Debat


Debat

Daar word elke jaar debat oudisies gehou. Daar word dan vyf spanne gekies. Twee junior spanne wat drie in ‘n span is. En drie senior spanne wat twee in ‘n span is.


Debat is ’n buitemuurse aktiwiteit waar die leerders leer hoe om hoflik oor ’n saak te stry en vas te staan in hulle standpunt. Die leerders leer hoe om bronne te gebruik en watter bronne kredietwaardig is.

Die leerders word geleer hoe om konstruktiewe toesprake en repliek toesprake te skryf, asook oor te dra. Vele artikels en joernale word deurgegaan vir die voorbereiding vir die debat, veral vir die debatsgesprek. Een seniorspan en een juniorspan het in 2023 hulle kompetisie by die ATKV-debatskompetisie gewen. Hierdie leerders het behoorlik hulle standpunt gestel en het sommer almal daarvan oortuig.

Die afrigters vir die debat is mejuffrou B. Bronkhorst, mejuffrou T. de Beer en meneer J. van Wyk. Al drie hierdie afrigters het ondervinding in debate en pak elke oefening met geesdrif en deeglike voorbereiding aan.



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


Debat 2024

Die PNHS raakpraters het in 2024 in drie spanne opgedeel en saam in April na die ATKV-Debatskompetisie vertrek, waar hul behoorlik hul opponente ore aangesit het.

Die Junior span het as voorstanders opgetree met hul skerp insae op die onderwerp; "Skoolsport moet afgeskaf word." en het die teenstanders behoorlik laat dink.

Die twee Senior spanne het onderskeidelik opgetree as voorstanders en teenstanders, en elke span het met sterk argumente die onderwerp, "Selfdoen-aksie bevorder demokrasie in Suid-Afrika." verdedig en aangeval.

Hierdie spanne, tesame met nuwe debateerders, is gretig om die 2025 ATKV-Debatkompetisie aan te pak.

Gaan doen solank saam met hulle jou eie navosing oor hierdie volgende onderwerpe:

Juniors: "Suid-Afrikaanse realiteitsprogramme weerspieël die werklikheid." / "Suid-Afrikaanse realiteitsprogramme weerspieël nie die werklikheid nie."

Seniors: "Die afskaling van gedrukte media is geregverdig."* / *"Die afskaling van gedrukte media is nie geregverdig nie."



Gallery



Terug