Koor


Koor

Die koor van PNHS staan bekend as Canta Libre wat beteken om ‘vrylik te kan sing’. Die koor is in 2017 gestig en spog tot vandag met mooi musiek en ‘n familie-gees.


CANTA LIBRE SKOOLKOOR

Canta Libre streef om ons koorlede op te bou, te ondersteun en te ontwikkel. Ons koor bestaan tans uit 35 lede en groei elke jaar.

Koor oudisies vir nuwe lede vind plaas aan die einde van Januarie waarna die koor volstoom wegspring en elke Woensdag oefen van 15:00 tot 17:00, tot en met Oktober.

Ons neem jaarliks deel aan verskeie feeste en kompetisies soos bv. Sing in Harmonie, die Wonderliggiefees en hierdie jaar ‘n nuwe fees, Worship is GROOT. Die koor het hard gewerk aan al hulle musiek en gegroei as ‘n familie. Die lede sprankel altyd met energie, passie en talent.

Kom raak deel van meer as net ‘n skoolkoor. Kom raak deel van ons familie.

Afrigters / Personeel betrokke:

Meneer Francois Olivier (afrigter)
Juffrou Driescher (organiseerder)
Juffrou Scheepers (hulp-organiseerder)



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


Hierdie jaar was vir die koor ‘n jaar waar ons nuwe talente ontdek het en die koorfamilie kon uitbrrei. Die seisoen het afgeskop met ‘n jolige koorkamp vol pret en nuwe geleenthede.

Die koorfamilie het die seisoen begin met ‘n koorkamp waar daar gewerk was aan part en nuwe liedjies wat baie opwinding veroorsaak het. Daar was aktiwiteite waaraan almal kon deelneem. Die kamp was ‘n reuse sukses. Die koor het ook deelgeneem aan kompitiesies soos Conwonnité en die seisoen afgesluit met ‘n optrede by die jaarlikse Wonderliggie fees.

Na die seisoen:

Daar wag groot opwinding in 2024 vir die koor en daar kan uitgesien word na nog vele kompetisies en avonture wat voorlê.



Gallery



Terug