Kalender

Nuus

Krieket

 

1e Span Krieketbepalings 
     
     
Datum Opponent Veld
11 Augustus    
18 Augustus Montana Weg
25 Augustus Reserwedag  
1 September Zwartkop Tuis
8 September Wonderboom Tuis
15 September John Vorster Tuis
22 September Midstream (Skuif weens langnaweek) Weg
13 Oktober Eldoraigne Tuis
20 Oktober Oos-Moot Tuis
27 Oktober Reserwedag/Promosie-relegasie  
     

 

0/15 Span Krieketbepalings 
     
     
Datum Opponent Veld
15 & 16 Augustus Eldoraigne Weg
22 & 23 Augustus Midstream Weg
29 & 30 Augustus Montana Tuis
5 & 6 September Wonderboom Weg
12 & 13 September John Vorster Tuis
19 & 20 September Zwartkop Tuis
26 & 27 September Oos-Moot Weg
10 & 11 Oktober Reserwedag  
17 & 18 Oktober Reserwedag  

 

0/14 Span Krieketbepalings 
     
     
Datum Opponent Veld
14 & 15 Augustus Eldoraigne Tuis
21 & 22 Augustus Midstream Tuis
28 & 29 Augustus Montana Weg
4 & 5 September Wonderboom Tuis
11 & 12 September John Vorster Weg
18 & 19 September Zwartkop Weg
25 & 26 September Oos-Moot Tuis
9 & 10 Oktober Reserwedag  
16 & 17 Oktober Reserwedag  

 

2e- Span Krieketbepalings   
       
       
Datum Opponent Veld  
6 Augustus Voortrekker Hoogte 1 Tuis  
13 Augustus Wagpos 2 Tuis  
20 Augustus Akasia 1 Weg Skuif moontlik na Do 30 Augustus (Weg)
27 Augustus Garsfontein 3 Weg  
3 September Reserwedag    
10 September Gerrit Maritz 1 Tuis  
17 September CR Swart 1 Weg  
26 September Reserwedag    
       

Krieket verslag : Grootvlei Toernooi

9 tot 13 Julie

 

PNHS skryf ‘n 0/15 en 0/19 – span in vir die toernooi.  Drie wedstryde word deur elke span gespeel.

0/15

Hierdie span van ons kon nie daarin slaag om ‘n wedstryd te wen nie, maar het groot vordering getoon tydens die toernooi.  Ons verloor teen Bethlehem, Hans Moore en Curro Hazeldene.

Die volgende spelers het egter goeie prestasies gelewer :

Bethlehem

JJ du Raan : (Brons Paaltjie)  3 paaltjies vir 18 lopies in 3 beurte

Jarred Enslin : (Brons Paaltjie) 3 paaltjies vir 26 lopies in 3 beurte

 

Curro Hazeldene

Adrian Durdle : (Brons Kolf) 34 lopies van 27 balle

 

Hans Moore

Adrian Durdle : (Silwer kolf) 61 lopies van 34 balle

Xander Bronkhorst : (Goue paaltjie) 6 paaltjies vir 24 lopies in 8,4 beurte.

 

Seniors

 

Ons senior span loop eenvoudig oor die opposisie en ons wen teen Secunda met 43 lopies, wen teen HTS Tuine met 54 lopies, wen teen Curro Hazeldene met 10 paaltjies.

Vir die eerste keer sedert 2015, slaag ons 1e-span daarin om meer as 300 lopies aan te teken, asook om die volle 50 boulbeurte te kolf, nie net een keer nie, sommer twee kere :

 

313 teen Secunda en 395 teen HTS tuine.

 

Die volgende spelers lewer baie goeie prestasies :

 

Secunda

 

Hansie Janse van Rensburg : (Silwer kolf)   79 nie uit nie van 103 balle

Divan Terblanche : (Silwer kolf)  56 van 35 balle

Neil Viljoen : (Silwer kolf)  56 van 54 balle

Eumarie Snijders (Brons paaltjie)   4 paaltjies vir 34 lopies van 8 beurte

 

HTS Tuine

 

Divan Terblanche : (Goue kolf) :  102 van 69 balle

Jarred Davies : (Silwer kolf)  : 99 van 72 balle – run-out deur homself

Jeandre Venter :  (Silwer kolf)  : 92 nie uit nie van 64 balle

Neil Viljoen : (Brons kolf)  : 46 van 29 balle

Petri Pretorius :  (Brons Paaltjie) 3 paaltjies vir 31 lopies in 3,2 beurte

 

Curro Hazeldene

 

Ons boul Curro uit vir slegs 116 lopies.  Ons verander die kolfvolgorde en die resultaat is ‘n wen met 10 paaltjies.

 

Divan Terblanche :  (Silwer kolf) :  85 nie uit nie van 40 balle

Henk Fick  :  (Brons paaltjie) : 4 paaltjies vir 23 lopies van 8 beurte

 

Die rol van Hansie Janse Van Rensburg in die oorwinning mag nie onderskat word nie.  Alhoewel hy slegs 10 lopies van 14 balle aangeteken het, het hy vir Divan die geleentheid gegee om vrylik te speel.  Sy bydrae word glad nie gering geskat nie.

 

Ons het ook kennisgewing ontvang dat 7 van ons spelers verkies is tot die Grootvlei uitnodigingsspan (uit 120 spelers) wat gekies is vir deelname aan die 5e Internasionale Skole Premier Liga in Lucknow Indië vanaf 5 tot 15 Desember 2018.  Wat ‘n geleentheid, sekerlik een keer in ;n leeftyd.  Hulle is :

 

Jason Engelbrecht

Divan Terblance

Juandre Venter

Neil Viljoen

Hansie Janse Van Rensburg

Rattie Kruger

Henk Fick

 

Ons wil in besonder vir die Afrigter Sheldon Lindique bedank vir sy insette en geluk wens met die uitsonderlike prestasies wat die span en spelers tot nou to vermag het.

 

PnW

Krieket 2017

Pretoria-Noord tel onder die Top 20 krieketskole in die Pretoria-area vir 2017.

In 2017 Sal die Noorde se Eerstespan kragte meet teen H/s Wonderboom, Montana, Midstream, Eldoraigne, Zwartkop, Oos-Moot en Uitsig. Oefening het alreeds begin en vind Maandae en Woensdae plaas om 14h30.

Nuutse Krieket uitslae

 

PNHS 1ste span teen HTS John Voster

 
Ons 1ste span het die naweek die onoorwonne span van HTS John Voster aangepak, met die span se trots op die spel en n plek in die boonste liga op die spel.
Wen HTS John Voster die loot en boul eerste.... ons kolf baie goed op n moeilike kolfblad.... en behaal 239 lopies in ons 50 beurte.
Jarred Davis anker die beurt mooi met 28 lopies, n kapteinsbeurt deur Jason Engelbrecht 42 en n baie waardevolle beurt van 39 lopies deur Shaun Schoeman.
HTS John Voster gaan kolf en Carlo Alexander neem met die 1ste bal n paaltjie. John Voster was gereeld onderdruk en sukkel om lopies te kry.
Ons veldwerk was uitstaande en 2 briljante vangskote deur Jason Engelbrecht en Conrad Kruger hrlp om meer druk om JV's te plaas.
Die boulers wat uitgestaan het was Konrad Kruger 4 vir 63, Carlo Alexander 2 vir 69, Morne Jacobs 2 vir 31.
 
PNHS wen die spanningvolle wedstryd met 11 lopies en behou sy plek in die top 20 skole van Pretoria se ligas....
 
Ons is baie trots op die Noorde-manne
 

11 Sept:           PNHS 2 v/s Montana 2. Montana kolf eerste en behaal 139 / 10 in 18 beurte.

Goeie boulwerk van Shaun Schoeman met 2 paaltjies vir 34 lopies in 4 beurte, Rattie Kruger met 2 paaltjies vir 22 lopies in 4 beurte en             Chris Brand met 3 paaltjies vir 25 lopies in 4 beurte (ontvang ‘n brons balkie. PNHS antwoord met 140 / 7 in 15 beurte en wen met 3 paaltjies. Goeie kolfwerk van Francois Taljaard met 25 lopies, Henrico Gouws met 30 lopies (hy ontvang ‘n brons balkie) en Shaun Schoeman met 33 lopies (ontvang ‘n brons balkie). Dit was ons 2de span se vierde ligawedstryd, waarvan hulle twee wen en twee verloor.

 

13 -14 Sept:    PNHS 0/15A v/s Overkruin 0/15A tuis. Overkruin kolf eerste en behaal 254 / 10

Goeie boulwerk van Henk Fick met 3 paaltjies vir 47 lopies in 7 beurte (ontvang ‘n brons balkie). PNHS antwoord met 256 / 7. Goeie kolfwerk van Jarred Davis met ‘n skitterende 111 (ontvang ‘n goue balkie) en Kevin Smith met 44 nun (ontvang ‘n brons balkie). PNHS wen met 3 paaltjies. Dit was ons vierde ligawedstryd waarvan ons 1 wen en drie verloor.

 

16 Sept:          PNHS 1 v/s Uitsig 1 in ‘n tuis wedstryd

Uitsig kolf eerste en kry 272 / 8. Goeie boulwerk van Ruan Pienaar met 3 paaltjies vir 35 lopies (ontvang ‘n brons balkie) en Ralf Schuster met  met 3 paaltjies vir 42 lopies (ontvang ‘n brons balkie). PNHS antwoord met 167 / 10. Goeie kolfwerk van Carlo Alexander met 35 lopies nun (ontvang ‘n brons balkie). PNHS verloor met 105 lopies. Dit was PNHS se vyfde ligawedstryd waarvan  ons vyf verloor het.

 

Teen Oos-Moot

Oos-Moot kolf 1ste....hulle begin d wedstryd baie goed maar ons boulers neem gereeld n paaltjie.

Die seuns se veldwerk was skitterrend, Petri Pretorius, Jason Engelbrecht, Ruan Pienaar en Hansie Janse v Rensburg neem ongelooflike vangskote....

Oos-Moot word uitgeboul vir 225 lopies na 47 beurte.

Top boulers was Ruan Pienaar 10 beurte vir 48 lopies en neem 3 paaltjies. Jason Engelbrecht neem 2 vir 21 in 9 beurte.

Ons gaan kolf en begin baie goed.... met ons telling op 84 vir 3 na 16 beurte, verloor die manne kop en ons word uitgeboul vir 120 lopies. Kolwers wat uitgestaan het is Divan Terblance met 25 lopies en Eddie Engelbrecht 24.....

Oos-Moot wen met 105 lopies

 

Klik hier vir die uitslae vir 31 Augustus tot 5 September. 

 

Krieket Uitslae: 15 tot 19 Augustus

0/14 teen Akasia

Akasia kolf eerste en word uitgeboul vir slegs 16 lopies. Zander Gouws behaal ‘n besondere mylpaal deur 5 paaltjies te neem vir slegs 6 lopies in 4 boulbeurte.  Zander word goed ondersteun deur Nardus Strydom wat 3 paaltjies neem vir 4 lopies in 4 beurte. Zander Gouws en Wessel Roos steek Akasia se telling verby in die tweede boulbeurt, Zander 8 nie uit nie en Wessel 10 nie uit nie. Ons wen dus met 10 paaltjies.

0/15 teen Akasia

Ons kolf eerste en danksy twee uitstekende honderdtalle behaal ons 350 lopies in 39 beurte toe spel gestaak is weens swak lig.  Nerinus van der Ryst teken 121 lopies aan van 110 balle.

Henrico Gouws moker 118 van slegs 48 balle nie uit nie.

Hansie Janse van Rensburg maak ook ‘n goeie bydrae deur 22 lopies aan te teken van 14 balle.

Hansie se groot bydrae was egter met die bal.  Hy neem 7 paaltjies vir 17 lopies in 9.3 beurte. Hierdie uitstekende poging stel ons in staat om Akasia uit te boul vir 43 lopies in die 16e beurt.

2e Span teen Montana

Montana kolf eerste en teken 142 vir 2 aan in hul toegelate 20 boulbeurte.

‘n Goeie vennootskap tussen Eddie Engelbrecht en Conrad Kruger van 48 lopies om die eerste paaltjie dek die tafel vir ‘n die kolwers wat volg.  Raynardt de Jongh slaan 55 lopies van 28 balle nie uit nie.  Hy word goed ondersteun deur Ruan Pienaar, 33 lopies van 22 balle nie uit nie.  In ‘n spannende wedstryd gaan ons Montana se telling verby in die 19e boulbeurt.

Ons wen dus die wedstryd met 7 paaltjies.

Bepalings vir volgende week:

2e Span – Maandag 22 Augustus teen AHS A (Weg)

0/14 en 0/15 – Reserwedae : Oefen dus Maandag, Dinsdag en Donderdag

1e Span – Saterdag 27 Augustus teen PBHS 2 (Tuis) Kom ondersteun gerus)

 

Krieket Groete

Wynand Pienaar

Krieket Organiseerder

 

PNHS Krieket Bepalings vir Kwartaal 3 2016

                       

PNHS Krieket Bepalings vir Kwartaal 1 2016

PNHS Krieket 2015

Krieket by Hoërskool Pretoria-Noord is tans baie gesond.

Ons neem deel aan die Northerns Krieket Unie se somerliga tydens die eerste kwartaal en ons 0/15-span eindig onoorwonne en ons 1e-span eindig derde. As in ag geneem word dat ons nie gebruik maak van atlete of wintersportspelers nie, dan is hierdie voorwaar ‘n goeie prestasie.

Ons gaan weer in 2016 deelneem aan die liga en skryf weer 2 spanne in, 0/15 en 1e-span. Die liga word beskou as ‘n geleentheid vir krieketspelers om te ontwikkel en te speel indien hulle nie aan ander sporte deelneem nie.

Die tweede kwartaal word gebruik om individuele spelers se vaardighede op te knap en dien as voorbereiding vir die Merensky-toer tydens die eerste week van die Junie vakansie asook vir die derde kwartaal se strawwe liga.

Hierdie jaar het PNHS besonder goed gevaar op die Merensky week. Wynand Lombard word aangewys as die beste senior bouler. Kobus Gouws word aangewys as die beste senior kolwer, beste krieketspeler van die week en word ook aangewys as kaptein van die Merensky droomspan.

     

Ons gaan in 2016 weer die toer meemaak en stuur ‘n gekombineerde 0/14 – 0/15 span asook ‘n 1e span.

Die derde kwartaal ding is mee in die Northens Krieket unie se amptelike liga.  Die liga is van so ‘n aard dat jy jouself in ‘n bepaalde afdeling inspeel of selfs uitspeel.  Daar is dus geen onderskeid tussen die grootte van die skole in ‘n bepaalde liga nie.  Ons 0/14 en 0/15-spanne ding mee in die B-afdeling (2e sterkste liga) en ons 1e span ding mee in die C-afdeling.  Die junior spanne speel 50-boulbeurt wedstryde oor twee dae in die week terwyl ons 1e-span op saterdae ‘n 50-boulbeurt per span wedstryd speel.  Ons 2e-span speel T20 wedstryde in die week.

Die finale ligastand was as volg :

0/14 -  Vyfde uit 10 skole

0/15 -  Agtste uit 10 skole

2e-span – Derde uit 8 skole

1e-span – Derde uit 8 skole

Kyk gerus na die finale ligastand deur hier te klik.

Ons sien  met groot opgewondenheid uit na die Hoërskole komitee se besluit volgende jaar of ons 1e-span gaan meeding in die B-afdeling tydens die 2016 seisoen.  Tegnies is die span liga wenners aangesien AHS 3 en Waterkloof 3 nie kan skuif na die hoër liga nie.  Ons het vier jaar gelede dit ons doel gemaak en dit was baie harde werk om in hierdie posisie te kon kom.

Verskeie spelers het uitgeblink tydens die derde kwartaal se liga-seisoen.

0/14

Brandon Bothma – 14 paaltjies met ekonomie 4,8 lopies per beurt

Juandre Venter – 175 lopies met ‘n gemmideld van 29,2 lopies per beurt

Hansie Janse van Rensburg – 16 paaltjies met ekonomie van 4,1 lopies per beurt. Hy behaal ook die onderskeiding om 5 paaltjies in een wedstryd te neem.

0/15

Divan Terblanche – 167 lopies, gemiddeld 29,8

Carlo Alexander – 127 lopies, gemiddeld 27,4.  18 paaltjies, ekonomie 3,6.  Hy neem ook by twee geleenthede 5 paaltjies in ‘n beurt.

Jason Engelbrecht – 16 paaltjies, gemiddeld 3,7

1e-Span

Christiaan Vlok – 216 lopies, gemiddeld 36

Zander Erasmus – 279 lopies, gemiddeld 55,8  Zander behaal in ‘n vriendskaplike wedstryd teen Montana 2 die besondere mylpaal om ‘n dubbele honderdtal te slaan, 211 nie uit nie.

Ralf Schuster – 164 lopies, gemiddeld 32,8

Kobus Gouws – 289 lopies, gemiddeld 72,3

Wynand Lombard – 16 paaltjies, ekonomie 5,1

Mornè Pienaar – As paaljiewagter benut hy 19 vangskote en 6 stonkgeleenthede

Ons neem afskeid van ons Gr 12 spelers: Zander Erasmus, Christiaan Vlok, Kobus Gouws, Mornè Pienaar, Alex du Toit en wens hulle alle voorspoed toe met die toekoms wat vir hulle wag.

Zander Erasmus

PNHS se 1e span krieket kaptein het die besonderse prestasie behaal om verkies te word tot die AVS Nasionale 0/19 span (Bokkiespan) wat tydens die Desember Vakansie 2015 na Dubai toer.

Hulle gaan onder andere teen Sri Lanka, Pakistan en Engeland speel. Hier is Zander saam met sy trotse pa, Johan Erasmus.

Ons wil vir Zander baie geluk sê met die besondere prestasie en wens hom sterkte toe vir die groot uitdaging wat op hom wag.

Ons sien uit na ‘n besige 2016 en wil elke afrigter bedank vir hulle harde werk.

 

 

 

 

 

 

                                                      

 

Copyright © 2013 PNHS. All Rights Reserved.

Developed by Wan4U