Fotografieklub
“Kliek, kliek, kliek…” Dit is die klank van ons kameras wat jy hoor om jou beste oomblik of sommer net iets mooi vas te vang. Kom word deel van die PNHS-paparazzi.
Ons fotografieklub is dalk klein, maar ons kameras kliek verwoed. Ons wil elkeen help om hulle beste oomblikke te kan koester deur dit op ‘n foto vas te vang.
Ons doen gereeld uitdagings wat ons help om beter fotograwe te word, en om die wêreld uit ‘n ander perspektief te sien. Ons mis nie sommer ‘n geleentheid wat die skool ons bied om ons lense uit te ruk en foto’s te neem nie. Die foto’s wat jy op ons sosiale media en op ons webblad sien is die beelde wat deur ons lense vasgevang is.
Ons kyk onder andere na hoe lig foto’s en hul kwaliteit beïnvloed, om vanuit verskillende perspektiewe na voorwerpe te kyk, agtergrondspeling, aksiefoto’s en nog vele meer.
Die fotografieklub poog om elke twee weke bymekaar te kom onder leiding van mnr. H. Jacobs.
Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook bladNuutste Nuus
Ons het 2024 afgeskop met volle swang en 'n gekliek van kameras. Ons eerste vergadering is agter die rug en nou kan die herinneringe vasgevang word vir 2024.