Omsendbrief 25/2021

Omsendbrief 25/2021

Administratief
July 30, 2021


OB: 25 / 2021

Geagte ouers
Lief en Leed
  • Dit is met leedwese wat ons kennis ontvang het van die afsterwe van twee van ons ouers, Mnr. C van Wyk en Mnr. AP Buitendag. Mag ons Vader se Hand van Vertroosting oor hulle gesinne rus in hierdie moeilike tyd.
  • Ons adjunkhoof, Mnr. H Bester tree vandag na 40 onderwysjare af. Mnr. Bester was die afgelope 29 jaar en 7 maande verbonde aan H/S Pretoria-Noord, waar hy diep spore getrap het. Ons wens vir hom seën toe vir sy aftrede.
  • Mev. C Erasmus sal vir ons waarneem as adjunk-hoof vanaf 1 Augustus totdat die pos geadverteer en gevul kan word.
  • Me. K Strydom sal vanaf 10 Augustus by ons aansluit in die tydelike Lewensorientering aflos-pos.
Skoolbywoning

Skoolbywoning vir die week: graad 8: 93%, graad 9: 92%, graad 10: 87%, graad 11: 90% en graad 12: 88%. Geagte ouers ons kan nie die belangrikheid van skoolbywoning oorbeklemtoon nie, ondersteun ons asseblief hierin soda tons kan verseker u kind vorder akademies na wense.

Waardebalkies

Baie geluk aan die volgende leerders wat gekwalifiseer het vir waardebalkies:

  • Nadia Prinsloo (9B) vir verantwoordelikheid,
  • Luan O’Callaghan (9B) vir verantwoordelikheid,
  • Schalk Fourie (9B) vir verantwoordelikheid,
  • La-Rachelle Matthysen vir verantwoordelikheid,
  • Fentse Selahla vir verantwoordelikheid.
  • Marioleen Jansen van Rensburg vir respek,
Rapporte

Laaste asseserings vir kwartaal 2 is die afgelope week afgehandel. Ons puntestate word Donderdag, 5 Augustus deur die Departement afgeteken en rapporte behoort teen die einde van die daarop volgende week uit te gaan.

Buite-Kurrikulêre aktiwiteite vir die Derde Kwartaal

Gegewe nuwe regulasies gepubliseer deur die Minister van Onderwys oor die naweek word alle buite-kurrikulêre aktiwiteite voluit hervat vanaf hierdie week.

Heropening van die gimnasium

Ons gimnasium sal weer heropen vanaf 2 Augustus onder streng COVID 19 protokol. Daar sal slegs 35 leerders op ‘n slag in die gymnasium toegelaat word. Daar sal 3 sessies op ‘n middag wees en leerders moet vooraf bespreek vir ‘n sessie. Leerders wat vooruit betaal het sal krediet kry vir die tyd wat die gymnasium gesluit was.

Gasvryheidstudies: Koekbak-kompetisie

Baie geluk aan die volgende graad 11 leerders, wat deurgedring het na die finale koekbak-kompetisie van FBI Chef School & Pȃtisserie Acadamy op 14 Augustus:

  • Marelle Maree & Decio Steenkamp
  • Elisna Gouws & Gerduan Kruger
  • Chene Saayman & Maruché Smith
  • Marissa Martin & Danique Meintjies
  • Kaylan van den Berg & Zuané van Wyk
Graad 8 inskrywings vir 2022

Indien u ‘n kind in graad 7 het of iemand ken wat ‘n kind in graad 7 het neem asseblief kennis van hierdie belangrike kennisgewing.

Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys die amptelike datums vir inskrywing vir 2022 vrygestel het. Graad 8 inskrywings vir 2022 sal amptelik open op Maandag, 10 Augustus 2021 om 08H00 vir Fase 1 inskrywings. Fase 1 verwys na graad 7 leerders wat in Publieke Laerskole is en wie se name reeds deur hulle skole op die SASAMS-stelsel oorgedra is. Sodanige ouers sal ‘n skakel vanaf die Gauteng Departement van Onderwys ontvang waarop hulle kan ingaan en hul inskrywing doen. Fase 1 sal sluit op 3 September 2021.

Hierna sal Fase 2 op 13 September 2021 begin met geleentheid vir alle graad 7 leerders in privaatskole en van ander provinsies om in te skryf. Fase 2 sal sluit op 8 Oktober 2021.

Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U sal met inskrywing ʼn toelatingsnommer ontvang. Leerders word streng volgens die volgorde van hierdie toelatingsnommers geplaas. Hierna moet die ouer binne ʼn week inskrywingsdokumente by die skool van keuse inhandig om die aanlynaansoek te bevestig, anders verval die aanlynaansoek. Geliewe te let dat hoe vinniger hierdie dokumente ingehandig word, hoe vinniger kan ons administratiewe personeel die dokumentasie op die stelsel bevestig.

Neem asseblief kennis dat H/S Pretoria-Noord oor die afgelope paar jaar ʼn geweldige toename in die aanvraag na plek by die skool beleef. Verlede jaar was die skool reeds vol 29 minute nadat inskrywings geopen het. Die skool is die afgelope paar jaar oor sy kapasiteit en na ‘n kapasiteits audit sal ons vir 2022 slegs 200 graad 8 leerders kan aanvaar. Ons wil u daarom sterk aanbeveel om so vinnig as moontlik aansoek te doen om u plek te verseker indien H/S Pretoria-Noord u skool van keuse is. Indien PNHS nie u skool van keuse is nie, moet asseblief nie by ons aansoek doen nie, dit veroorsaak dat ouers van leerders wat graag by ons wil wees onder geweldige druk geplaas word terwyl hulle moet wag vir plek om oop te gaan.

Ten einde die proses vir ons werkende ouers te vergemaklik sal ons navrae toonbank ook na ure oop wees vanaf 08H00 – 19h00 vir die inhandiging van inskrywingsvorms of hulp met aanlynaansoeke vanaf Maandag 16 Augustus 2021 tot Donderdag 19 Augustus 2021. U is egter welkom om op enige ander dag vanaf 10 Augustus 2021 gedurende skoolure (vanaf 06h30 tot 15h00) u inskrywing af te handel.

Maak seker dat u die volgende dokumentasie saam met u inskrywingsvorms inhandig:

  • Geboortesertifikaat van leerder
  • Bewys van u fisiese woonadres (water en ligterekening)
  • Laaste laerskoolrapport van u kind
  • Afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente

Enige verdere navrae kan gerig word by 012 546 6950 of by [email protected] . Baie sterkte met die inskrywingsproses.

Merietefunksie 2021
  • Alle leerders wat trofee ontvang het by die 2020 merietefunksie moet dit asseblief inhandig by Mev. Du Plessis.
  • Alle leerders wat presteer het in aktiwiteite buite skoolverband moet asseblief bewyse van hierdie prestasies by Mev. Swanepoel inhandig. Leerders wat in gebreke bly om bewyse in te handig sal geen merieteerkenning van die skool ontvang nie. Geen laat inhandigings sal ongelukkig aanvaar kan word nie omdat die merieteprogram vasgestel moet word.
Bemarking: Vuuraansteker-Fondsinsamelingsprojek 2021

Ons kondig met trots die 2021 – fondsinsamelingsprojek aan in samewerking met SA Braaibroers, Vuur en Vlam Slaghuis en Wildog Accessories.

Wat is dan nou meer sinoniem met ons gemeenskap as ‘n heerlike braaivleisvuur of ‘n knetterende kaggelvuur in die koue wintermaande.

Waar daar ‘n rokie trek, is daar ‘n vuurtjie en waar daar ‘n vuurtjie is, is daar verseker ‘n vuuraansteker.

Elke leerder van die skool gaan geleentheid kry om kaartjies te verkoop teen R20-00 elk. Elke kaartjie sluit ‘n pakkie vuuraanstekers in. Hierdie kaartjies gaan dan in die gelukkige trekking in waar daar baie groot pryse te wen is. Vir net R20-00 staan u dus ‘n kans om fantastiese pryse te wen en u kry ‘n pakkie vuuraanstekers.

GELUKKIGE TREKKING PRYSE:

Eerste prys: 1/2 bees by Vuur en Vlam Slaghuis, verwerk ter waarde van R8000-00
Tweede prys: heel lam by Vuur en Vlam Slaghuis, verwerk ter waarde van R2500-00
Derde prys: 1/2 vark by Vuur en Vlam Slahhhghuis, verwerk ter waarde van R1500
Vierde prys: 1/2 vark by Vuur en Vlam Slaghuis, verwerk ter waarde van R1500
Vyfde prys: Wildog vuurkonka, 10 x sakke hout, 1 x boks vuuraanstekers.
Sesde prys: 20 x sakke charcoal, 20 x sakke brikette, 10 x sakke hout, 1 x boks vuuraanstekers.
Sewende prys: 20 x sakke charcoal, 20 x sakke brikette, 10 x sakke hout, 1 x boks vuuraanstekers.
Agtste prys: 10 x sakke charcoal, 1 x boks vuuraanstekers.

Die leerders gaan binnekort elkeen ‘n kompetisieboekie met 20 kaartjies in en 5 pakkies vuuraanstekers ontvang. Sodra die leerder die eerste 5 kaartjies en vuuraanstekers verkoop het, kan hulle die volgende 5 pakkies by hul voogonderwyser aanvra. Ons doelwit is dat elke leerder 20 kaartjies of meer sal verkoop. Daar is ook lekker kontantpryse vir die leerders in elke graad en in die skool wat die meeste kaartjies verkoop het.

Bemarking: D6 Skool Kommunikeerder

Dit het met ons tevredenheidsindeks en ook tydens ons Strategiese Beplanning navore gekom dat daar ‘n groot behoefte onder ons ouers aangaande kommunikasie vanaf die skool. Hoërskool Pretoria-Noord gebruik reeds van Januarie 2021 af die D6 Kommunikasieprogram. Tot op datum het daar nog net 51,5% van ons gesinne hierdie toepassing afgelaai en begin gebruik. Ons wil egter ‘n dringende beroep op al die ouers doen om hierdie toepassing so gou as moontlik af te laai en te gebruik aangesien ons al die belangrike inligting hierop deel en u ook al u kind se punte en algemene inligting daarop kan sien. U kan ook u skoolgeld en ander projekte met hierdie toepassing betaal.

Opstelling (teken in of registreer)

  • Laai die d6 Connect toepassing met die swart en wit ikoon af by die Google AppStore. Wanneer u die toepassing oop gemaak het, gaan u versoek word om u selfoon nommer en wagwoord in te sleutel of in te teken as u reeds ‘n geskepte profiel het.
  • Indien u nie alreeds ‘n profiel het nie, dan gaan u as ouer sien daar is ‘n “registreer” knoppie. U kan daarop klik en die nodige inligting verskaf. Hierna gaan u ‘n OTP verifikasiekode ontvang wat u moet insleutel. Indien suksesvol, sal u na die na die boodskap muur geneem word.

Koppel u kind of kinders

  • Klik op die drie strepies links bo om u kind se skool te kies. Klik ook op die “koppel” knoppie om u kind as n leerder aan u profiel te koppel. Kies nou die skool naam “Danie Malan” of leerder naam (verkieslik) en klik daarop. Nou kan u boodskappe ontvang van die skool af.
  • Kies nuus, kalender, bronne of inligting onder. Die inligting opsie gee u ‘n “Leerder inligting” opsie waarop u kan klik. Dit gee u die leerder se punte, huiswerk, dissipline, afwesighede, finansies, leerderinligting, en volgelinge. Hierdie is alles opsies waarop u kan klik om dit te monitor.
  • Die toepassing is streng en verifieer dat slegs kinders wat reeds aan ouers in dieselfde familiekode gekoppel is op die stelsel, aan mekaar op die profiel gekoppel kan word. ID nommers moet dus ook korrek ingelees wees op die stelsel. Dit sluit ouers se korrekte selnommers in wat die ontvang van OTP verifikasie kodes gedurende die inteken en registrasie proses moontlik maak.

Program vir die week
Maandag, 2 Augustus:
  • Graad 8 – 12: dag 4.
  • Leef vir Christus-week met Le Roux Du Toit.
  • PN Raad verkiesing: Nominasies.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Wetenskap Ekspo: Interne beoordeling, 14H00,K81
  • Graad 12 akademiese uur: Rekeningkunde, 14H15 – 15H15.
  • Noodhulp opleiding, 14H30 – 17H00, saal.
Dinsdag, 3 Augustus:
  • Graad 8 – 12: dag 5.
  • Leef vir Christus-week met Greta Widd.
  • PN Raad verkiesing: Nominasies sluit 12H00.
  • Graad 12 akademiese uur: Wiskunde / Fisiese Wetenskap, 14H15 – 15H15.
  • Graad 8 en 9 Wetenskap Olimpiade, 14H00, K8.
  • Noodhulp opleiding, 14H30 – 17H00, saal.
Woensdag, 4 Augustus:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Leef vir Christus-week met Jaco Strydom.
  • PN Raad verkiesing: Personeel veto vergadering, 1ste pouse saal.
  • Graad 12 akademiese uur: Wiskunde, 14H15 – 15H15.
  • Fotografieklub, 15H00 – 16H00, K 24.
  • Noodhulp opleiding, 14H30 – 17H00, saal.
  • Akademie Skakelingsvergadering, 18H00, restaurant.
Donderdag, 5 Augustus:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Leef vir Christus-week met Cordelia.
  • PN Raad verkiesing: Bekendmaking van kandidatelys.
  • PN Raad verkiesing: Appélle na Beheerliggaam.
  • Fisiese Wetenskap Olimpiade, 14H15, K 8.
  • Graad 12 akademiese uur: Lewenswetenskap, 14H15 – 15H15.
  • Noodhulp opleiding, 14H30 – 17H00, saal.
  • Gasvryheidstudies: graad 12 restaurant-aand, 14H30-21H30, restaurant.
Vrydag, 6 Augustus:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Leef vir Christus-week met Ivor Swartz.
  • PN Raad verkiesing: Appélle na Beheerliggaam.
Saterdag, 7 Augustus:
  • Jukskei: Liga 1, 07H00, Jukskeipark
Maandag, 9 Augustus:
  • Vakansiedag: Nasionale Vrouedag.

Vriendelike Groete

CJC DriescherHoof

Aflaai aanhangsel

Terug