Hierdie jaar was ‘n reuse sukses vir PNHS-revue. Daar is aan talle kompetisies deelgeneem en die skool se naam is deur die bank hoog gehou.

Die revue het onder andere deelgeneem aan Kaleidoskoop en die Revue Championships, waar ons beide kere vierde plek behaal het. Daar is ook aan die 8Beats- kompetisie deelgeneem. Verder het ons ook gepronk by die Tshwane Youth Arts Festival en die Wonderliggiefees. Die revue het hierdie jaar hulde gebring aan legendes van die musiekbedryf, onder andere Michael Jackson, Tina Turner, Britney Spears en ons eie Theuns Jordaan. Hulle skitterende kostuums het beslis uit gestaan tussen die res.

Na die seisoen:

Die revue-organiseerders voer reeds groot planne in die mou vir 2024 en streef daarna om net hoër hoogtes te bereik.