Omsendbrief 24/2021

Omsendbrief 24/2021

Administratief
July 15, 2021


OB: 24 / 2021

Geagte ouers
Heropening van skole vir kwartaal 3

Met verwysing na die president se aankondiging op Sondagaand, 11 Julie 2021, dat die heropening van skole met ‘n week uitgestel word tot Maandag, 26 Julie 2021, wil ons bevestig dat die heropening van H/S Pretoria-Noord dan wel op 26 Julie 2021 sal wees.

Ons het wel hiervoor beplan en was daar geen aktiwiteite vir die week van 19 Julie beplan nie. U kan der halwe net week 1 van ons kwartaal 3 program ignoreer en ons val net doodgewoon in by 26 Julie, week 2, dag 5 op ons program.

Let asb, op die volgende reëlings:

  • Daar sal op 19 Julie 2021 weer begin word met ‘n aanlyn-onderrigprogram deur ons personeel. Ondersteun asseblief ons personeel en u kind hiermee en maak seker dat u kind hierdie aanlyn-werk doen ten einde te verseker dat u kind op datum is wanneer die skool weer op 26 Julie begin.
  • Maak asseblief seker dat u kind gereed is vir die geskeduleerde assesering en toetse vir die week 26 tot 30 Julie 2021. Dit sal wel voortgaan en vorm deel van die afhandeling van kwartaal 2 asseserings wat in die slag gebly het as gevolg van die vroeër sluiting van skole.
Akademie: Aanlyn-onderrig Wolkskool

Ons neem waar dat baie van ons leerders reeds ingeskakel het by die Wolkskool. Neem net weer kennis dat leerders van ons skool gratis by hierdie aanlyn-program kan inskakel, wat vir hulle ‘n magdom leermateriaal, oefentoetse en lesse deur ‘n verskeidenheid onderwysers bied. Onthou dat u asseblief u kind se ID nommer moet gebruik om te registreer.

Bemarking: Vuuraansteker-Fondsinsamelingsprojek 2021

Ons kondig met trots die 2021 – fondsinsamelingsprojek aan in samewerking met SA Braaibroers, Vuur en Vlam Slaghuis en Wildog Accessories.

Wat is dan nou meer sinoniem met ons gemeenskap as ‘n heerlike braaivleisvuur of ‘n knetterende kaggelvuur in die koue wintermaande. Waar daar ‘n rokie trek, is daar ‘n vuurtjie en waar daar ‘n vuurtjie is, is daar verseker ‘n vuuraansteker.

Elke leerder van die skool gaan geleentheid kry om kaartjies te verkoop teen R20-00 elk. Elke kaartjie sluit ‘n pakkie vuuraanstekers in. Hierdie kaartjies gaan dan in die gelukkige trekking in waar daar baie groot pryse te wen is. Vir net R20-00 staan u dus ‘n kans om fantastiese pryse te wen en u kry ‘n pakkie vuuraanstekers.

GELUKKIGE TREKKING PRYSE:

Eerste prys: 1/2 bees by Vuur en Vlam Slaghuis, verwerk ter waarde van R8000-00
Tweede prys: heel lam by Vuur en Vlam Slaghuis, verwerk ter waarde van R2500-00
Derde prys: 1/2 vark by Vuur en Vlam Slahhhghuis, verwerk ter waarde van R1500
Vierde prys: 1/2 vark by Vuur en Vlam Slaghuis, verwerk ter waarde van R1500
Vyfde prys: Wildog vuurkonka, 10 x sakke hout, 1 x boks vuuraanstekers.
Sesde prys: 20 x sakke charcoal, 20 x sakke brikette, 10 x sakke hout, 1 x boks vuuraanstekers.
Sewende prys: 20 x sakke charcoal, 20 x sakke brikette, 10 x sakke hout, 1 x boks vuuraanstekers.
Agtste prys: 10 x sakke charcoal, 1 x boks vuuraanstekers.

Die leerders gaan binnekort elkeen ‘n kompetisieboekie met 20 kaartjies in en 5 pakkies vuuraanstekers ontvang. Sodra die leerder die eerste 5 kaartjies en vuuraanstekers verkoop het, kan hulle die volgende 5 pakkies by hul voogonderwyser aanvra. Ons doelwit is dat elke leerder 20 kaartjies of meer sal verkoop. Daar is ook lekker kontantpryse vir die leerders in elke graad en in die skool wat die meeste kaartjies verkoop het.

Bemarking: D6 Skool Kommunikeerder

Dit het met ons tevredenheidsindeks en ook tydens ons Strategiese Beplanning navore gekom dat daar ‘n groot behoefte onder ons ouers aangaande kommunikasie vanaf die skool. Hoërskool Pretoria-Noord gebruik reeds van Januarie 2021 af die D6 Kommunikasieprogram. Tot op datum het daar nog net 51,5% van ons gesinne hierdie toepassing afgelaai en begin gebruik.

Ons wil egter ‘n dringende beroep op al die ouers doen om hierdie toepassing so gou as moontlik af te laai en te gebruik aangesien ons al die belangrike inligting hierop deel en u ook al u kind se punte en algemene inligting daarop kan sien. U kan ook u skoolgeld en ander projekte met hierdie toepassing betaal.

Opstelling (teken in of registreer)

  • Laai die d6 Connect toepassing met die swart en wit ikoon af by die Google AppStore. Wanneer u die toepassing oop gemaak het, gaan u versoek word om u selfoon nommer en wagwoord in te sleutel of in te teken as u reeds ‘n geskepte profiel het.
  • Indien u nie alreeds ‘n profiel het nie, dan gaan u as ouer sien daar is ‘n “registreer” knoppie. U kan daarop klik en die nodige inligting verskaf. Hierna gaan u ‘n OTP verifikasiekode ontvang wat u moet insleutel. Indien suksesvol, sal u na die na die boodskap muur geneem word.

Koppel u kind of kinders

  • Klik op die drie strepies links bo om u kind se skool te kies. Klik ook op die “koppel” knoppie om u kind as n leerder aan u profiel te koppel. Kies nou die skool naam “Danie Malan” of leerder naam (verkieslik) en klik daarop. Nou kan u boodskappe ontvang van die skool af.
  • Kies nuus, kalender, bronne of inligting onder. Die inligting opsie gee u ‘n “Leerder inligting” opsie waarop u kan klik. Dit gee u die leerder se punte, huiswerk, dissipline, afwesighede, finansies, leerderinligting, en volgelinge. Hierdie is alles opsies waarop u kan klik om dit te monitor.
  • Die toepassing is streng en verifieer dat slegs kinders wat reeds aan ouers in dieselfde familiekode gekoppel is op die stelsel, aan mekaar op die profiel gekoppel kan word. ID nommers moet dus ook korrek ingelees wees op die stelsel. Dit sluit ouers se korrekte selnommers in wat die ontvang van OTP verifikasie kodes gedurende die inteken en registrasie proses moontlik maak.

Program vir die week
Maandag, 26 Julie:
  • Skool heropen
  • Graad 8 – 12: dag 5.
  • Assesering:
    Graad 8 en 9 Natuurwetenskap Navorsingstaak inhandig en aanbied.
    Graad 10 Afrikaans voorbereide lees begin.
    Graad 12 Gasvryheidstudies PAT uit.
  • PN Raad verkiesing: Kennisgewing van nominasies.
  • Rugby-akademievergadering, 18H00, personeelkamer.
Dinsdag, 27 Julie:
  • Graad 8 – 12: dag 6.
  • Assesering: Toetse:
    Graad 8 EBW – Rekeningkunde.
    Graad 9 Natuurwetenskap.
    Graad 10 Rekeningkunde en Geografie.
    Graad 11 Fisiese Wetenskap.
    Graad 12 RTT.
  • PN Raad verkiesing: Kennisgewing van nominasies.
  • PN Raad vergadering, 14H00, K81.
Woensdag, 28 Julie:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Assesering: Toetse:
    Graad 8 Wiskunde.
    Graad 9 Wiskunde.
    Graad 10 Wiskunde & Wiskundige
    Geletterdheid.
    Graad 11 Wiskunde & Wiskundige
    Geletterdheid.
    Graad 12 Wiskunde & Wiskundige
    Geletterdheid.
  • PN Raad verkiesing: Nominasies begin.
  • Debat: Conspirito Debatskompetisie, H/S Helpmekaar.
Donderdag, 29 Julie:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Assesering: Toetse:
    Graad 12 Geografie periode 7 & 8.
  • PN Raad verkiesing: Nominasies.
  • Debat: Conspirito Debatskompetisie, H/S Helpmekaar.
  • Beheerliggaam Finansiële Komiteevergadering, 17H15, personeelkamer.
  • Beheerliggaam Uitvoerende Komiteevergadering, 19H00, personeelkamer.
Vrydag, 30 Julie:
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • PN Raad verkiesing: Nominasies.
  • Debat: Conspirito Debatskompetisie, H/S Helpmekaar.
  • Landloop: Liga 1, H/S Montana.
  • Personeelfunksie, 14H00, saal.
Saterdag, 31 Julie:
  • Jukskei Trips, 07H00, Jukskeipark.

Vriendelike Groete

CJC DriescherHoof

Aflaai aanhangsel

Terug