼn besonderse dans-item gelewer en die gehoor in vervoering gehad met haar indrukwekkende akrobatiese vermoëns. Die gasspreker Matie van Graan het behoorlik die gehoor se lagspiere geprikkel. Haar verhale het ʼn vrolike atmosfeer geskep en elke dame kon vir ʼn uur vergeet van al die swaarmoedigheid in ons alledaagse lewe. Die gasvroue het verseker dat die tafels elegant en stylvol gedek is en dit is indrukwekkend om te sien hoe elke gasvrou unieke idees aan haar tafel toeken.

Afrigters en Personeel betrokke:

Me. C du Toit, Me. A van Niekerk, Me. C Erasmus (gasvrou) en Me. J de Beer (gasvrou).

Na die seisoen:

Ons sien reeds met groot opwagting uit na die Wintertee 2025.



Gallery



Terug