Omsendbrief 8/2021

Omsendbrief 8/2021

Administratief
March 11, 2021


OB: 8 / 2021

Geagte ouers
Akademiese merietefunksie, 11 Maart 2021

Baie geluk aan al ons top presteerders in die onderskeie vakgebiede asook ons top akademiese presteerders per graad vir 2020:

Graad 8: Nika van der Westhuizen (top 3), Bea-Mae Lombard (top 2) en Juané Pretorius (top presteerder) Graad 9: Taryn Hayes (top 3), Istelle Brand (top 2) en Jemma Els (top presteerder). Graad 10: Monika Vos (top 3), Keana van der Walt (top 2) en Hesmari Scholtz (top presteerder). Graad 11: Alisha Wilkins (top 3), Alexa Farrel (top 2) en Lindi Horn (top presteerder). Graad 12: Lize Britz (top 3: 8 onderskeidings, gemiddeld 86,1%), Louné Scholtz (top 2: 7 onderskeidings, gemiddeld 87,4%) en Marco Botha (top presteerder: 8 onderskeidings gemiddeld 90,3%)

Baie dankie vir al ons leerders wat hier was ook vir ons ouers vir hul geduld met die logistiek.

Graad 8 ASAT

Geagte graad 8 ouer neem asseblief kennis dat hierdie uitslae beskikbaar gestel is. Kry dit asseblief by u graad 8 kind en hou dit byderhand vir u rekords. Dit kan u help met latere vakkeuses of as u kind moontlik leerprobleme ervaar.

D6 Skool Kommunikeerder

Ons het het hierdie jaar oorgeskakel na die D6 administratiewe program om dit vir u makliker te maak. Skakel asseblief so vining as moontlik hierby in sodat u alle nodige kommunikasie van die skool kan ontvang, gemaklik betalings kan maak en u kind se punte en skoolwerk kan monitor.

Opstelling (teken in of registreer)
  • Laai die D6 Connect toepassing met die swart en wit ikoon af by die Google AppStore. Wanneer u die toepassing oop gemaak het, gaan u versoek word om u selfoon-nommer en wagwoord in te sleutel of in te teken as u ‘n reeds geskepte profiel het.
  • Indien u nie alreeds ‘n profiel het nie, dan gaan u as ouer sien daar is ‘n “registreer”knoppie. U kan daarop klik en die nodige inligting verskaf. Hierna gaan u ‘n OTP verifikasiekode ontvang wat u moet insleutel. Indien suksesvol, sal u na die “boodskapmuur” geneem word.
Koppel u kind of kinders
  • Klik op die drie strepies links bo om u kind se skool te kies. Klik ook op die “Koppel” knoppie om u kind as ‘n leerder aan u profiel te koppel. Kies nou die skool naam of leerder naam (verkieslik) en klik daarop. Nou kan u boodskappe van die skool ontvang.
  • Kies nuus, kalender, bronne of inligting onder. Die inligting opsie gee u ‘n “leerder inligting”-opsie waarop u kan klik. Dit gee u die leerder se punte, huiswerk, dissipline, afwesighede, finansies, leerderinligting en volgelinge. Hierdie is alles opsies waarop u kan klik om dit te monitor.
  • Die toepassing is streng en verifieer dat slegs kinders wat reeds aan ouers in dieselfde familiekode gekoppel is op die stelsel, aan mekaar op die profiel gekoppel kan word. ID nommers moet dus ook korrek ingelees wees op die stelsel. Dit sluit ouers se korrekte selnommers in wat die ontvang van OTP verifikasie kodes gedurende die inteken en registrasie proses moontlik maak.
Beheerliggaam-verkiesing, 17 Maart 2021

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons gister ‘n nuwe direktief van die Hoof van die Gauteng Onderwys Departement ontvang het wat die begin datum van die Beheerliggaam verkiesings uitstel na 15 Maart 2021 toe. Noodgedwonge moet ons nou ook weer ons bestuursplan aanpas. Neem asseblief kennis dat ons beheerliggaamverkiesing dan wel sal plaasvind op Woensdag, 17 Maart 2021 om 18H00 in die skoolsaal. Sou ons nie die vereiste kworum verkry nie sal die opvolgverkiesing sonder ‘n kworum op 6 April 2021 om 18H00 in die skoolsaal plaasvind. Nominasiebriewe word weer vir u gerief aangeheg en nominasies kan ingehandig word by ons navraetoonbank vanaf Maandag, 8 Maart 2021 tot Dinsdag, 16 Maart 2021. Ons het reeds met ons verkiesingsbeampte bevestig dat nominasies wat reeds ingehandig is nie sal verval nie. Ons vra om verskoning vir enige ongerief.

Leerder Ondersteuning Akademie: Noorderlig
  • Noordehoekie tye: Maandae: 07H00 – 08H00 Donderdae: 07H00 – 08H00.
  • Indien ‘n persoon nood het en nie in daardie tye kan kom nie, skakel met ons navraetoonbank sodat ons ‘n afspraak kan maak met tannie Antoinette om u te help.
  • Indien daar nog ouers is wat wil deel word van die omgee-groep kan u gerus ‘n e-pos aan ons voorsitster stuur by: [email protected]
  • Ondersteun asb ons saaidag op 18 en 19 Maart. Daar is in elke klas deurgegee wat se item hulle kan bring.
Paas naweek 2 – 5 April 2021

Neem asseblief kennis dat die skool op Donderdag, 1 April 2021, wel om 12H00 sal uitkom (Dit is nie ‘n “April-gek-grap” nie!). Ons besef dat baie van ons ouers reelings vir hierdie naweek getref het.


Program vir die week
Vrydag, 12 Maart:
  • Graad 8 – 12 groep B, dag 4
Saterdag, 13 Maart:
  • Graad 12: Afrikaans mondeling eksamen, 08H00, K.19.
Maandag, 15 Maart:
  • Toetsdag.
  • Graad 8 – 12, groep A, dag 5.
Dinsdag, 16 Maart:
  • Toetsdag.
  • Graad 8 – 12, groep B, dag 5.
  • English Evening, 17H30, saal.
Woensdag, 17 Maart:
  • Toetsdag
  • Graad 8 – 12 groep A, dag 6.
  • Laerskoolbemarking leerder inoefening, 15H00 – 16H00, K 81.
  • Beheerliggaamverkiesing, 18H00, saal.
Donderdag, 18 Maart:
  • Toetsdag
  • Graad 8 – 12 groep B, dag 6.
  • Interne redenaars uitdunne groep B, 14H15, K 19.
Vrydag, 19 Maart:
  • Graad 8 – 12 groep A, dag 1.
  • Interne redenaars uitdunne groep A, 14H15, K 19.
Saterdag, 20 Maart:
  • Graad 12: Afrikaans mondeling eksamen, 08H00, K.19

Vriendelike Groete

CJC DriescherHoof

Aflaai aanhangsel

Terug