Nuutste Artikels en Omsendbriewe
Omsendbrief 12/2024
Administratief
April 22, 2024
Geagte ouers hierdie toetse is aan ons graad 8 leerders uitgereik vir u kennisname. Maak asseblief seker dat u die uitslae ontvang het en liaseer dit asseblief vir u kind. Hierdie toetse is belangrik om leer probleme te identifiseer en moet saam met die graad 9 Junior Aanleg Toetse gebruik word, wanneer graad 9 vakkeuses aan die einde van die graad 9 jaar gedoen word.
Omsendbrief 10/2024
Administratief
April 08, 2024
Alle ouers word uitgenooi na ons skool se strategiese sessie wat sal plaasvind op Woensdag, 10 April 2024 van 17H30 – 20H30 en Donderdag 11 April 2024 van 17H30 – 20H30. Hierdie strategiese sessie sal gebruik word om die strategiese doelwitte vir PNHS vir 2024 – 2027 vas te pen.
Afdelings
Akademie
Akademie is ons trots en ook die fundamentele basis waarop PNHS sy leerders vir die toekoms voorberei. Ons is aangewys as Distrik D15 se Top kwaliteit onderrigskool van 2018.
Kultuur
PNHS se kultuur is aan die brand, met 'n groot verskeidenheid aktiwiteite vir elke kultuurliefhebber.
Beleide
Druk hier om die nodige dokumentasie te besigtig. Kontak gerus die skool vir verdere navrae.
Sosiaal
Hoërskool Pretoria-Noord vorm die hartklop van sosiale bedrywighede vir oud en jonk in die noorde van Pretoria.
Noorderlig
Noorderlig is 'n omgee groep, ouers sowel as onderwysers, wat fokus op leerder ondersteuning by Hoërskool Pretoria-Noord.
Nuwe inskrywings
PNHS kan nie wag om jou deel te maak van ons wenspan nie. Hou hierdie spasie dop vir die nuutste inligting rondom inskrywings en departementele vereistes en datum.
Meer oor ons
Hoërskool Pretoria-Noord is ‘n enkelmedium skool geleë aan die voet van die Magaliesberg in die noorde van Pretoria. Dit is hier waar Mnr. C.J.C. Driescher aan die stuur staan van ‘n goed geöliede skip met ‘n uiters bekwame personeelgroep en meer as 1000 leerders.
Die skool het in 1943 sy deure geopen en het sederdien duisende leerders gehelp vorm en ontwikkel om as suksesvolle jong volwassenes die grootmenswêreld te betree.
PNHS fokus op vier hoofpilare, akademie, sport, kultuur en leierskap en streef daarna om ons vyf waardes elke dag uit te leef: lojaliteit, integriteit, verantwoordelikheid, eerlikheid en respek.