Wetenskappe
Wetenskap is 'n vakgebied wat die algemene waarhede of die werking van algemene wette dek, soos verkry en getoets deur wetenskaplike metodes. Die vakgebied bemoei homself met die fisiese wêreld en sy verskynsels.
Natuurwetenskappe:
Graad 8 en 9:
Dit word as inleiding tot graad 10, 11 en 12 Lewenswetenskap en Fisiese Wetenskap bestudeer. Die grondslag word in dié fase gelê vir vedere studie. Die volgende onderwerpe word aangeraak:
- Die lewe en lewenswyse
- Energie en verandering
- Planeet aarde en daarbuite
- Materie en materiale
Fisiese wetenskappe:
Graad 10, 11 en 12:
Graad 10,11 en 12 Fisiese Wetenskap is die basis van verdere studie op tersiêre vlak in Chemie en Fisika. Daar word ook van die leerders verwag om die onderwerpe wat bestudeer word in die praktyk toe te pas. Die vak vereis dus wiskundige- en taalvaardighede van ‘n hoë vlak, bo en behalwe logiese denke. Indien ‘n leerder Wiskundige Geletterheid neem mag hy/sy nie Fisiese Wetenskappe neem nie. Die vak bevat die volgende onderwerpe:
- Meganika
- Golwe en lig
- Elektrisiteit en Magnetisme
- Chemiese verandering
- Chemiese stelsels
Vakaktiwiteite:
Brugbou Kompetisie
Jaarliks word daar aan Suid-Afrikaanse instituut van Siviele ingenieurs (SAISI) se brugboukompetisie deelgeneem. PNHS hou eers ons eie interne kompetisie om te bepaal watter spanne kan aan die Noord-Gauteng kompetisie kan gaan deelneem. Elke span ontvang 25 dun stokkies, gom en tou om ‘n baie sterk, maar ook mooi brug te bou. PNHS se leerders is ware brugbouers en dan is daar ook nog ‘n tydsbeperking om die brûe te voltooi.
Waterkompetisie
Jaarliks word daar aan Suid-Afrikaanse instituut van Siviele ingenieurs (SAISI) se waterkompetisie deelgeneem. PNHS hou eers ons eie interne kompetisie om te bepaal watter spanne kan aan die Noord-Gauteng kompetisie kan gaan deelneem. Elke span ontvang ‘n groot oppervlakte waarop 9 blokke geteken is. Drie watertenks word lukraak op die bloke geplaas en ‘n groot water reservoir hang aan ‘n stander met drie liter water in. Die span kry dan tyd om met plastiekpypies ‘n pyplyding te bou om elke waterteken presies met een liter water te voorsien. Die probleem is dat al die pypies nie ewe dik is nie en die tenks nie ewe ver van die groot tenk af is nie. Daar word jaarliks aan die Wetenskappe olimpiades deelgeneem
Lewenswetenskappe:
Hier LEEF ons, ons passie vir LEWE en die natuur uit deur gereeld op uitstappies te gaan en deurlopend praktiese ondersoeke uit te voer!!
Vakuitstappies:
- DIERETUIN-NAGTOER
- STERKFONTEINGROTTE EN MAROPENG
- Oornag in die museum
Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook bladNuutste Nuus
Brugbou
Spanne 2024 wenners:
Posisie | Span name | Graad | Massa van brug in gram | Massa gedra tot breek in kilogram | Hoeveel keer brug eie massa gedra het |
---|---|---|---|---|---|
1 |
Davie Pieterse Righardt Beytell James Ashby |
11 | 267 gram | 95 kilogram | 35,5805243445693 |
2 |
Egin van der Wall Dawid Briel Prometheus Voyiztzakis |
11 | 245 gram | 62 kilogram | 25,3061224489796 |
3 |
Kaleb Snyman Mcayla de Klerk Leine Erasmus |
10 | 221 gram | 55 kilogram | 24,8868778280543 |
4 |
Dehan Joubert Raygen Christie Larissa Ellis |
10 | 205 gram | 50 kilogram | 24,390243902439 |
5 |
Marx du Plessis Rohan Louw Euan du Plessis |
10 | 307 gram | 57 kilogram | 18,5667752442997 |
Mooiste brug:
GP Engelbrecht, Regart van Tonder en Henrico van Tonder ( gr 10)