Omsendbrief 10/2021

Omsendbrief 10/2021

Administratief
March 26, 2021


OB: 10 / 2021

Geagte ouers
Lief en Leed
  • Ons neem op 31 Maart afskeid van Me. H Robbertse by IT, wat op pensioen gaan. Dankie vir haar 15 jaar diens by H/S Pretoria-Noord, mag sy net vreugde en seen ervaar.
  • Na onderhoude gaan die Beheerliggaam Mev. S van Aswegen aanbeveel vir aanstelling in Me. Robbertse se pos. Dankie ook vir Me. Robbertse wat bereid is om ter wille van kontinüitet vir ons leerders weer van Mei tot September af te los tydens Mev. Van Aswegen se kraamverlof.
EFF eise, 24 Maart 2021

Dankie vir ons ouers en leerders se ondersteuning en optrede wat verseker het dat H/S Pretoria-Noord nie ‘n kosbare skooldag verloor het nie. ‘n Ontwrigde skooldag was die doelwit van die ontwrigtende elemente in ons gemeenskap en daarin het hulle jammerlik misluk. Ons leerders was deurentyd veilig en kon ongestoord met hul onderrig voortgaan.

Die groepie van 16 – 20 mense het hul memorandum van eise aan die Beheerliggaam oorhandig. Ons Beheerliggaam sal op ‘n toepaslike wyse reageer en u op hoogte hou.

Akademie

Baie geluk aan Chené van Deventer wat aangewys is as die beste presteerder in Wiskundige Geletterdheid vir 2020 in die distrik.

Aktiwiteite buite skoolverband

Baie geluk aan Jaco Dreyer wat sy vlak 4 kursus in die Bestuur van veldbrande suksesvol voltooi het.

D6 Skool Kommunikeerder

Ons het het hierdie jaar oorgeskakel na die D6 administratiewe program om dit vir u makliker te maak. Skakel asseblief so vining as moontlik hierby in sodat u alle nodige kommunikasie van die skool kan ontvang, gemaklik betalings kan maak en u kind se punte en skoolwerk kan monitor.

Opstelling (teken in of registreer)
  • Laai die D6 Connect toepassing met die swart en wit ikoon af by die Google AppStore. Wanneer u die toepassing oop gemaak het, gaan u versoek word om u selfoon-nommer en wagwoord in te sleutel of in te teken as u ‘n reeds geskepte profiel het.
  • Indien u nie alreeds ‘n profiel het nie, dan gaan u as ouer sien daar is ‘n “registreer”knoppie. U kan daarop klik en die nodige inligting verskaf. Hierna gaan u ‘n OTP verifikasiekode ontvang wat u moet insleutel. Indien suksesvol, sal u na die “boodskapmuur” geneem word.
Koppel u kind of kinders
  • Klik op die drie strepies links bo om u kind se skool te kies. Klik ook op die “Koppel” knoppie om u kind as ‘n leerder aan u profiel te koppel. Kies nou die skool naam of leerder naam (verkieslik) en klik daarop. Nou kan u boodskappe van die skool ontvang.
  • Kies nuus, kalender, bronne of inligting onder. Die inligting opsie gee u ‘n “leerder inligting”-opsie waarop u kan klik. Dit gee u die leerder se punte, huiswerk, dissipline, afwesighede, finansies, leerderinligting en volgelinge. Hierdie is alles opsies waarop u kan klik om dit te monitor.
  • Die toepassing is streng en verifieer dat slegs kinders wat reeds aan ouers in dieselfde familiekode gekoppel is op die stelsel, aan mekaar op die profiel gekoppel kan word. ID nommers moet dus ook korrek ingelees wees op die stelsel. Dit sluit ouers se korrekte selnommers in wat die ontvang van OTP verifikasie kodes gedurende die inteken en registrasie proses moontlik maak.
Bemarking: PNHS – “WOES”-aanlynvertoning, 7 Mei 2021

Die beplande Karnaval wat op 7 Mei 2021 sou plaasvind sal ongelukkig nie kan voortgaan nie as gevolg van die huidige staat van inperking.

Ons kondig egter met trots aan dat PNHS in samewerking met WOES ‘n aanlynvertoning op 7 Mei 2021 gaan aanbied.

Die aanbieders is Hamilton Wessels en Jaco van Dyk, die gaskunstenaar is die immergewilde Ricus Nel en die seremoniemeester, Ruben Delmage van Groot FM.

Hierdie vertoning sal op 8 verskillende aanlynplatvorms uitgesaai word vir ons ouers, leerders en vriende van PNHS. Enige iemand kan na die vertoning kyk in die gemak van hulle eie huise nie net in Suid-Afrika nie maar ook in die buiteland.

Hierdie vertoning word gratis aangebied en is daar dus geen kostes aan verbonde om dit te kyk nie. U kan egter ‘n verskil maak deur deel te neem aan die aanlynveiling wat die aand sal plaasvind sowel as die lootjies wat verkoop word. Ons het reeds ‘n hele paar waardevolle pryse op die spel.

Daar is ook uitstekende bemarkingsgeleenthede beskikbaar waar besighede kan adverteer om potensieel tussen 20 000 en 40 000 kykers te bereik. Kontak gerus vir Anneke Smith ([email protected]) om van hierdie gesogte advertensiespasies te bekom.

Nooi dus al u vriende en familie om op 7 Mei 2021 aan hierdie “eerste in die Noord” aanlynvertoning deel te neem en ons fondsinsamelingsprojek te ondersteun.

𝙂𝙧𝙖𝙩𝙞𝙨 𝘼𝙖𝙣𝙡𝙮𝙣 𝙆𝙤𝙣𝙨𝙚𝙧𝙩:

Volg die skakel en gaan stel sommer nou al u “reminder”

https://youtu.be/2saTQaLET8w

𝙇𝙤𝙤𝙩𝙟𝙞𝙚 𝙆𝙖𝙖𝙧𝙩𝙟𝙞𝙚𝙨:

Volg die skakel om nou al u kaartjie te koop vir die gelukkige prystrekking wat aan die einde van die program plaasvind.

http://bit.ly/3cXEjvX

Leerder Ondersteuning Akademie: Noorderlig
  • Noordehoekie tye: Maandae: 07H00 – 08H00 Donderdae: 07H00 – 08H00.
  • Indien ‘n persoon nood het en nie in daardie tye kan kom nie, skakel met ons navraetoonbank sodat ons ‘n afspraak kan maak met tannie Antoinette om u te help.
  • Indien daar nog ouers is wat wil deel word van die omgee-groep kan u gerus ‘n e-pos aan ons voorsitster stuur by: [email protected]
  • Ondersteun asb ons saaidag tot en met 23 April 2021.
Beheerliggaam-verkiesing, 6 April 2021

Dankie vir almal wat deelgeneem het. Ons kon al ons verkiesings afhandel behalwe ons ouer verteenwoordigers synde ons nie ‘n kworum van 15% gehad het vir die verkiesing nie.

Baie geluk aan:

  • Mev. A Smith, Mnr. R Marais en Mev. G Prins wat verkies is as onderwyserlede tot die Beheerliggaam.
  • Me. H Taljaard wat verkies is as ondersteunende personeel verteenwoordiger tot die Beheerliggaam.
  • Elkhan van Wyk, Alexa Farrel en Wian Snyman is verkies as leerder verteenwoordigers tot die Beheerliggaam.

Aangesien ons nie die vereiste kworum vir die ouerverkiesing kon kry nie sal die opvolgverkiesing sonder ‘n kworum op 6 April 2021 om 18H00 in die skoolsaal plaasvind. 9 van die genomineerde ouers sal dan tot die Beheerliggaam verkies word.

Paasnaweek 2 – 5 April 2021

Neem asseblief kennis dat die skool op Donderdag, 1 April 2021, wel om 12H00 sal uitkom (Dit is nie ‘n “April-gek-grap” nie!). Ons besef dat baie van ons ouers reelings vir hierdie naweek getref het.


Program vir die week
Vrydag, 26 Maart:
  • Toetsdag.
  • Graad 8 – 12 groep A, dag 3.
Saterdag, 27 Maart:
  • Graad 12: Afrikaans mondeling eksamen, 08H00, K.19.
Maandag, 29 Maart:
  • Toetsdag.
  • Graad 8 – 12 groep B, dag 3.
  • Kultuur Akademievergadering, 17H30, saal. (Alle belangstellende ouers welkom)
Dinsdag, 30 Maart:
  • Toetsdag.
  • Graad 8 – 12, groep A, dag 4.
  • Finansiële Komiteevergadering, 17H 15, personeelkamer.
  • Beheerliggaam Uitvoerende Komiteevergadering, 19H00, personeelkamer.
Woensdag, 31 Maart:
  • Toetsdag
  • Graad 8 – 12 groep B, dag 4.
  • Interne Vasvrae, 15H15 – 15H30, k19 – K 24
  • Laerskoolbemarking leerderinoefening, 15H00 – 16H00, K 81.
Donderdag, 1 April:
  • Toetsdag
  • Graad 8 – 12 groep A, dag 5
  • Skool sluit om 12H00
Vrydag, 2 April:
  • Vakansiedag: Goeie Vrydag.
Maandag, 5 April:
  • Vakansiedag
Dinsdag, 6 April:
  • Graad 8 – 12 groep B, dag 5
  • Beheerliggaamverkiesing, 18H00, saal.

Vriendelike Groete

CJC DriescherHoof

Aflaai aanhangsel

Terug