Omsendbrief 12/2024

Omsendbrief 12/2024

Administratief
April 22, 2024


OB: 12 / 2024

Geagte ouers
Lief en Leed

Baie welkom aan die volgende studente wat by ons aangesluit het vir hulle waarnemingstydperk:

  • Mnr. C Heuer van Akademia by EBW.
  • Mej. A du Plessis van NWU by Engels.
  • Mej. C du Plooij van NWU by Lewenswetenskap.
Tennis

16 April:

PNHS dogters 0/15 verloor teen Garsfontein met 30 potte teenoor 37 (tuis). Geluk aan Mia Rynners (6-5) en Isabel Vos (6-5) wat hulle wedstryde wen. Dit was ons tweede ligabepaling, waarvan ons beide verloor.

17 April:

PNHS dogters 1ste span verloor teen Sutherland High met 22 potte teenoor 45 (weg). Geluk aan Didi Molelelekwa (6-5) en Denize Smit (6-5) wat hulle wedstryde wen. Dit was ons sesde ligabepaling waarvan ons drie wedstryde wen en drie verloor.

17 April:

PNHS seuns 0/15 wen teen H/S Silverton met 67 potte teenoor 0 (weg). Geluk aan Riaan Roos (11-0), Jayden de Villiers (11-0), Ian van Zyl (11-0) en Rynard Bosman (11-0) wat hulle wedstryde wen. Dit was ons vierde ligabepaling waarvan ons vier wen.

Wintersport
Netbal – Jubilee B-Liga: PNHS v/s Overkruin, 15 April 2024, Overkruin
Netbal Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 7 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/14 A Ov 17  
0/15 A PN 18 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/15 A Ov 8  
0/16 A PN 2 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/16 A Ov 15  
0/17 A PN 10 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/17 A Ov 20  
1ste PN 23 Gewen: 0, Gelykop: 1, Verloor: 0
1ste Ov 23  
Netbal Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 B PN 7 Gewen: 0, Gelykop: 1, Verloor: 0
0/14 B Ov 7  
0/15 B PN 9 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/15 B Ov 14  
0/16 B PN 6 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/16 B Ov 25  
2de PN 21 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0
2de Ov 12  
Netbal Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 C PN 2 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/14 C Ov 15  
0/15 C PN 0 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/15 C Ov 15  
0/16 C PN    
0/16 C Ov    
Hokkie: Seuns liga 1: PNHS v/s Gerrit Maritz, 16 April 2024, Gerrit Maritz

PNHS speel gelykop 2 doele elk teen Gerrit Maritz. Doele aangeteken deur Jean Swart en Donovan Wallendorf. Dit was ons eerste ligabepaling.

Wintersport: NWU 16 reeks: Finaal, 19 & 20 April 2024, Potchefstroom
Hokkie D Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 0 Gewen: 2, Gelykop: 1, Verloor: 2
0/14 A Hs 1  
0/15 A PN 0 Gewen: 0, Gelykop: 2, Verloor: 3
0/15 A Foch 0  
0/16 A PN 0 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/16 A BV 3  
2de PN 0 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 4
2de Sch 2  
1ste PN 1 Gewen: 0, Gelykop: 1, Verloor: 4
1ste Rr 1  

HS = Hans Strijdom / Foch = Fochville / BV = Ben Viljoen / Sch = Schoonspruit / Rr = Riebeeckrand

Hokkie S Skool Uitslag Uitslae tot dusver
1ste PN 1 Gewen: 0, Gelykop: 1, Verloor: 0
1ste Rr 1  
1ste PN 1 Gewen: 0, Gelykop: 1, Verloor: 1
1ste Oos 6  

Rr = Riebeeckrand / Oos = Oosterland

Rugby Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 5 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/14 A Ws 36  
0/15 A PN 0 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/15 A Ws 12  
0/16 A PN 7 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/16 A BV 19  
2de PN 34 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 1
2de Ws 12  
1ste PN 20 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 1
1ste Rr 7  

Ws = Wolmaransstad / BV = Ben Viljoen / Rr = Riebeeckrand

Netbal Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 12 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/14 A Sch 17  
0/15 A PN 6 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/15 A Rr 17  
0/16 A PN 11 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/16 A Sch 19  
2de PN 7 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 1
2de Rr 28  
1ste PN 25 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 1
1ste Foch 21  

Sch = Schoonspruit / Rr = Riebeeckrand / Foch = Fochville

Graad 8 ASAT

Geagte ouers hierdie toetse is aan ons graad 8 leerders uitgereik vir u kennisname. Maak asseblief seker dat u die uitslae ontvang het en liaseer dit asseblief vir u kind. Hierdie toetse is belangrik om leer probleme te identifiseer en moet saam met die graad 9 Junior Aanleg Toetse gebruik word, wanneer graad 9 vakkeuses aan die einde van die graad 9 jaar gedoen word.

Finansiële Sake
  • Geagte ouers neem asseblief kennis dat die skool se bankbesonderhede gaan verander omdat dit vir die skool verskeie voordele sal inhou. Ons nuwe rekening skuif na FNB: takkode: 210554 en nuwe rekeningnommer 63096257738.
  • Geagte ouers neem ook kennis dat die skool teen einde Junie heeltemal kontantloos gaan word. Die koste verbonde aan en gevaar aan hantering van kontantgeld noodsaak hierdie stap. Dit maak u registrasie op D6 noodsaaklik en ons versoek dat u so vinnig as moontlik op die applikasie sal registreer.
Beleid ten opsigte van buite spelers by PNHS.

Geagte ouers ons het oor die afgelope paar jaar toenemend versoeke van leerders, wat nie ingeskrewe leerders van PNHS is nie, wat graag sport by PNHS wou beoefen. Sodanige leerders sluit in leerders wat te oud is vir hul laerskoolspanne, leerders wat tuisonderrig doen en in enkele gevalle ook skole waar ‘n betrokke sport nie meer aangebied word nie. Ons buite kurrikulêre beleid is der halwe asvolg aangepas:

  • Graad 7 leerders wat by 0/14 deelneem moet van voorneme wees om die daaropvolgende jaar by PNHS in te skryf. Die betrokke laerskool moet ook skriftelik toestemming gee dat sodanige leerder wel by PNHS mag deelneem.
  • Sodanige leerder sal ‘n voorgeskrewe klubfooi by PNHS betaal.
  • Enige ander leerder van ‘n buurskool of wat tuisonderrig ontvang wat by PNHS wil deelneem, moet:
    • skriftelike toestemming van sy / haar skool hê.
    • slegs in ‘n sport wees wat nie by haar / sy skool aangebied word nie.
    • Sodanige leerder sal ‘n voorgeskrewe klubfooi by PNHS betaal.
  • Alle aansoeke moet skriftelik voorgelê word aan die sporthoof, Mnr. Johan Schoeman en die Voorsitter vir Akademie Skakeling Me. S de Villiers, wat die aansoek en aanbeveling aan die Beheerliggaam sal voorlê vir finale goedkeuring.
  • Die volgende formule sal gebruik word vir die berekening van die klubfooi: Skoolfonds per jaar ÷ 2, pro rata vir die tyd wat deelgeneem word, al is dit net ‘n gedeelte van ‘n maand.

Program vir die week

Maandag, 22 April:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Graad 12: Sleutel 3 Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Leierskap Akademie vergadering, 18H00, Personeelkamer.
Dinsdag, 23 April:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Graad 12: Sleutel 3 Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Tennis: Dogters 0/15 v/s Girls High, 14H30, weg.
  • Dogters Hokkie: PNHS v/s Erasmus, 14H30, TUT.
  • English Evening, 17H30, Personeelkamer.
  • Akademie vir Leerder Prestasie, 18H00, Konferensiekamer.
Woensdag, 24 April:
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • Graad 8 – 11: Akademiese uur, 14H15 – 15H00.
  • Seuns hokkie, liga 2 v/s Langenhoven, 14H30, weg.
Donderdag, 25 April:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Opedag.
Vrydag, 26 April:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Netbal: Liga 2 v/s Pretoria Girls High, 14H30, tuis.
  • Tennis: Seuns 1ste span v/s Montana, 14H30, tuis.
  • Rugby: Blou Bulle Liga 1: PNHS v/s Tuine, 14H30, weg.
  • ATKV debat, Afrikaans Hoër Seuns.
Saterdag, 27 April:
  • ATKV Debat, Afrikaans Hoër Seuns.
  • Gasvryheidstudies: Graad 11 PAT opleiding, 08H00 – 14H00.
Maandag, 22 April:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Karnaval geesweek
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Graad 12: Sleutel 4 Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Karnaval-mark open, 09H00 – 19H00, saal
  • Karnaval-mark ure:
  • Weeksdae: 09H00 – 19H00
  • Saterdae: 09H00 – 15H00
  • 1 Mei: 09H00 – 16H00
  • 3 Mei: 09H00 – 22H00
  • Sondae: Gesluit


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug