Omsendbrief 19/2022

Omsendbrief 19/2022

Administratief
June 06, 2022


OB: 19 / 2022

Geagte ouers
Landloop

Baie geluk aan die volgende atlete van PNHS wat in die Gauteng-Noord landloop span opgeneem is: Simoné de Koker, Shon-dré Sheun, Elisma van Wyk, Ashlee Jordaan, Ezmarelda Vivier, Junior Bokwa, Danica Grobler, Carla Ackerman, Megan Oosthuizen, Natasha Sikisi, Marco J v Rensburg en Heinrich Buitendag.

Rugby: Noord-Vaal Liga 4: PNHS v/s Wagpos, 3 Junie 2022
Skool PN Ws PN Ws PN Ws PN Ws PN Ws
Rugby 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Seuns 19 19 23 7 36 0 10 26 33 20
Uitslae tot dusver                    
Gewen 2 - 2 - 4 - 1 - 2 -
Verloor 1 - 2 - 0 - 2 - 2 -
Gelyk 1 - 0 - 0 - 1 - 0 -
Skool PN Won PN Won PN Won PN Won PN Won
Rugby 0/14B 0/14B 0/15B 0/15B 0/16B 0/16B        
Seuns     15 41            
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 0 - 3 - 2 - 0 - 0 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Sport buite skoolverband

Baie geluk aan Monique Fourie wat ‘n 1ste plek behaal het in perde ruitersport (spring) in die Core liga kwalifiseerder gehou op 3 Junie 2022.

Afwesighede

Die groot hoeveelheid afwesighede wek groot kommer. ‘n Kind wat baie afwesig is kan nie akademies vorder nie en ons vra ons ouers om in hierdie verband saam met die skool te werk. Volg asb. die voorgeskrewe werkswyse soos duidelik uiteengesit in die huiswerkboekie:

  • Wanneer u weet u kind gaan afwesig wees as gevolg van afsprake stel die skool voortydig in kennis, deur ‘n brief aan die voogonderwyser te rig.
  • Wanneer u, u kind deur die skooldag kom haal word hierdie reelings ook voor die tyd getref. U rig ‘n brief aan die skool en dit word voortydig in u kind se huiswerkboek aangeteken.
  • Wanneer ‘n kind afwesig was, word ‘n brief deur die ouer aan die skool / voog gestuur met die rede vir afwesigheid.
  • Wanneer afwesigheid 3 dae en langer was word ‘n mediese sertifikaat van ‘n dokter vereis.
  • Daar sal dissiplinêr opgetree word teen leerders wat nie hierdie prosedure volg nie asook vir aanhoudende afwesigheid.
  • Neem ook kennis dat leerders wat deur die skooldag afwesig was sonder ‘n wettige verskoning en dan opdaag by oefeninge, wedstryde en optredes, sal nie toegelaat word om deel te neem nie

Program vir die week
Maandag, 6 Junie:
  • Graad 8 – 9, dag 4.
  • Graad 10 – 12 Junie Eksamen
Dinsdag, 7 Junie:
  • Graad 8 – 9, dag 5.
  • Graad 10 – 12 Junie Eksamen
Woensdag, 8 Junie:
  • Graad 8 – 12 Junie Eksamen.
  • Sagtebal Akademie vergadering, 18H00, restaurant.
Donderdag, 9 Junie:
  • Graad 8 – 12 Junie Eksamen.
Vrydag, 10 Junie:
  • Graad 8 – 12 Junie Eksamen.
  • Rugby Liga 5: PNHS v/s H/S Tuine, 14H00, weg. Busse vertrek om 13H15 vanaf PNHS.
Saterdag, 11 Junie:
  • Gasvryheidstudies: Graad 10 Restaurantontbyt, 06H45.
  • Revue dagkamp 08H00 – 17H00, saal.
Maandag, 13 Junie:
  • Graad 8 – 12 Junie Eksamen

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug