Nuutste Artikels en Omsendbriewe
Omsendbrief 14/2024
Administratief
May 06, 2024
Geagte ouers neem ook kennis dat die skool teen einde Junie heeltemal kontantloos gaan word. Die koste verbonde aan en gevaar aan hantering van kontantgeld noodsaak hierdie stap. Dit maak u registrasie op D6 noodsaaklik en ons versoek dat u so vinnig as moontlik op die applikasie sal registreer.
Omsendbrief 13/2024
Administratief
April 29, 2024
Baie geluk aan al ons spanne wat skitterend presteer het. Rugby het naelskraap 2de geeindig in die kompetisie om Rugbyskool van die NWU, ons netbal bly konstant top 5 in die NWU en ons hokkie het skitterend verbeter van ‘n 16de plek verlede jaar, tot ‘n 8ste plek hierdie jaar.
Afdelings
Akademie
Akademie is ons trots en ook die fundamentele basis waarop PNHS sy leerders vir die toekoms voorberei. Ons is aangewys as Distrik D15 se Top kwaliteit onderrigskool van 2018.
Kultuur
PNHS se kultuur is aan die brand, met 'n groot verskeidenheid aktiwiteite vir elke kultuurliefhebber.
Beleide
Druk hier om die nodige dokumentasie te besigtig. Kontak gerus die skool vir verdere navrae.
Sosiaal
Hoërskool Pretoria-Noord vorm die hartklop van sosiale bedrywighede vir oud en jonk in die noorde van Pretoria.
Noorderlig
Noorderlig is 'n omgee groep, ouers sowel as onderwysers, wat fokus op leerder ondersteuning by Hoërskool Pretoria-Noord.
Nuwe inskrywings
PNHS kan nie wag om jou deel te maak van ons wenspan nie. Hou hierdie spasie dop vir die nuutste inligting rondom inskrywings en departementele vereistes en datum.
Meer oor ons
Hoërskool Pretoria-Noord is ‘n enkelmedium skool geleë aan die voet van die Magaliesberg in die noorde van Pretoria. Dit is hier waar Mnr. C.J.C. Driescher aan die stuur staan van ‘n goed geöliede skip met ‘n uiters bekwame personeelgroep en meer as 1000 leerders.
Die skool het in 1943 sy deure geopen en het sederdien duisende leerders gehelp vorm en ontwikkel om as suksesvolle jong volwassenes die grootmenswêreld te betree.
PNHS fokus op vier hoofpilare, akademie, sport, kultuur en leierskap en streef daarna om ons vyf waardes elke dag uit te leef: lojaliteit, integriteit, verantwoordelikheid, eerlikheid en respek.