Omsendbrief 9/2021

Omsendbrief 9/2021

Administratief
March 18, 2021


OB: 9 / 2021

Geagte ouers
Kultuur: Afrikaanse Ekspo-Beeld plakboek kompetisie 2020

Soos u reeds weet het hierdie kompetisie verlede jaar vanweë die uitbreek van COVID-19 in die slag gebly. Baie dankie aan ons kultuur-hoofafrigter, Me. H Roux, wat groot moeite gedoen het om ons leerders se 2020-inskrywings te laat merk. Hier is die uitslae:

Renata de Beer (spotprente) 92%
Marné Driescher (spotprente) 88%
Lize Britz (spotprente) 84%
Kayla Roets (Resensie 1) 84%, (Resensie 2) 82%, (Spotprente) 86% en (Idiome) 84%.
Niné Roets (Spotprente) 76%.
Cathleen Roets (Idiome 1) 86%, (Idiome 2) 74%, (Resensie) 84% en (Koppe) 82%.
Eleni Trifyllis (Koppe) 92%, (Resensie) 90%, (Idiome 1) 92% en (Idiome 2) 90%.
Maruché Smith (Idiome) 84%.
Clarisza Taljaard (Koppe) 90%.
Christiaan Taljaard (Koppe) 90%.
Ludwig Erasmus (Koppe) 90%.
Romart Henning (Koppe) 86%.
Sascia Lotriet (Koppe) 84%.

D6 Skool Kommunikeerder
  • Laai die D6 Connect toepassing met die swart en wit ikoon af by die Google AppStore. Wanneer u die toepassing oop gemaak het, gaan u versoek word om u selfoon-nommer en wagwoord in te sleutel of in te teken as u ‘n reeds geskepte profiel het.
  • Indien u nie alreeds ‘n profiel het nie, dan gaan u as ouer sien daar is ‘n “registreer”knoppie. U kan daarop klik en die nodige inligting verskaf. Hierna gaan u ‘n OTP verifikasiekode ontvang wat u moet insleutel. Indien suksesvol, sal u na die “boodskapmuur” geneem word.
Koppel u kind of kinders
  • Klik op die drie strepies links bo om u kind se skool te kies. Klik ook op die “Koppel” knoppie om u kind as ‘n leerder aan u profiel te koppel. Kies nou die skool naam of leerder naam (verkieslik) en klik daarop. Nou kan u boodskappe van die skool ontvang.
  • Kies nuus, kalender, bronne of inligting onder. Die inligting opsie gee u ‘n “leerder inligting”-opsie waarop u kan klik. Dit gee u die leerder se punte, huiswerk, dissipline, afwesighede, finansies, leerderinligting en volgelinge. Hierdie is alles opsies waarop u kan klik om dit te monitor.
  • Die toepassing is streng en verifieer dat slegs kinders wat reeds aan ouers in dieselfde familiekode gekoppel is op die stelsel, aan mekaar op die profiel gekoppel kan word. ID nommers moet dus ook korrek ingelees wees op die stelsel. Dit sluit ouers se korrekte selnommers in wat die ontvang van OTP verifikasie kodes gedurende die inteken en registrasie proses moontlik maak.
Beheerliggaam-verkiesing, 17 Maart 2021

Dankie vir almal wat deelgeneem het. Ons kon al ons verkiesings afhandel behalwe ons ouer verteenwoordigers synde ons nie ‘n kworum van 15% gehad het vir die verkiesing nie. Baie geluk aan:

  • Mev. A Smith, Mnr. R Marais en Mev. G Prins wat verkies is as onderwyserlede tot die Beheerliggaam.
  • Me. H Taljaard wat verkies is as ondersteunende personeel verteenwoordiger tot die Beheerliggaam.
  • Elkhan van Wyk, Alexa Farrel en Wian Snyman is verkies as leerder verteenwoordigers tot die Beheerliggaam.

Ons nominasievergadering vir ouerlede kon afgehandel word en die volgende ouers is genomineer vir verkiesing tot die Beheerliggaam:

Mnr. C Botha, Mnr. H Bronkhorst, Mev. C de Beer, Mev. M Engelbrecht, Mnr. F Jv Rensburg, Mnr. D Pieterse, Mnr. H Roets, Mnr. S Samons, Dr. L Scholtz en Mev. T Swart.

Aangesien ons nie die vereiste kworum vir verkiesing kon kry nie sal die opvolgverkiesing sonder ‘n kworum op 6 April 2021 om 18H00 in die skoolsaal plaasvind. 9 van die genomineerde ouers sal dan tot die Beheerliggaam verkies word.

Paas naweek 2 – 5 April 2021

Neem asseblief kennis dat die skool op Donderdag, 1 April 2021, wel om 12H00 sal uitkom (Dit is nie ‘n “April-gek-grap” nie!). Ons besef dat baie van ons ouers reelings vir hierdie naweek getref het.

Aktiwiteite buite skoolverband

Baie geluk aan Zandré Blignaut (11A) wat sy privaat vlieg lisensie verwerf het by Blue Chip Vliegskool te Wonderboom lughawe. Ons is baie trots op hom!

Leerder Ondersteuning Akademie: Noorderlig
  • Noordehoekie tye: Maandae: 07H00 – 08H00 Donderdae: 07H00 – 08H00.
  • Indien ‘n persoon nood het en nie in daardie tye kan kom nie, skakel met ons navraetoonbank sodat ons ‘n afspraak kan maak met tannie Antoinette om u te help.
  • Indien daar nog ouers is wat wil deel word van die omgee-groep kan u gerus ‘n e-pos aan ons voorsitster stuur by: [email protected]

Program vir die week
Vrydag, 19 Maart:
  • Toetsdag.
  • Graad 8 – 12 groep A, dag 1.
Saterdag, 20 Maart:
  • Graad 12: Afrikaans mondeling eksamen, 08H00, K.19.
Maandag, 22 Maart:
  • Publieke vakansiedag.
Dinsdag, 23 Maart:
  • Toetsdag.
  • Graad 8 – 12, groep B, dag 1.
  • PN-Raad vergadering, 15H15-16H00, K. 81.
Woensdag, 24 Maart:
  • Toetsdag
  • Graad 8 – 12 groep A, dag 2.
  • Laerskoolbemarking leerder inoefening, 15H00 – 16H00, K 81.
Donderdag, 25 Maart:
  • Toetsdag
  • Graad 8 – 12 groep B, dag 2.
  • Fotografieklub, 15H15 – 16H00, K. 23.
Vrydag, 26 Maart:
  • Toetsdag.
  • Graad 8 – 12 groep A, dag 3.
Saterdag, 27 Maart:
  • Graad 12: Afrikaans mondeling eksamen, 08H00, K.19

Vriendelike Groete

CJC DriescherHoof

Aflaai aanhangsel

Terug