Toneel
Die toneelgroepe bring jaarliks tydens die PNNK (Pretoria-Noord Nasionale Kunstefees) top produksie op die planke.
TONEEL
In 2024 het twee splinternuwe tonele die PNHS-verhoog betree.
Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook bladNuutste Nuus
Toneel 2024
Juffrou Williamson het die teks “Dis nie wat jy dink nie” geskryf en juffrou Basson “Die engele in en om ons”. Hierdie tonele het ons op ʼn emosionele tuimeltrein geneem waar die gehoor geskater, maar ook ʼn traan gepik het. Die derde toneel, “Matrimoon”, is vertolk deur ʼn Gr. 12-leerder, Ruben Beukes, en met sy veelsydige persoonlikhede het hy beslis komiese verligting gebring om die aand mee af te sluit. Die matrikulante, in besonder, kon aanklank vind by dié toneel, siende matrimoon beskryf kan word as die simboliese “maan” wat die einde van die matriekjaar aandui. Dit is hoe ʼn matrikulant die laaste fase van hulle skoolloopbaan beleef, met al die emosies, uitdagings en oorwinnings wat daarmee gepaard gaan. So gepas met die rekordeksamen wat op hande was. ʼn Noemerswaardige punt om ook uit te lig, is hoe groot die belangstelling in toneel onder PNHS-leerders toegeneem het. Hierdie jaar het ʼn hele paar leerders wat uitblink op die sportveld en in ander kulturele aktiwiteite deelneem, op die verhoog geskitter.
Afrigters en Personeel betrokke:
Juffrou A. Pieterse
Juffrou C. Bronkhorst
Juffrou C. Williamson
Juffrou M. Basson
Juffrou A. Van Niekerk.
Na die seisoen:
Beide tonele, “Dit is nie wat jy dink nie” en “Die engele in en om ons” poog om in 2025 deel te neem aan die ATKV-tienertoneel en die FAK se Allegreto toneelfees.
TONEEL – EKSTERNE KOMPETISIES
Die toneel “Barbie – pienk perfeksie” wat verlede jaar vir die eerste keer op die planke verskyn het, het hierdie jaar deelgeneem aan die ATKV-tienertoneelkompetisie en die FAK se Allegretto Toneelfees.. Buitendien dat die leerders, sowel as afrigters dit terdeë geniet het, het die leerders en produksie ook talle toekennings verwerf. By die ATKV verwerf ons silwer vir die produksie, regie, stelontwerp en klankbaanontwerp. Vir kostuums verwerf ons goud en brons vir beligtingsontwerp. Riana Bezuidenhout en Christof Fourie verwerf brons, onderskeidelik as verhoogbestuurder en klankoperateur. Die volgende toneelspelers ontvang brons vir spel in die produksie: Mia Rynners, Ewan van Zyl, Marique Bam en Tristan Booyens. By die Allegretto Toneelfees presteer ons ook goed en verwerf brons vir beligtingsontwerp, klanksamestelling, Ensemble en vir die ontwerp van die toneelstuk se plakkaat. Vir beligting hantering, klankhantering, tegniese aspekte en grimering verwerf ons silwer en goud vir kostuums. Mia Rynners, Tristan Booyens en Ewan van Zyl ontvang ook brons vir spel in die produksie.
Afrigters en Personeel betrokke:
Juffrou M. Basson en Juffrou A. van Niekerk
Na die seisoen:
Daar is ʼn noemenswaardige toename in belangstelling en deelname. Die mikpunt bly egter om nog meer leerders te motiveer en te inspireer om aan toneel deel te neem. Leerders is soms nie eers bewus van die feit dat hulle talent het nie en die afrigters is dan daarop gestel om die talent te identifiseer, te ontwikkel en te versterk. Daar word beslis ook uitgekyk oor die horison na ander eksterne kompetisies.