Omsendbrief 6/2021

Omsendbrief 6/2021

Administratief
March 02, 2021


OB: 6 / 2021

Geagte ouers
Beheerliggaam-verkiesing, skuif van 4 Maart 2021 na 17 Maart 2021

**Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons gister ‘n nuwe direktief van die Hoof van die Gauteng Onderwys Departement ontvang het wat die begin datum van die Beheerliggaam verkiesings uitstel na 15 Maart 2021 toe. Noodgedwonge moet ons nou ook weer ons bestuursplan aanpas. Neem asseblief kennis dat ons beheerliggaamverkiesing dan wel sal plaasvind op Woensdag, 17 Maart 2021 om 18H00 in die skoolsaal. Sou ons nie die vereiste kworum verkry nie sal die opvolgverkiesing sonder ‘n kworum op 6 April 2021 om 18H00 in die skoolsaal plaasvind. Nominasiebriewe word weer vir u gerief aangeheg en nominasies kan ingehandig word by ons navraetoonbank vanaf Maandag, 8 Maart 2021 tot Dinsdag, 16 Maart 2021. Ons het reeds met ons verkiesingsbeampte bevestig dat nominasies wat reeds ingehandig is nie sal verval nie. Ons vra om verskoning vir enige ongerief. **

Vriendelike Groete

CJC DriescherHoof

Aflaai aanhangsel

Terug