Omsendbrief 40/2020

Omsendbrief 40/2020

Administratief
November 06, 2020


Geagte ouers
Lief en Leed
  • Baie welkom aan:
  • Mnr. G Snyder wat by ons aangesluit het in die vak Geografie in die plek van Mnr. R Theyse.
  • Mev. N Strydom wat vir ons waarneem tot die geadverteerde pos van Mev. C Oosthuizen by Afrikaans gevul is.
  • Baie sterkte aan al ons leerders wat begin het met hul finale assesering.
H/S Pretoria-Noord 2 November tot 6 November 2020

Ons is dankbaar om in die laaste skof te wees van ‘’n baie uitdagende jaar en vra ons leerders en ouers vir nog ‘n maand en ‘n half se vasbyt, sodat ons hierdie jaar suksesvol as skool en gemeenskap kan afsluit. Al ons leerders is sedert Woensdag besig met hul finale assesering.

Ons skoolbywoning vir hierdie week was 100% vir graad 12, 91% vir graad 11, 89% vir graad 10, 96% vir graad 9 en 95% vir graad 8.

Dankie vir ons graad 12 leerders en ouers wat Dinsdag deel geword het van die geskiedenis deur ons eerste “inry graad 12 afsluitingsdiens” by te woon.

Graad 11 se kwartaal 3 rapporte sal Vrydag, 6 November uitgereik word. Graad 8 – 10 se kwartaal 3 rapporte sal vanaf Maandag, 9 November uitgereik word.

Sportoefeninge

Ons sal graag vir ons leerders die geleentheid wil bied om buiten die brein ook die liggaam te kan oefen. COVID regulasies te same met ‘n eksamen beperk ons egter geweldig.

Die volgende reelings sal daarom geld:

  • Geen oefeninge is verpligtend nie omdat eksamen tans ons prioriteit is.
  • Slegs leerders wat ‘n 2de sessie skryf en daarom reeds binne die skool en ingeteken is, sal toegelaat word om oefeninge by te woon.
  • Atletiek sal oefen vanaf 13H00 tot 14H00.
  • Wintersport en krieket sal oefen vanaf 14H00 – 15H00
Algemene Ouervergadering

Ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2021 voorgelê, bespreek en goedgekeur sou word, wel plaasgevind het op Dinsdag, 20 Oktober 2020 om 18H00.

Ongelukkig kon ons nie die begroting goedkeur sonder die vereiste 15% kworum nie omdat die LUR nog nie regulasies gepromulgeer het insake die HOD se skrywe nie. Ons opvolg vergadering sal dan wel voortgaan op Maandag, 9 November 2020 om 18H00 in die skoolsaal, met of sonder die vereiste 15% kworum.

Die versoek was ook tydens die vergadering van 20 Oktober 2020 gerig dat die begroting so hersien moet word dat dit nie ‘n verhoging van meer as 3% (gelykstaande aan inflasie) in skoolgelde moet reflekteer nie. Hierdie hersiene voorlopige begroting is beskikbaar by ons finansiële kantoor per afspraak. Hierdie begroting sal dan tydens die vergadering van 9 November 2020 voorgelê word vir goedkeuring.

Agenda

Vir die Agemene Jaarvergadering wat gaan plaasvind op Maandag, 9 November 2020 om 18H00 in die skoolsaal van H/S Pretoria-Noord.

  1. Opening en Verwelkoming - Mnr. H Bester
  2. Presensie - Mnr. H Bester
  3. Jaarverslag 2020 - Mnr. CJC Driescher (Afgehandel)
  4. Toelatingsbeleid - Mnr. S Samons (Afgehandel)
  5. Begroting en Goedkeuring - Dr. L Scholtz
  6. Afsluiting - Mnr. H Bronkhorst

Ouers wat bywoon, maak gebruik van die Berglaanhek, personeel sal beskikbaar wees om u in te teken. Parkering sal by die Maroelaboom en netbalbane beskikbaar wees.

PNHS Gholfdag: 13 November 2020

Baie dankie vir juffrou Smith wat vir ons skool se gholfspelers hierdie jaar die haas uit die hoed gepluk het en wel vir ons kon voortgaan met die reël van ‘n gholfdag. Al is dit bietjie later in die jaar glo ons, ons gholfspelers sal baie hierna uitsien en beloof dit om weer iets besonder te wees. Dit sal plaasvind by Four Seasons baan op Brits op “gelukkige” Vrydag,13 November 2020. Vierbal-besprekings en putjieborge kan by Mev. Smith by [email protected] of by 071 609 4299 gedoen word. Bespreek maar eerder vroeer as later, ons verwag ‘n redelike toeloop van “Uitgehongerde” gholspelers.

Skoene-projek

Baie dankie aan ons leerders en ouers wat hierdie projek gedryf het en ook diegene wat dit ondersteun het. Die terugvoer is dat 2500 paar skoene ingesamel is en ook versprei is na verskillende verdienstelike organisasies toe.

Program vir die week

Maandag, 9 Nov:

  • Graad 8 - 12 Finale Assesering.
  • Algemene Ouervergadering, 18H00, saal.

Dinsdag, 10 Nov:

  • Graad 8 - 12 Finale Assesering.

Woensdag, 11 Nov:

  • Graad 8 - 12 Finale Assesering.

Donderdag, 12 Nov:

  • Graad 8 - 12 Finale Assesering.

Vrydag, 13 Nov:

  • Graad 8 - 12 Finale Assesering.
  • PNHS gholfdag, Brits Seasons gholfbaan.

Aflaai aanhangsel

Terug