Gr 8 Inburgering

Gr 8 Inburgering

Ons bied jaarliks die twee dae voor die skool amptelik open vir die leerders in graad 8-dagkamp aan. Die twee dae behels die ontmoeting van PN-raad, voogonderwysers en die verkenning van die skool.


Ons Maroelapitte word jaarliks deur die PN-raad in samewerking met Project Summit by die skool ontvang tydens die Gr.8-dagkamp. Die eerste dag word gevul met heerlike aktiwiteite sodat die leerders mekaar beter kan leer ken asook die nuwe skoolterrein en voogpersoneel.

Die tweede dag trek ons weg met die inoefening van die Maroelapitkonsert asook die Gr.8-atletiekbyeenkoms.

Die Maroelapitte word daarna daagliks vir die volgende twee weke deeglik deur die PN-raad ingeburger op ‘n sinvolle en konstruktiewe manier. Hierdie program word deur almal geniet en die Maroelapitte word so sommer gou deel van die PNHS-familie.



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad



Gallery



Terug