Leieropleiding

Leieropleiding

By Hoërskool Pretoria-Noord plaas ons ‘n hoë premie op leierskap. Dus is daar heelwat geleenthede vir die ontwikkeling van leiers.


PNHS streef daarna om holistiese leierskap by leerders te ontwikkel, gevolglik bied ons elke jaar ‘n leiersopleidingsdag aan onder leiding van die Leierskapakademie. Gedurende die opleidingsessie word spesifieke vaardighede aangespreek deur aktiwiteite en kundige sprekers.

Verskillende leiers op verskillende velde word genooi, van die klasleier tot die kaptein van die eerste rugby span, ons nooi dan ook die omliggende laerskole se leierskorps om deel te wees van die dag.

Die dag word gekenmerk aan die nuwe vriendskappe wat gesmee word, heerlike eetgoed en mooi herinneringe. In 2022 het meer as 200 leerders die dag bygewoon.

Die huidige PN-raad spring self in om as fasiliteerders op te tree tydens die dag se aktiwiteite. Vanjaar is die leerders bederf deur sprekers van Akademia en Solidariteit met die tema “Diensbare leierskap”.

In 2023 sien ons uit na nog meer geleenthede om ons leierskapvaardighede te bevorder.

Organiseerders: Me. A. Smith, Mnr. G. Snyder, Mnr. S. Pretorius, Me. C. Schoonraad, Mnr. J. Gouws, Mnr. B. Augostine.



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


PNHS Leierontwikkelingsdag 2023

(20 Mei 2023)

Dankie aan Pastore 𝘿𝙚𝙧𝙞𝙘𝙠 𝙎𝙩𝙤𝙠𝙚𝙨 en 𝙂𝙞𝙫𝙚𝙣 𝘾𝙝𝙤𝙠𝙬𝙚 Empower Church vir 'n ongelooflike oggend! Dankie dat julle in ons jeug se lewens belê en hulle deur geloof help ontwikkel. Ons het baie geleer, lekker gespeel en heerlik saam met julle gekuier!

Dankie aan elke ouer wat kom help het om vir ons heerlike middagete voor te berei! Ons is bevoorreg om julle ondersteuning te kan hê.



Gallery



Terug