Wintertee 2023 – wat ‘n wonderlike oggend was dit nie? Met Lizz Meiring as gasspreker kan mens nie verkeerd gaan nie! Sy het ons behoorlik laat lag en soms het ons ‘n traan of twee afgevee. ‘n Ongelooflike gasspreker is sy beslis. Ons pronk met talentvolle leerders wat ook deel van die oggend se program was. Nelmari Driescher het as ons seremoniemeester opgetree. Zander Kruger het ‘n sangitem gedoen en Anouk Janse van Rensburg en Mia Rynners het ‘n toneelstuk opgevoer om die dames verder te vermaak. Natuurlik het die belangstelling opslae gewek. In so ‘n mate dat van die gasvrouens weggewys moes word. Daar was 40 tafels met ten minste 10 mense aan elke tafel. Dankie aan alle gasvrouens en die anonieme borge waarsonder die spog geleentheid onmoontlik sou wees.