FAK / Afrikaanse ekspo
Hierdie kompetisie word deur die FAK geloods om die leerlinge verbonde aan skole of studente verbonde aan universiteite se kreatiewe denke vrye teuels te gee rondom ‘n tema.
Die kompetisie bied jaarliks vir skoliere en studente internasionaal die geleentheid om in die Afrikaanse Taal hul kreatiwiteit uit te leef. Ons leerlinge neem jaarliks deel aan die kompetisie. Op grond van die aantal inskrywings het ons skool al drie jaar agtereenvolgend as wenskool met die louere weggestap.
Ons spog ook met verskeie kategoriewenners.
Die afdelings waarin die leerlinge kan deelneem, is: kreatiewe skryfkuns soos opstelle, kortverhale, gedigte, dagboekinskrywings en resensies.
Dan is daar ook visuele uitbeeldings oor ‘n bepaalde tema. Die kamera word ook ingespan om temas op ‘n interessante manier te belig.
Afrigters / Personeel betrokke:
Juf. Du Toit en die Afrikaans Departement.
Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook bladNuutste Nuus
Puik prestasies in die FAK Internasionale Ekspo!
Sertifikate:
- 44 Goud 🥇
- 45 Silwer 🥈
- 6 Brons 🥉
Baie geluk aan elkeen van ons leerders met jul individuele prestasies! Julle harte klop warm vir Afrikaans! Ons is baie trots op julle!